King James Version
AFR DVK
1
And [when] king Arad the Canaanite, which dwelt in the south, heard tell that Israel came by the way of the spies; then he fought against Israel, and took [some] of them prisoners.
En toe die Kanaäniet, die koning van Arad, wat in die suide gewoon het, hoor dat Israel kom langs die pad van die verspieders; toe het hy teen Israel geveg, en van hulle gevange geneem.
2
And Israel vowed a vow unto the LORD, and said, If thou wilt indeed deliver this people into my hand, then I will utterly destroy their cities.
En Israel het ’n gelofte aan die HERE gedoen, en gesê, As U hierdie volk sekerlik in my hand gee, dan sal ek hulle stede met die ban vernietig.
3
And the LORD hearkened to the voice of Israel, and delivered up the Canaanites; and they utterly destroyed them and their cities: and he called the name of the place Hormah.
En die HERE het na die stem van Israel geluister, en die Kanaäniete oorgegee; en hulle het hulle en hulle stede met die ban vernietig: en hy het die naam van die plek Horma genoem.
4
And they journeyed from mount Hor by the way of the Red sea, to compass the land of Edom: and the soul of the people was much discouraged because of the way.
En hulle het van die berg Hor afgetrek langs die pad van die Skelfsee, om die land Edom te omgaan: en die siel van die volk is ongeduldig vanweë die pad.
5
And the people spake against God, and against Moses, Wherefore have ye brought us up out of Egypt to die in the wilderness? for [there is] no bread, neither [is there any] water; and our soul loatheth this light bread.
En die volk het teen God en teen Moses gespreek, Waarom het julle ons uit Egipte uitgebring om in die wildernis te sterwe? want daar is geen brood nie, en daar is geen water nie; en ons siel walg van hierdie ligte brood.
6
And the LORD sent fiery serpents among the people, and they bit the people; and much people of Israel died.
En die HERE het giftige slange onder die volk gestuur, en hulle het die volk gebyt; en baie mense van Israel het gesterwe.
7
Therefore the people came to Moses, and said, We have sinned, for we have spoken against the LORD, and against thee; pray unto the LORD, that he take away the serpents from us. And Moses prayed for the people.
Daarom het die volk by Moses gekom, en gesê, Ons het gesondig, omdat ons teen die HERE, en teen jou gespreek het; bid tot die HERE, dat Hy die slange van ons wegneem. En Moses het vir die volk gebid.
8
And the LORD said unto Moses, Make thee a fiery serpent, and set it upon a pole: and it shall come to pass, that every one that is bitten, when he looketh upon it, shall live.
En die HERE het tot Moses gesê, Maak vir jou ’n giftige slang, en sit dit op ’n paal: en dit sal gebeur, dat elkeen wat gebyt is, wanneer hy daarna kyk, sal lewe.
9
And Moses made a serpent of brass, and put it upon a pole, and it came to pass, that if a serpent had bitten any man, when he beheld the serpent of brass, he lived.
En Moses het ‚'n koper slang gemaak, en dit op ‚'n paal gesit: en dit het gebeur, dat as ‚'n slang iemand gebyt het, wanneer hy na die koper slang gekyk het, hy gelewe het.
10
And the children of Israel set forward, and pitched in Oboth.
En die kinders van Israel het voortgetrek, en kamp opgeslaan in Obot.
11
And they journeyed from Oboth, and pitched at Ijeabarim, in the wilderness which [is] before Moab, toward the sunrising.
En hulle het van Obot afgetrek, en kamp opgeslaan by Ije-Abarím, in die wildernis wat voor Moab lê, na die sonop.
12
From thence they removed, and pitched in the valley of Zared.
Daarvandaan het hulle getrek, en kamp opgeslaan in die dal Sered.
13
From thence they removed, and pitched on the other side of Arnon, which [is] in the wilderness that cometh out of the coasts of the Amorites: for Arnon [is] the border of Moab, between Moab and the Amorites.
Daarvandaan het hulle getrek, en kamp opgeslaan aan hierdie kant van die Arnon, wat in die wildernis is wat uit die grens van die Amoriete uitkom: want die Arnon is die grens van Moab, tussen Moab en die Amoriete.
14
Wherefore it is said in the book of the wars of the LORD, What he did in the Red sea, and in the brooks of Arnon,
Daarom word daar gesê in die boek van die oorloë van die HERE, Wat Hy in die Skelfsee gedoen het, en in die strome van die Arnon,
15
And at the stream of the brooks that goeth down to the dwelling of Ar, and lieth upon the border of Moab.
En by die stroom van die strome wat na die woonplek van Ar afloop, en teen die grens van Moab lê.
16
And from thence [they went] to Beer: that [is] the well whereof the LORD spake unto Moses, Gather the people together, and I will give them water.
En daarvandaan na Beër: dit is die put waarvan die HERE tot Moses gesê het, Versamel die volk bymekaar, en ek sal hulle water gee.
17
Then Israel sang this song, Spring up, O well; sing ye unto it:
Toe het Israel hierdie lied gesing, Spring op, o put; sing julle daaroor:
18
The princes digged the well, the nobles of the people digged it, by [the direction of] the lawgiver, with their staves. And from the wilderness [they went] to Mattanah:
Die put wat die vorste gegrawe het, wat die edeles van die volk uitgegrawe het, met die wetgewer, met hulle stafte. En van die wildernis af na Mattána:
19
And from Mattanah to Nahaliel: and from Nahaliel to Bamoth:
En van Mattána na Nahaliël: en van Nahaliël na Bamot:
20
And from Bamoth [in] the valley, that [is] in the country of Moab, to the top of Pisgah, which looketh toward Jeshimon.
En van Bamot in die dal wat in die veld van Moab is, tot by die top van Pisga, wat uitsien oor die wildernis.
21
And Israel sent messengers unto Sihon king of the Amorites, saying,
En Israel het boodskappers gestuur na Síhon koning van die Amoriete, en gesê,
22
Let me pass through thy land: we will not turn into the fields, or into the vineyards; we will not drink [of] the waters of the well: [but] we will go along by the king’s [high] way, until we be past thy borders.
Laat my deur jou land trek: ons sal nie in die velde, of in die wingerde indraai nie; ons sal nie die water van die put drink nie: maar ons sal langs die koning se grootpad trek, totdat ons by jou grens verbygetrek het.
23
And Sihon would not suffer Israel to pass through his border: but Sihon gathered all his people together, and went out against Israel into the wilderness: and he came to Jahaz, and fought against Israel.
En Síhon wou Israel nie deur sy grens laat trek nie: maar Síhon het sy hele volk bymekaargemaak, en teen Israel uitgetrek in die wildernis: en hy het by Jáhas gekom, en teen Israel geveg.
24
And Israel smote him with the edge of the sword, and possessed his land from Arnon unto Jabbok, even unto the children of Ammon: for the border of the children of Ammon [was] strong.
En Israel het hom met die skerpte van die swaard verslaan, en sy land in besit geneem van die Arnon af tot by die Jabbok, tot by die kinders van Ammon: want die grens van die kinders van Ammon was sterk.
25
And Israel took all these cities: and Israel dwelt in all the cities of the Amorites, in Heshbon, and in all the villages thereof.
En Israel het al hierdie stede geneem: en Israel het in al die stede van die Amoriete gewoon, in Hesbon, en in al die dorpe daarvan.
26
For Heshbon [was] the city of Sihon the king of the Amorites, who had fought against the former king of Moab, and taken all his land out of his hand, even unto Arnon.
Want Hesbon was die stad van Síhon die koning van die Amoriete, wat geveg het teen die vorige koning van Moab, en al sy land uit sy hand geneem het, tot by die Arnon.
27
Wherefore they that speak in proverbs say, Come into Heshbon, let the city of Sihon be built and prepared:
Daarom sê die digters, Kom na Hesbon, laat die stad van Síhon gebou en gevestig word:
28
For there is a fire gone out of Heshbon, a flame from the city of Sihon: it hath consumed Ar of Moab, [and] the lords of the high places of Arnon.
Want daar het ’n vuur uit Hesbon uitgegaan, ’n vlam uit die stad van Síhon: dit het Ar van Moab verteer, en die here van die hoogtes van die Arnon.
29
Woe to thee, Moab! thou art undone, O people of Chemosh: he hath given his sons that escaped, and his daughters, into captivity unto Sihon king of the Amorites.
Wee jou, Moab! jy is verlore, o volk van Kemos: hy het sy seuns wat gevlug het, en sy dogters, in gevangenskap gegee aan Síhon koning van die Amoriete.
30
We have shot at them; Heshbon is perished even unto Dibon, and we have laid them waste even unto Nophah, which [reacheth] unto Medeba.
Ons het hulle neergeskiet; Hesbon is verwoes tot by Dibon, en ons het hulle verwoes tot by Nofa, wat tot by Médeba reik.
31
Thus Israel dwelt in the land of the Amorites.
So het Israel dan in die land van die Amoriete gewoon.
32
And Moses sent to spy out Jaazer, and they took the villages thereof, and drove out the Amorites that [were] there.
En Moses het gestuur om Jáser te verken, en hulle het die dorpe daarvan ingeneem, en die Amoriete wat daar was, uitgedrywe.
33
And they turned and went up by the way of Bashan: and Og the king of Bashan went out against them, he, and all his people, to the battle at Edrei.
En hulle het omgedraai en opgetrek langs die pad na Basan: en Og die koning van Basan het teen hulle uitgegaan, hy en sy hele volk, om te veg by Edreï.
34
And the LORD said unto Moses, Fear him not: for I have delivered him into thy hand, and all his people, and his land; and thou shalt do to him as thou didst unto Sihon king of the Amorites, which dwelt at Heshbon.
En die HERE het tot Moses gesê, Wees nie bevrees vir hom nie: want ek het hom in jou hand gegee, en sy hele volk, en sy land; en jy moet aan hom doen soos jy aan Síhon koning van die Amoriete gedoen het, wat in Hesbon gewoon het.
35
So they smote him, and his sons, and all his people, until there was none left him alive: and they possessed his land.
So het hulle hom dan verslaan, en sy seuns, en sy hele volk, totdat daar niemand van hom oorgeblewe was nie: en hulle het sy land in besit geneem.