King James Version
AFR DVK
1
Bless the LORD, O my soul. O LORD my God, thou art very great; thou art clothed with honour and majesty.
Seën die HERE, o my siel. O HERE my God, U is baie groot; U is met eer en majesteit beklee.
2
Who coverest [thyself] with light as [with] a garment: who stretchest out the heavens like a curtain:
Wat Uself met lig as met ‚'n kleed bedek: wat die hemele soos ‚'n gordyn uitspan:
3
Who layeth the beams of his chambers in the waters: who maketh the clouds his chariot: who walketh upon the wings of the wind:
Wat die balke van sy kamers in die waters lê: wat die wolke sy strydwa maak: wat op die vlerke van die wind wandel:
4
Who maketh his angels spirits; his ministers a flaming fire:
Wat sy engele geeste maak; sy dienaars ‚'n vlammende vuur:
5
[Who] laid the foundations of the earth, [that] it should not be removed for ever.
Wat die fondamente van die aarde gegrondves het, dat dit nie vir ewig beweeg mag word nie.
6
Thou coveredst it with the deep as [with] a garment: the waters stood above the mountains.
U het dit met die diepte soos met ‚'n kleed bedek: die waters het bo die berge gestaan.
7
At thy rebuke they fled; at the voice of thy thunder they hasted away.
By u bestraffing het hulle gevlug; by die stem van u donder het hulle haastig weggegaan.
8
They go up by the mountains; they go down by the valleys unto the place which thou hast founded for them.
Hulle gaan op by die berge; hulle gaan af by die valleie tot die plek wat U vir hulle gegrondves het.
9
Thou hast set a bound that they may not pass over; that they turn not again to cover the earth.
U het ‚'n grens gestel wat hulle nie mag oorskry nie; dat hulle nie weer mag terugkeer om die aarde te bedek nie.
10
He sendeth the springs into the valleys, [which] run among the hills.
Hy stuur die fonteine in die valleie, wat tussen die heuwels loop.
11
They give drink to every beast of the field: the wild asses quench their thirst.
Hulle gee drink aan elke dier van die veld: die wilde-esels blus hulle dors.
12
By them shall the fowls of the heaven have their habitation, [which] sing among the branches.
By hulle sal die voëls van die hemel hulle wonings hê, wat tussen die takke sing.
13
He watereth the hills from his chambers: the earth is satisfied with the fruit of thy works.
Hy water die heuwels uit sy kamers: die aarde is versadig met die vrug van u werke.
14
He causeth the grass to grow for the cattle, and herb for the service of man: that he may bring forth food out of the earth;
Hy laat die gras groei vir die vee, en kruid vir die diens van die mens: dat hy voedsel uit die aarde mag voortbring;
15
And wine [that] maketh glad the heart of man, [and] oil to make [his] face to shine, and bread [which] strengtheneth man’s heart.
En wyn wat die hart van die mens vrolik maak, en olie om sy aangesig te laat glans, en brood wat die mens se hart versterk.
16
The trees of the LORD are full [of sap]; the cedars of Lebanon, which he hath planted;
Die bome van die HERE is vol sap; die seders van Líbanon, wat Hy geplant het;
17
Where the birds make their nests: [as for] the stork, the fir trees [are] her house.
Waar die voëls hulle neste maak: wat die ooievaar betref, die dennebome is haar huis.
18
The high hills [are] a refuge for the wild goats; [and] the rocks for the conies.
Die hoë heuwels is ’n toevlug vir die wilde steenbokke; en die rotse vir die dassies.
19
He appointed the moon for seasons: the sun knoweth his going down.
Hy het die maan aangewys vir seisoene: die son ken sy ondergang.
20
Thou makest darkness, and it is night: wherein all the beasts of the forest do creep [forth].
U maak duisternis, en dit is nag: waarin al die diere van die woud kruip.
21
The young lions roar after their prey, and seek their meat from God.
Die jong leeus brul na hulle prooi, en soek hulle voedsel van God.
22
The sun ariseth, they gather themselves together, and lay them down in their dens.
Die son staan op, hulle versamel hulleself, en lê in hulle skuilplekke neer.
23
Man goeth forth unto his work and to his labour until the evening.
Die mens gaan uit tot sy werk en tot sy arbeid tot die aand.
24
O LORD, how manifold are thy works! in wisdom hast thou made them all: the earth is full of thy riches.
O HERE, hoe menigvuldig is u werke! in wysheid het U hulle almal gemaak: die aarde is vol van u rykdom.
25
[So is] this great and wide sea, wherein [are] things creeping innumerable, both small and great beasts.
So is hierdie groot en wye see, waarin daar ontelbare dinge is, beide klein en groot diere.
26
There go the ships: [there is] that leviathan, [whom] thou hast made to play therein.
Daar gaan die skepe: daar is daardie Leviátan, wat U gemaak het om daarin te speel.
27
These wait all upon thee; that thou mayest give [them] their meat in due season.
Dit alles wag op U; dat U hulle hulle voedsel in die regte seisoen mag gee.
28
[That] thou givest them they gather: thou openest thine hand, they are filled with good.
Dit wat U hulle gee, versamel hulle: U open u hand, hulle word met goeie dinge gevul.
29
Thou hidest thy face, they are troubled: thou takest away their breath, they die, and return to their dust.
U verberg u aangesig, hulle is ontsteld: U neem hulle asem weg, hulle sterwe, en keer terug tot hulle stof.
30
Thou sendest forth thy spirit, they are created: and thou renewest the face of the earth.
U stuur u gees uit, hulle word geskep: en U vernuwe die aangesig van die aarde.
31
The glory of the LORD shall endure for ever: the LORD shall rejoice in his works.
Die heerlikheid van die HERE sal vir ewig duur: die HERE sal juig in sy werke.
32
He looketh on the earth, and it trembleth: he toucheth the hills, and they smoke.
Hy kyk na die aarde, en dit bewe: Hy raak die heuwels aan, en hulle rook.
33
I will sing unto the LORD as long as I live: I will sing praise to my God while I have my being.
Ek sal tot die HERE sing solank as ek lewe: ek sal tot my God sing solank as ek bestaan.
34
My meditation of him shall be sweet: I will be glad in the LORD.
My meditasie van Hom sal soet wees: ek sal vrolik wees in die HERE.
35
Let the sinners be consumed out of the earth, and let the wicked be no more. Bless thou the LORD, O my soul. Praise ye the LORD.
Laat die sondaars van die aarde verteer word, en laat die goddelose nie meer wees nie. Seën jy die HERE, o my siel. Prys die HERE.