← Openbaring 5 Openbaring — Revelation 6 Openbaring 7 →
King James Version
AFR DVK
1
And I saw when the Lamb opened one of the seals, and I heard, as it were the noise of thunder, one of the four beasts saying, Come and see.
En ek het gesien toe die Lam een van die seëls oopmaak, en ek het een van die vier diere hoor sê soos met ’n stem van donder, Kom en sien.
2
And I saw, and behold a white horse: and he that sat on him had a bow; and a crown was given unto him: and he went forth conquering, and to conquer.
En ek het gesien, en kyk ‚'n wit perd: en hy wat daarop sit het ‚'n boog; en ‚'n kroon is aan hom gegee: en hy het uitgegaan oorwinnende, en om te oorwin.
3
And when he had opened the second seal, I heard the second beast say, Come and see.
En toe Hy die tweede seël oopmaak, het ek die tweede dier hoor sê, Kom en sien.
4
And there went out another horse [that was] red: and [power] was given to him that sat thereon to take peace from the earth, and that they should kill one another: and there was given unto him a great sword.
En daar het ‚'n ander perd uitgegaan wat rooi was: en mag is aan hom gegee wat daarop sit om die vrede van die aarde te neem, en dat hulle mekaar sou doodmaak: en daar is aan hom ‚'n groot swaard gegee.
5
And when he had opened the third seal, I heard the third beast say, Come and see. And I beheld, and lo a black horse; and he that sat on him had a pair of balances in his hand.
En toe Hy die derde seël oopmaak, het ek die derde dier hoor sê, Kom en sien. En ek het gesien, en kyk ’n swart perd; en hy wat daarop sit het ’n skaal in sy hand.
6
And I heard a voice in the midst of the four beasts say, A measure of wheat for a penny, and three measures of barley for a penny; and [see] thou hurt not the oil and the wine.
En ek het ’n stem in die midde van die vier diere hoor sê, ’n Maat koring vir ’n pennie, en drie mate gars vir ’n pennie; en sien die olie en die wyn nie aan nie.
7
And when he had opened the fourth seal, I heard the voice of the fourth beast say, Come and see.
En toe Hy die vierde seël oopmaak, het ek die stem van die vierde dier hoor sê, Kom en sien.
8
And I looked, and behold a pale horse: and his name that sat on him was Death, and Hell followed with him. And power was given unto them over the fourth part of the earth, to kill with sword, and with hunger, and with death, and with the beasts of the earth.
En ek het gesien, en kyk ‚'n vaal perd: en sy naam wat daarop sit was Dood, en die Hel het hom gevolg. En mag is aan hulle gegee oor die vierde deel van die aarde, om te doodmaak met swaard, en met honger, en met die dood, en met die diere van die aarde.
9
And when he had opened the fifth seal, I saw under the altar the souls of them that were slain for the word of God, and for the testimony which they held:
En toe Hy die vyfde seël oopmaak, het ek onder die altaar die siele gesien van hulle wat om die woord van God, en om die getuienis wat hulle gehou het, omgebring is:
10
And they cried with a loud voice, saying, How long, O Lord, holy and true, dost thou not judge and avenge our blood on them that dwell on the earth?
En hulle het met ’n groot stem uitgeroep, sê, Hoe lank, o Here, heilig en waaragtig, oordeel U nie en wreek U nie ons bloed op hulle wat op die aarde woon nie?
11
And white robes were given unto every one of them; and it was said unto them, that they should rest yet for a little season, until their fellowservants also and their brethren, that should be killed as they [were], should be fulfilled.
En wit klere is aan elkeen van hulle gegee; en daar is tot hulle gesê dat hulle nog ’n bietjie tyd moet rus, totdat hulle mededienaars ook en hulle broers, wat sou omgebring word soos hulle was, vervul sou wees.
12
And I beheld when he had opened the sixth seal, and, lo, there was a great earthquake; and the sun became black as sackcloth of hair, and the moon became as blood;
En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopmaak, en kyk, daar was ’n groot aardbewing; en die son het swart geword soos ’n haar sak, en die maan het soos bloed geword;
13
And the stars of heaven fell unto the earth, even as a fig tree casteth her untimely figs, when she is shaken of a mighty wind.
En die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ‚'n vyeboom sy ontydige vye afwerp, wanneer hy deur ‚'n groot wind geskud word.
14
And the heaven departed as a scroll when it is rolled together; and every mountain and island were moved out of their places.
En die hemel het heengegaan soos ‚'n boek wanneer dit toegevou word; en elke berg en eiland is uit hulle plekke verskuif.
15
And the kings of the earth, and the great men, and the rich men, and the chief captains, and the mighty men, and every bondman, and every free man, hid themselves in the dens and in the rocks of the mountains;
En die konings van die aarde, en die grootes, en die rykes, en die owerstes oor ‚'n duisend, en die magtiges, en elke dienskneg, en elke vryman, het hulleself in die gate en in die rotse van die berge verberg;
16
And said to the mountains and rocks, Fall on us, and hide us from the face of him that sitteth on the throne, and from the wrath of the Lamb:
En gesê tot die berge en rotse, Val op ons, en verberg ons van die aangesig van Hom wat op die troon sit, en van die toorn van die Lam:
17
For the great day of his wrath is come; and who shall be able to stand?
Want die groot dag van sy toorn is gekom; en wie sal kan staan?