King James Version
AFR DVK
1
The Pharisees also with the Sadducees came, and tempting desired him that he would shew them a sign from heaven.
Die Fariseërs ook met die Sadduseërs het gekom, en Hom versoek, deurdat hulle begeer het dat Hy hulle ’n teken uit die hemel sou toon.
2
He answered and said unto them, When it is evening, ye say, [It will be] fair weather: for the sky is red.
Hy het geantwoord en tot hulle gesê, Wanneer dit aand is, sê julle, Dit sal mooi weer wees: want die hemel is rooi.
3
And in the morning, [It will be] foul weather to day: for the sky is red and lowring. O [ye] hypocrites, ye can discern the face of the sky; but can ye not [discern] the signs of the times?
En in die môre, Dit sal slegte weer wees vandag: want die hemel is rooi en donker. o julle geveinsdes, julle kan die aangesig van die hemel onderskei; maar kan julle nie die tekens van die tye onderskei nie?
4
A wicked and adulterous generation seeketh after a sign; and there shall no sign be given unto it, but the sign of the prophet Jonas. And he left them, and departed.
‚'n Boos en egbreukende geslag soek na ‚'n teken; en daar sal geen teken aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona. En Hy het hulle verlaat, en weggegaan.
5
And when his disciples were come to the other side, they had forgotten to take bread.
En toe sy dissipels na die oorkant gekom het, het hulle vergeet om brood te neem.
6
Then Jesus said unto them, Take heed and beware of the leaven of the Pharisees and of the Sadducees.
Toe het Jesus tot hulle gesê, Pas op en wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en van die Sadduseërs.
7
And they reasoned among themselves, saying, [It is] because we have taken no bread.
En hulle het onder mekaar geredeneer, sê, Dit is omdat ons geen brood geneem het nie.
8
[Which] when Jesus perceived, he said unto them, O ye of little faith, why reason ye among yourselves, because ye have brought no bread?
Wat Jesus merk het, het Hy tot hulle gesê, o julle kleingelowiges, waarom redeneer julle onder mekaar, omdat julle geen brood geneem het nie?
9
Do ye not yet understand, neither remember the five loaves of the five thousand, and how many baskets ye took up?
Verstaan julle nog nie, en onthou julle nie die vyf brode van die vyf duisend, en hoeveel mandjies julle opgetel het nie?
10
Neither the seven loaves of the four thousand, and how many baskets ye took up?
En ook nie die sewe brode van die vier duisend, en hoeveel mandjies julle opgetel het nie?
11
How is it that ye do not understand that I spake [it] not to you concerning bread, that ye should beware of the leaven of the Pharisees and of the Sadducees?
Hoe is dit dat julle nie verstaan dat ek nie van brood tot julle gespreek het nie, dat julle op julle hoede moet wees vir die suurdeeg van die Fariseërs en van die Sadduseërs?
12
Then understood they how that he bade [them] not beware of the leaven of bread, but of the doctrine of the Pharisees and of the Sadducees.
Toe het hulle verstaan dat Hy nie gesê het dat hulle op hulle hoede moet wees vir die suurdeeg van brood nie, maar vir die leer van die Fariseërs en van die Sadduseërs.
13
When Jesus came into the coasts of Caesarea Philippi, he asked his disciples, saying, Whom do men say that I the Son of man am?
Toe Jesus in die streke van Cesaréa-Filippi gekom het, het Hy sy dissipels gevra, sê, Wie sê die mense dat ek, die Seun van die mens, is?
14
And they said, Some [say that thou art] John the Baptist: some, Elias; and others, Jeremias, or one of the prophets.
En hulle het gesê, Sommige, Johannes die Doper: sommige, Elia; en andere, Jeremia, of een van die profete.
15
He saith unto them, But whom say ye that I am?
Hy het tot hulle gesê, Maar julle, wie sê julle dat ek is?
16
And Simon Peter answered and said, Thou art the Christ, the Son of the living God.
En Simon Petrus het geantwoord en gesê, U is die Christus, die Seun van die lewende God.
17
And Jesus answered and said unto him, Blessed art thou, Simon Barjona: for flesh and blood hath not revealed [it] unto thee, but my Father which is in heaven.
En Jesus het geantwoord en tot hom gesê, Geseënd is jy, Simon Bar-Jona: want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is.
18
And I say also unto thee, That thou art Peter, and upon this rock I will build my church; and the gates of hell shall not prevail against it.
En ek sê ook vir jou, Dat jy Petrus is, en op hierdie rots sal ek my gemeente bou; en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.
19
And I will give unto thee the keys of the kingdom of heaven: and whatsoever thou shalt bind on earth shall be bound in heaven: and whatsoever thou shalt loose on earth shall be loosed in heaven.
En ek sal aan jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee: en wat jy ook al op die aarde bind, sal in die hemele gebind wees: en wat jy ook al op die aarde ontbind, sal in die hemele ontbind wees.
20
Then charged he his disciples that they should tell no man that he was Jesus the Christ.
Toe het Hy sy dissipels beveel dat hulle aan niemand moes sê dat Hy Jesus die Christus is nie.
21
From that time forth began Jesus to shew unto his disciples, how that he must go unto Jerusalem, and suffer many things of the elders and chief priests and scribes, and be killed, and be raised again the third day.
Van toe af het Jesus begin om aan sy dissipels te toon, dat Hy na Jérusalem moes gaan, en baie dinge ly van die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes, en gedood word, en op die derde dag opgewek word.
22
Then Peter took him, and began to rebuke him, saying, Be it far from thee, Lord: this shall not be unto thee.
Toe het Petrus Hom ter syde geneem, en begin om Hom te bestraf, sê, Mag dit ver van U wees, Here: dit sal U geensins oorkom nie.
23
But he turned, and said unto Peter, Get thee behind me, Satan: thou art an offence unto me: for thou savourest not the things that be of God, but those that be of men.
Maar Hy het Hom omgedraai, en tot Petrus gesê, Gaan weg agter My, Satan: jy is My ’n aanstoot: want jy bedink nie die dinge wat van God is nie, maar dié wat van die mens is.
24
Then said Jesus unto his disciples, If any [man] will come after me, let him deny himself, and take up his cross, and follow me.
Toe het Jesus tot sy dissipels gesê, As iemand agter My aan wil kom, laat hom homself verloën, en sy kruis opneem, en My volg.
25
For whosoever will save his life shall lose it: and whosoever will lose his life for my sake shall find it.
Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor: en elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind.
26
For what is a man profited, if he shall gain the whole world, and lose his own soul? or what shall a man give in exchange for his soul?
Want wat baat dit ’n mens as hy die hele wêreld win, en sy eie siel verloor? of wat sal ’n mens gee in ruil vir sy siel?
27
For the Son of man shall come in the glory of his Father with his angels; and then he shall reward every man according to his works.
Want die Seun van die mens sal kom in die heerlikheid van sy Vader met sy engele; en dan sal Hy elkeen vergelde volgens sy werke.
28
Verily I say unto you, There be some standing here, which shall not taste of death, till they see the Son of man coming in his kingdom.
Voorwaar sê ek vir julle, Daar is sommige wat hier staan, wat die dood geensins sal proe nie, totdat hulle die Seun van die mens sien kom in sy koninkryk.