← Sagaria 11 Sagaria — Zechariah 12 Sagaria 13 →
King James Version
AFR DVK
1
The burden of the word of the LORD for Israel, saith the LORD, which stretcheth forth the heavens, and layeth the foundation of the earth, and formeth the spirit of man within him.
Die las van die woord van die HERE vir Israel, sê die HERE, wat die hemele uitspan, en die aarde grondves, en die gees van die mens in hom vorm.
2
Behold, I will make Jerusalem a cup of trembling unto all the people round about, when they shall be in the siege both against Judah [and] against Jerusalem.
Kyk, ek sal Jérusalem ’n beker van bewing maak vir al die volk rondom, wanneer hulle in die beleëring beide teen Juda en teen Jérusalem sal wees.
3
And in that day will I make Jerusalem a burdensome stone for all people: all that burden themselves with it shall be cut in pieces, though all the people of the earth be gathered together against it.
En in daardie dag sal ek Jérusalem ’n lassteen maak vir al die volk: almal wat dit belas, sal sekerlik stukkend gesny word, alhoewel al die volk van die aarde teen dit bymekaargemaak is.
4
In that day, saith the LORD, I will smite every horse with astonishment, and his rider with madness: and I will open mine eyes upon the house of Judah, and will smite every horse of the people with blindness.
In daardie dag, sê die HERE, sal ek elke perd met verbasing, en sy ruiter met waansin slaan: en ek sal my oë oopmaak op die huis van Juda, en sal elke perd van die volk met blindheid slaan.
5
And the governors of Judah shall say in their heart, The inhabitants of Jerusalem [shall be] my strength in the LORD of hosts their God.
En die goewerneurs van Juda sal in hulle hart sê, Die inwoners van Jérusalem sal my sterkte wees in die HERE van leërskare hulle God.
6
In that day will I make the governors of Judah like an hearth of fire among the wood, and like a torch of fire in a sheaf; and they shall devour all the people round about, on the right hand and on the left: and Jerusalem shall be inhabited again in her own place, [even] in Jerusalem.
In daardie dag sal ek die goewerneurs van Juda soos ’n haard van vuur onder die hout maak, en soos ’n fakkel van vuur in ’n skoof; en hulle sal al die volk rondom, aan die regterhand en aan die linkerhand, verteer: en Jérusalem sal weer in haar eie plek, selfs in Jérusalem, bewoon word.
7
The LORD also shall save the tents of Judah first, that the glory of the house of David and the glory of the inhabitants of Jerusalem do not magnify [themselves] against Judah.
Die HERE sal ook die tente van Juda eers red, dat die heerlikheid van die huis van Dawid en die heerlikheid van die inwoners van Jérusalem nie teen Juda mag verhef word nie.
8
In that day shall the LORD defend the inhabitants of Jerusalem; and he that is feeble among them at that day shall be as David; and the house of David [shall be] as God, as the angel of the LORD before them.
In daardie dag sal die HERE die inwoners van Jérusalem verdedig; en hy wat swak is onder hulle in daardie dag sal soos Dawid wees; en die huis van Dawid sal soos God wees, soos die engel van die HERE voor hulle.
9
And it shall come to pass in that day, [that] I will seek to destroy all the nations that come against Jerusalem.
En dit sal in daardie dag gebeur, dat ek sal soek om al die nasies wat teen Jérusalem kom, te vernietig.
10
And I will pour upon the house of David, and upon the inhabitants of Jerusalem, the spirit of grace and of supplications: and they shall look upon me whom they have pierced, and they shall mourn for him, as one mourneth for [his] only [son], and shall be in bitterness for him, as one that is in bitterness for [his] firstborn.
En ek sal op die huis van Dawid, en op die inwoners van Jérusalem, die gees van genade en van smekinge uitstort: en hulle sal na My kyk wat hulle deurgesteek het, en hulle sal oor Hom rou soos ’n mens rou vir sy enigste seun, en sal bitterlik oor Hom wees soos ’n mens bitter is oor sy eersgeborene.
11
In that day shall there be a great mourning in Jerusalem, as the mourning of Hadadrimmon in the valley of Megiddon.
In daardie dag sal daar ’n groot rou in Jérusalem wees, soos die rou van Hadadrímmon in die vallei van Megíddo.
12
And the land shall mourn, every family apart; the family of the house of David apart, and their wives apart; the family of the house of Nathan apart, and their wives apart;
En die land sal rou, elke gesin apart; die gesin van die huis van Dawid apart, en hulle vroue apart; die gesin van die huis van Natan apart, en hulle vroue apart;
13
The family of the house of Levi apart, and their wives apart; the family of Shimei apart, and their wives apart;
Die gesin van die huis van Levi apart, en hulle vroue apart; die gesin van Símei apart, en hulle vroue apart;
14
All the families that remain, every family apart, and their wives apart.
Al die gesinne wat oorbly, elke gesin apart, en hulle vroue apart.