← Romeine 5 Romeine — Romans 6 Romeine 7 →
King James Version
AFR DVK
1
What shall we say then? Shall we continue in sin, that grace may abound?
Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade mag toeneem?
2
God forbid. How shall we, that are dead to sin, live any longer therein?
Mag dit nooit wees nie. Hoe sal ons, wat vir die sonde dood is, nog daarin lewe?
3
Know ye not, that so many of us as were baptized into Jesus Christ were baptized into his death?
Of weet julle nie, dat soveel as ons in Jesus Christus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?
4
Therefore we are buried with him by baptism into death: that like as Christ was raised up from the dead by the glory of the Father, even so we also should walk in newness of life.
Daarom is ons saam met Hom begrawe deur die doop in die dood: dat soos Christus uit die dooies opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, so ons ook in nuwigheid van lewe sou wandel.
5
For if we have been planted together in the likeness of his death, we shall be also [in the likeness] of [his] resurrection:
Want as ons saam met Hom geplant is in die gelykenis van sy dood, sal ons ook in die gelykenis van sy opstanding wees:
6
Knowing this, that our old man is crucified with [him], that the body of sin might be destroyed, that henceforth we should not serve sin.
Wetende dit, dat ons ou mens saam met Hom gekruisig is, dat die liggaam van die sonde tot niet gemaak mag word, dat ons voortaan die sonde nie sou dien nie.
7
For he that is dead is freed from sin.
Want hy wat dood is, is bevry van die sonde.
8
Now if we be dead with Christ, we believe that we shall also live with him:
Nou as ons saam met Christus gesterwe het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe:
9
Knowing that Christ being raised from the dead dieth no more; death hath no more dominion over him.
Wetende dat Christus, omdat Hy uit die dooies opgewek is, nie meer sterwe nie; die dood heers nie meer oor Hom nie.
10
For in that he died, he died unto sin once: but in that he liveth, he liveth unto God.
Want in dat Hy gesterwe het, het Hy eenmaal vir die sonde gesterwe: maar in dat Hy lewe, lewe Hy tot God.
11
Likewise reckon ye also yourselves to be dead indeed unto sin, but alive unto God through Jesus Christ our Lord.
Net so reken julle julle self ook dood vir die sonde, maar lewend tot God deur Jesus Christus onse Here.
12
Let not sin therefore reign in your mortal body, that ye should obey it in the lusts thereof.
Laat die sonde daarom nie heers in julle sterflike liggaam, dat julle dit in die begeerlikhede daarvan sou gehoorsaam nie.
13
Neither yield ye your members [as] instruments of unrighteousness unto sin: but yield yourselves unto God, as those that are alive from the dead, and your members [as] instruments of righteousness unto God.
En gee ook nie julle lede as werktuie van ongeregtigheid aan die sonde nie: maar gee julle self aan God, as dié wat uit die dooies lewend is, en julle lede as werktuie van geregtigheid aan God.
14
For sin shall not have dominion over you: for ye are not under the law, but under grace.
Want die sonde sal nie oor julle heers nie: want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.
15
What then? shall we sin, because we are not under the law, but under grace? God forbid.
Wat dan? sal ons sondig, omdat ons nie onder die wet is nie, maar onder die genade? Mag dit nooit wees nie.
16
Know ye not, that to whom ye yield yourselves servants to obey, his servants ye are to whom ye obey; whether of sin unto death, or of obedience unto righteousness?
Weet julle nie, dat aan wie julle julle self as diensknegte tot gehoorsaamheid gee, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is; of van die sonde tot die dood, of van die gehoorsaamheid tot die geregtigheid nie?
17
But God be thanked, that ye were the servants of sin, but ye have obeyed from the heart that form of doctrine which was delivered you.
Maar God sy dank, dat julle die diensknegte van die sonde was, maar julle het van harte gehoorsaam geword aan die vorm van die leer wat aan julle oorgelewer is.
18
Being then made free from sin, ye became the servants of righteousness.
Wordende dan van die sonde bevry, is julle die diensknegte van die geregtigheid geword.
19
I speak after the manner of men because of the infirmity of your flesh: for as ye have yielded your members servants to uncleanness and to iniquity unto iniquity; even so now yield your members servants to righteousness unto holiness.
Ek spreek na die wyse van mense vanweë die swakheid van julle vlees: want soos julle julle lede as diensknegte aan die onreinheid en aan die ongeregtigheid tot ongeregtigheid gegee het; so gee nou julle lede as diensknegte aan die geregtigheid tot heiligmaking.
20
For when ye were the servants of sin, ye were free from righteousness.
Want toe julle die diensknegte van die sonde was, was julle vry van die geregtigheid.
21
What fruit had ye then in those things whereof ye are now ashamed? for the end of those things [is] death.
Watter vrug het julle dan gehad in daardie dinge waarvan julle nou skaam is? want die einde van daardie dinge is die dood.
22
But now being made free from sin, and become servants to God, ye have your fruit unto holiness, and the end everlasting life.
Maar nou, omdat julle van die sonde bevry is, en diensknegte van God geword het, het julle julle vrug tot heiligmaking, en die einde die ewige lewe.
23
For the wages of sin [is] death; but the gift of God [is] eternal life through Jesus Christ our Lord.
Want die loon van die sonde is die dood; maar die gawe van God is die ewige lewe deur Jesus Christus onse Here.