King James Version
AFR DVK
1
And all the people gathered themselves together as one man into the street that [was] before the water gate; and they spake unto Ezra the scribe to bring the book of the law of Moses, which the LORD had commanded to Israel.
En die hele volk het bymekaargekom soos een man in die straat wat voor die waterpoort was; en hulle het tot Esra die skrywer gespreek om die boek van die wet van Moses te bring, wat die HERE Israel beveel het.
2
And Ezra the priest brought the law before the congregation both of men and women, and all that could hear with understanding, upon the first day of the seventh month.
En Esra die priester het die wet voor die vergadering gebring, beide van manne en vroue, en almal wat kon hoor met verstand, op die eerste dag van die sewende maand.
3
And he read therein before the street that [was] before the water gate from the morning until midday, before the men and the women, and those that could understand; and the ears of all the people [were attentive] unto the book of the law.
En hy het daarin gelees voor die straat wat voor die waterpoort was van die môre af tot die middag, voor die manne en die vroue, en dié wat kon verstaan; en die ore van die hele volk was aandagtig tot die boek van die wet.
4
And Ezra the scribe stood upon a pulpit of wood, which they had made for the purpose; and beside him stood Mattithiah, and Shema, and Anaiah, and Urijah, and Hilkiah, and Maaseiah, on his right hand; and on his left hand, Pedaiah, and Mishael, and Malchiah, and Hashum, and Hashbadana, Zechariah, [and] Meshullam.
En Esra die skrywer het op ’n houtverhoog gestaan, wat hulle vir die doel gemaak het; en by hom het Mattitja, en Sema, en Anája, en Uriá, en Hilkía, en Maäseja, aan sy regterhand gestaan; en aan sy linkerhand, Pedája, en Misaël, en Malkía, en Hasum, en Hasbaddana, Sagarja, en Mesullam.
5
And Ezra opened the book in the sight of all the people; (for he was above all the people;) and when he opened it, all the people stood up:
En Esra het die boek oopgemaak in die aangesig van die hele volk; (want hy was bo al die volk;) en toe hy dit oopgemaak het, het die hele volk opgestaan:
6
And Ezra blessed the LORD, the great God. And all the people answered, Amen, Amen, with lifting up their hands: and they bowed their heads, and worshipped the LORD with [their] faces to the ground.
En Esra het die HERE, die groot God, geseën. En die hele volk het geantwoord, Amen, Amen, met die opheffing van hulle hande: en hulle het hulle hoofde geneig, en die HERE met hulle aangesigte na die grond aanbid.
7
Also Jeshua, and Bani, and Sherebiah, Jamin, Akkub, Shabbethai, Hodijah, Maaseiah, Kelita, Azariah, Jozabad, Hanan, Pelaiah, and the Levites, caused the people to understand the law: and the people [stood] in their place.
Ook Jesua, en Bani, en Serebja, Jamin, Akkub, Sabbetai, Hodía, Maäseja, Kelita, Asarja, Josabad, Hanan, Pelája, en die Leviete, het die volk in die wet laat verstaan: en die volk het in hulle plek gestaan.
8
So they read in the book in the law of God distinctly, and gave the sense, and caused [them] to understand the reading.
So het hulle dan duidelik in die boek in die wet van God gelees, en die sin gegee, en hulle die lesing laat verstaan.
9
And Nehemiah, which [is] the Tirshatha, and Ezra the priest the scribe, and the Levites that taught the people, said unto all the people, This day [is] holy unto the LORD your God; mourn not, nor weep. For all the people wept, when they heard the words of the law.
En Nehemía, wat die Tirsatá is, en Esra die priester die skrywer, en die Leviete wat die volk laat verstaan het, het tot die hele volk gesê, Hierdie dag is heilig aan die HERE julle God; rou nie, en ween nie. Want die hele volk het geween, toe hulle die woorde van die wet gehoor het.
10
Then he said unto them, Go your way, eat the fat, and drink the sweet, and send portions unto them for whom nothing is prepared: for [this] day [is] holy unto our Lord: neither be ye sorry; for the joy of the LORD is your strength.
Toe het hy tot hulle gesê, Gaan julle pad, eet die vet, en drink die soet, en stuur porsies aan hulle vir wie niks berei is nie: want hierdie dag is heilig aan onse Here: wees nie bedroef nie; want die blydskap van die HERE is julle krag.
11
So the Levites stilled all the people, saying, Hold your peace, for the day [is] holy; neither be ye grieved.
So het die Leviete dan die hele volk stil gemaak, en gesê, Hou julle vrede, want die dag is heilig; wees ook nie bedroef nie.
12
And all the people went their way to eat, and to drink, and to send portions, and to make great mirth, because they had understood the words that were declared unto them.
En die hele volk het weggegaan om te eet, en om te drink, en om porsies te stuur, en om groot blydskap te maak, omdat hulle die woorde verstaan het wat aan hulle bekend gemaak is.
13
And on the second day were gathered together the chief of the fathers of all the people, the priests, and the Levites, unto Ezra the scribe, even to understand the words of the law.
En op die tweede dag is die hoofde van die vaders van die hele volk, die priesters, en die Leviete, bymekaargekom by Esra die skrywer, om die woorde van die wet te verstaan.
14
And they found written in the law which the LORD had commanded by Moses, that the children of Israel should dwell in booths in the feast of the seventh month:
En hulle het in die wet gevind wat die HERE deur Moses beveel het, dat die kinders van Israel in hutte moet woon in die fees van die sewende maand:
15
And that they should publish and proclaim in all their cities, and in Jerusalem, saying, Go forth unto the mount, and fetch olive branches, and pine branches, and myrtle branches, and palm branches, and branches of thick trees, to make booths, as [it is] written.
En dat hulle dit moet aankondig en uitroep in al hulle stede, en in Jérusalem, en sê, Gaan uit na die berg, en haal olyftakke, en denne-takke, en mirt-takke, en palm-takke, en takke van digte bome, om hutte te maak, soos geskrywe is.
16
So the people went forth, and brought [them], and made themselves booths, every one upon the roof of his house, and in their courts, and in the courts of the house of God, and in the street of the water gate, and in the street of the gate of Ephraim.
So het die volk dan uitgegaan, en dit gebring, en vir hulleself hutte gemaak, elkeen op die dak van sy huis, en in hulle voorhowe, en in die voorhowe van die huis van God, en in die straat van die waterpoort, en in die straat van die poort van Efraim.
17
And all the congregation of them that were come again out of the captivity made booths, and sat under the booths: for since the days of Jeshua the son of Nun unto that day had not the children of Israel done so. And there was very great gladness.
En die hele vergadering van hulle wat uit die ballingskap teruggekeer het, het hutte gemaak, en in die hutte gesit: want van die dae van Jesua die seun van Nun af tot op daardie dag het die kinders van Israel nie so gedoen nie. En daar was baie groot blydskap.
18
Also day by day, from the first day unto the last day, he read in the book of the law of God. And they kept the feast seven days; and on the eighth day [was] a solemn assembly, according unto the manner.
Ook het hy dag vir dag, van die eerste dag af tot die laaste dag, in die boek van die wet van God gelees. En hulle het die fees sewe dae lank gehou; en op die agtste dag was daar ‚'n plegtige vergadering, volgens die manier.