← Openbaring 8 Openbaring — Revelation 9 Openbaring 10 →
King James Version
AFR DVK
1
And the fifth angel sounded, and I saw a star fall from heaven unto the earth: and to him was given the key of the bottomless pit.
En die vyfde engel het geblaas, en ek het ‚'n ster uit die hemel op die aarde sien val: en aan hom is die sleutel van die put van die afgrond gegee.
2
And he opened the bottomless pit; and there arose a smoke out of the pit, as the smoke of a great furnace; and the sun and the air were darkened by reason of the smoke of the pit.
En hy het die put van die afgrond oopgemaak; en daar het rook uit die put opgegaan soos die rook van ‚'n groot oond; en die son en die lug is verduister deur die rook van die put.
3
And there came out of the smoke locusts upon the earth: and unto them was given power, as the scorpions of the earth have power.
En uit die rook het daar sprinkane op die aarde uitgegaan: en aan hulle is mag gegee, soos die skerpioene van die aarde mag het.
4
And it was commanded them that they should not hurt the grass of the earth, neither any green thing, neither any tree; but only those men which have not the seal of God in their foreheads.
En daar is tot hulle gesê dat hulle nie die gras van die aarde sou beskadig nie, nóg enige groen ding, nóg enige boom; maar net dié mense wat die seël van God nie op hulle voorhoofde het nie.
5
And to them it was given that they should not kill them, but that they should be tormented five months: and their torment [was] as the torment of a scorpion, when he striketh a man.
En aan hulle is gegee dat hulle hulle nie sou doodmaak nie, maar dat hulle vyf maande lank gepynig sou word: en hulle pyniging was soos die pyniging van ‚'n skerpioen, wanneer hy ‚'n mens steek.
6
And in those days shall men seek death, and shall not find it; and shall desire to die, and death shall flee from them.
En in daardie dae sal die mense die dood soek, en sal dit nie vind nie; en sal begeer om te sterwe, en die dood sal van hulle wegvlug.
7
And the shapes of the locusts [were] like unto horses prepared unto battle; and on their heads [were] as it were crowns like gold, and their faces [were] as the faces of men.
En die gestalte van die sprinkane was soos perde toegerus tot die stryd; en op hulle hoofde was asof krone soos goud, en hulle aangesigte was soos die aangesigte van mense.
8
And they had hair as the hair of women, and their teeth were as [the teeth] of lions.
En hulle het hare gehad soos die hare van vroue, en hulle tande was soos die tande van leeus.
9
And they had breastplates, as it were breastplates of iron; and the sound of their wings [was] as the sound of chariots of many horses running to battle.
En hulle het borsplate gehad, soos borsplate van yster; en die geluid van hulle vlerke was soos die geluid van waens van baie perde wat hardloop tot die stryd.
10
And they had tails like unto scorpions, and there were stings in their tails: and their power [was] to hurt men five months.
En hulle het sterte gehad soos skerpioene, en daar was angels in hulle sterte: en hulle mag was om die mense vyf maande lank te beskadig.
11
And they had a king over them, [which is] the angel of the bottomless pit, whose name in the Hebrew tongue [is] Abaddon, but in the Greek tongue hath [his] name Apollyon.
En hulle het as koning oor hulle die engel van die afgrond gehad: wie se naam in die Hebreeus Abaddon is, maar in die Grieks het hy die naam Apollyon.
12
One woe is past; [and], behold, there come two woes more hereafter.
Een wee is verby; en kyk, daar kom nog twee wees hierna.
13
And the sixth angel sounded, and I heard a voice from the four horns of the golden altar which is before God,
En die sesde engel het geblaas, en ek het ‚'n stem gehoor uit die vier horings van die goue altaar wat voor God is,
14
Saying to the sixth angel which had the trumpet, Loose the four angels which are bound in the great river Euphrates.
Sê tot die sesde engel wat die basuin gehad het, Maak die vier engele los wat gebind is by die groot rivier Eufraat.
15
And the four angels were loosed, which were prepared for an hour, and a day, and a month, and a year, for to slay the third part of men.
En die vier engele is losgemaak, wat gereed gemaak is vir ‚'n uur, en ‚'n dag, en ‚'n maand, en ‚'n jaar, om die derde deel van die mense dood te maak.
16
And the number of the army of the horsemen [were] two hundred thousand thousand: and I heard the number of them.
En die getal van die leër van die ruiters was tweehonderd duisend duisend: en ek het die getal van hulle gehoor.
17
And thus I saw the horses in the vision, and them that sat on them, having breastplates of fire, and of jacinth, and brimstone: and the heads of the horses [were] as the heads of lions; and out of their mouths issued fire and smoke and brimstone.
En so het ek die perde in die gesig gesien, en hulle wat daarop sit, hebbende borsplate van vuur, en van jacin, en van swawel: en die hoofde van die perde was soos die hoofde van leeus; en uit hulle monde het vuur en rook en swawel uitgegaan.
18
By these three was the third part of men killed, by the fire, and by the smoke, and by the brimstone, which issued out of their mouths.
Deur hierdie drie is die derde deel van die mense omgekom, deur die vuur, en deur die rook, en deur die swawel, wat uit hulle monde uitgegaan het.
19
For their power is in their mouth, and in their tails: for their tails [were] like unto serpents, and had heads, and with them they do hurt.
Want hulle mag is in hulle mond, en in hulle sterte: want hulle sterte was soos slange, en het hoofde gehad, en daarmee doen hulle skade.
20
And the rest of the men which were not killed by these plagues yet repented not of the works of their hands, that they should not worship devils, and idols of gold, and silver, and brass, and stone, and of wood: which neither can see, nor hear, nor walk:
En die res van die mense wat nie omgekom het deur hierdie plae nie, het hulle nie bekeer van die werke van hulle hande nie, dat hulle nie die duiwels sou aanbid, en afgode van goud, en silwer, en koper, en steen, en hout nie: wat nóg kan sien, nóg hoor, nóg wandel:
21
Neither repented they of their murders, nor of their sorceries, nor of their fornication, nor of their thefts.
Nóg het hulle hulle bekeer van hulle moorde, nóg van hulle towerye, nóg van hulle hoerery, nóg van hulle diefstalle.