King James Version
AFR DVK
1
Finally, my brethren, rejoice in the Lord. To write the same things to you, to me indeed [is] not grievous, but for you [it is] safe.
Eindelik, my broers, verbly julle in die Here. Om dieselfde dinge aan julle te skrywe, is vir my nie swaar nie, maar vir julle is dit veilig.
2
Beware of dogs, beware of evil workers, beware of the concision.
Pas op vir die honde, pas op vir die kwaadwerkers, pas op vir die versnyding.
3
For we are the circumcision, which worship God in the spirit, and rejoice in Christ Jesus, and have no confidence in the flesh.
Want ons is die besnydenis, wat God in die Gees dien, en in Christus Jesus roem, en nie op die vlees vertrou nie:
4
Though I might also have confidence in the flesh. If any other man thinketh that he hath whereof he might trust in the flesh, I more:
Alhoewel ek ook rede het om op die vlees te vertrou. As enige ander mens dink dat hy rede het om op die vlees te vertrou, ek nog meer:
5
Circumcised the eighth day, of the stock of Israel, [of] the tribe of Benjamin, an Hebrew of the Hebrews; as touching the law, a Pharisee;
Besny op die agtste dag, uit die geslag van Israel, van die stam van Benjamin, ’n Hebreër uit die Hebreërs; wat die wet betref, ’n Fariseër;
6
Concerning zeal, persecuting the church; touching the righteousness which is in the law, blameless.
Wat die ywer betref, ‚'n vervolger van die gemeente; wat die geregtigheid wat in die wet is betref, onberispelik.
7
But what things were gain to me, those I counted loss for Christ.
Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus ontwil as skade gereken.
8
Yea doubtless, and I count all things [but] loss for the excellency of the knowledge of Christ Jesus my Lord: for whom I have suffered the loss of all things, and do count them [but] dung, that I may win Christ,
Ja waarlik, en ek reken alle dinge as skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus my Here: om wie se ontwil ek alle dinge verloor het, en reken dit as drek, dat ek Christus mag wen,
9
And be found in him, not having mine own righteousness, which is of the law, but that which is through the faith of Christ, the righteousness which is of God by faith:
En in Hom gevind word, nie hebbende my eie geregtigheid, wat uit die wet is nie, maar dié wat is deur die geloof van Christus, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof:
10
That I may know him, and the power of his resurrection, and the fellowship of his sufferings, being made conformable unto his death;
Dat ek Hom mag ken, en die krag van sy opstanding, en die gemeenskap van sy lydinge, gelykvormig word aan sy dood;
11
If by any means I might attain unto the resurrection of the dead.
As ek by enige middele mag aankom tot die opstanding van die dooies.
12
Not as though I had already attained, either were already perfect: but I follow after, if that I may apprehend that for which also I am apprehended of Christ Jesus.
Nie asof ek dit alreeds bereik het, of alreeds volmaak is nie: maar ek jaag daarna, of ek dit mag gryp waarvoor ek ook deur Christus Jesus gegryp is.
13
Brethren, I count not myself to have apprehended: but [this] one thing [I do], forgetting those things which are behind, and reaching forth unto those things which are before,
Broers, ek ag nie myself dat ek dit gegryp het nie: maar een ding doen ek, vergetende die dinge wat agter is, en strekkende na die dinge wat voor is,
14
I press toward the mark for the prize of the high calling of God in Christ Jesus.
Jaag ek na die wit na die prys van die hoë roeping van God in Christus Jesus.
15
Let us therefore, as many as be perfect, be thus minded: and if in any thing ye be otherwise minded, God shall reveal even this unto you.
Laat ons daarom, soveel as volmaak is, so gesind wees: en as julle in iets anders gesind is, sal God dit ook aan julle openbaar.
16
Nevertheless, whereto we have already attained, let us walk by the same rule, let us mind the same thing.
Nietemin, waartoe ons alreeds gekom het, laat ons volgens dieselfde reël wandel, laat ons eendersgesind wees.
17
Brethren, be followers together of me, and mark them which walk so as ye have us for an ensample.
Wees saam navolgers van my, broers, en let op hulle wat so wandel soos julle ons tot ‚'n voorbeeld het.
18
(For many walk, of whom I have told you often, and now tell you even weeping, [that they are] the enemies of the cross of Christ:
(Want baie wandel, van wie ek julle dikwels gesê het, en nou selfs wenende sê, dat hulle die vyande is van die kruis van Christus:
19
Whose end [is] destruction, whose God [is their] belly, and [whose] glory [is] in their shame, who mind earthly things.)
Wie se einde is verderwing, wie se god is hulle maag, en wie se heerlikheid is in hulle skande, wat aardse dinge bedink.)
20
For our conversation is in heaven; from whence also we look for the Saviour, the Lord Jesus Christ:
Want ons burgerskap is in die hemele; van waar ons ook die Verlosser verwag, die Here Jesus Christus:
21
Who shall change our vile body, that it may be fashioned like unto his glorious body, according to the working whereby he is able even to subdue all things unto himself.
Wat ons vernederde liggaam sal verander, dat dit gelykvormig mag word aan sy heerlike liggaam, volgens die werking waardeur Hy in staat is om selfs alle dinge aan Homself te onderwerp.