King James Version
AFR DVK
1
Then was Jesus led up of the Spirit into the wilderness to be tempted of the devil.
Toe is Jesus deur die Gees in die wildernis gelei om deur die duiwel versoek te word.
2
And when he had fasted forty days and forty nights, he was afterward an hungred.
En toe Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, was Hy daarna honger.
3
And when the tempter came to him, he said, If thou be the Son of God, command that these stones be made bread.
En toe die versoeker by Hom gekom het, het hy gesê, As U die Seun van God is, beveel dat hierdie klippe brood word.
4
But he answered and said, It is written, Man shall not live by bread alone, but by every word that proceedeth out of the mouth of God.
Maar Hy het geantwoord en gesê, Daar is geskrywe, Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat uit die mond van God uitgaan.
5
Then the devil taketh him up into the holy city, and setteth him on a pinnacle of the temple,
Toe het die duiwel Hom na die heilige stad geneem, en Hom op ‚'n pinakel van die tempel gestel,
6
And saith unto him, If thou be the Son of God, cast thyself down: for it is written, He shall give his angels charge concerning thee: and in [their] hands they shall bear thee up, lest at any time thou dash thy foot against a stone.
En tot Hom gesê, As U die Seun van God is, werp Uself af: want daar is geskrywe, Hy sal sy engele aangaande U bevel gee: en in hulle hande sal hulle U dra, dat U nie te eniger tyd u voet teen ’n klip stamp nie.
7
Jesus said unto him, It is written again, Thou shalt not tempt the Lord thy God.
Jesus het tot hom gesê, Daar is weer geskrywe, Jy moet die Here jou God nie versoek nie.
8
Again, the devil taketh him up into an exceeding high mountain, and sheweth him all the kingdoms of the world, and the glory of them;
Weer het die duiwel Hom op ’n baie hoë berg geneem, en Hom al die koninkryke van die wêreld, en die heerlikheid daarvan, gewys;
9
And saith unto him, All these things will I give thee, if thou wilt fall down and worship me.
En tot Hom gesê, Al hierdie dinge sal ek U gee, as U neerval en my aanbid.
10
Then saith Jesus unto him, Get thee hence, Satan: for it is written, Thou shalt worship the Lord thy God, and him only shalt thou serve.
Toe het Jesus tot hom gesê, Gaan weg, Satan: want daar is geskrywe, Jy moet die Here jou God aanbid, en Hom alleen dien.
11
Then the devil leaveth him, and, behold, angels came and ministered unto him.
Toe het die duiwel Hom verlaat, en kyk, engele het gekom en Hom bedien.
12
Now when Jesus had heard that John was cast into prison, he departed into Galilee;
Nou toe Jesus gehoor het dat Johannes oorgegee is, het Hy na Galilea vertrek;
13
And leaving Nazareth, he came and dwelt in Capernaum, which is upon the sea coast, in the borders of Zabulon and Nephthalim:
En toe Hy Nasaret verlaat het, het Hy gekom en in Kapérnaüm gewoon, wat by die see is, in die grense van Sébulon en Náftali:
14
That it might be fulfilled which was spoken by Esaias the prophet, saying,
Dat dit vervul mag word wat deur Jesaja die profeet gespreek is, sê,
15
The land of Zabulon, and the land of Nephthalim, [by] the way of the sea, beyond Jordan, Galilee of the Gentiles;
Die land van Sébulon, en die land van Náftali, by die weg van die see, oorkant die Jordaan, Galilea van die nasies;
16
The people which sat in darkness saw great light; and to them which sat in the region and shadow of death light is sprung up.
Die volk wat in duisternis gesit het, het ‚'n groot lig gesien; en aan hulle wat in die streek en skaduwee van die dood sit, is lig opgegaan.
17
From that time Jesus began to preach, and to say, Repent: for the kingdom of heaven is at hand.
Van toe af het Jesus begin om te preek, en te sê, Bekeer julle: want die koninkryk van die hemele is naby.
18
And Jesus, walking by the sea of Galilee, saw two brethren, Simon called Peter, and Andrew his brother, casting a net into the sea: for they were fishers.
En Jesus, wat by die see van Galilea gewandel het, het twee broers gesien, Simon wat Petrus genoem word, en Andréas sy broer, wat ’n net in die see gegooi het: want hulle was vissers.
19
And he saith unto them, Follow me, and I will make you fishers of men.
En Hy het tot hulle gesê, Volg My, en ek sal julle vissers van mense maak.
20
And they straightway left [their] nets, and followed him.
En hulle het dadelik die nette verlaat, en Hom gevolg.
21
And going on from thence, he saw other two brethren, James [the son] of Zebedee, and John his brother, in a ship with Zebedee their father, mending their nets; and he called them.
En toe Hy van daar verder gegaan het, het Hy twee ander broers gesien, Jakobus die seun van Sebedéüs, en Johannes sy broer, in ’n skip met Sebedéüs hulle vader, wat hulle nette reggemaak het; en Hy het hulle geroep.
22
And they immediately left the ship and their father, and followed him.
En hulle het dadelik die skip en hulle vader verlaat, en Hom gevolg.
23
And Jesus went about all Galilee, teaching in their synagogues, and preaching the gospel of the kingdom, and healing all manner of sickness and all manner of disease among the people.
En Jesus het deur die hele Galilea gegaan, en in hulle sinagoges geleer, en die evangelie van die koninkryk verkondig, en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees.
24
And his fame went throughout all Syria: and they brought unto him all sick people that were taken with divers diseases and torments, and those which were possessed with devils, and those which were lunatick, and those that had the palsy; and he healed them.
En sy roem het deur die hele Sirië gegaan: en hulle het na Hom gebring almal wat siek was met verskillende siektes en pyn, en dié wat van duiwels besete was, en dié wat maansiek was, en dié wat die verlamming gehad het; en Hy het hulle genees.
25
And there followed him great multitudes of people from Galilee, and [from] Decapolis, and [from] Jerusalem, and [from] Judaea, and [from] beyond Jordan.
En groot skare mense het Hom gevolg van Galilea, en van Dekápolis, en van Jérusalem, en van Judea, en van oorkant die Jordaan.