King James Version
AFR DVK
1
And straightway in the morning the chief priests held a consultation with the elders and scribes and the whole council, and bound Jesus, and carried [him] away, and delivered [him] to Pilate.
En dadelik in die môre het die owerpriesters raad gehou met die ouderlinge en skrifgeleerdes, en die hele raad, en Jesus gebind, en weggelei, en Hom aan Pilatus oorgelewer.
2
And Pilate asked him, Art thou the King of the Jews? And he answering said unto him, Thou sayest [it].
En Pilatus het Hom gevra, Is U die Koning van die Jode? En Hy het geantwoord en tot hom gesê, Jy sê dit.
3
And the chief priests accused him of many things: but he answered nothing.
En die owerpriesters het Hom van baie dinge aangekla: maar Hy het niks geantwoord nie.
4
And Pilate asked him again, saying, Answerest thou nothing? behold how many things they witness against thee.
En Pilatus het Hom weer gevra, sê, Antwoord U niks? kyk hoeveel dinge hulle teen U getuig.
5
But Jesus yet answered nothing; so that Pilate marvelled.
Maar Jesus het nog niks geantwoord nie; sodat Pilatus verwonderd was.
6
Now at [that] feast he released unto them one prisoner, whomsoever they desired.
Nou by daardie fees was hy gewoond om een gevangene vir hulle los te laat, wie hulle ook al begeer het.
7
And there was [one] named Barabbas, [which lay] bound with them that had made insurrection with him, who had committed murder in the insurrection.
En daar was een, genaamd Barábbas, wat gebind was saam met hulle wat in die oproer saamgesweer het, wat in die oproer moord gepleeg het.
8
And the multitude crying aloud began to desire [him to do] as he had ever done unto them.
En die skare het hardop begin roep, en begeer dat hy sou doen soos hy altyd aan hulle gedoen het.
9
But Pilate answered them, saying, Will ye that I release unto you the King of the Jews?
Maar Pilatus het hulle geantwoord, sê, Wil julle hê dat ek die Koning van die Jode vir julle moet loslaat?
10
For he knew that the chief priests had delivered him for envy.
Want hy het geweet dat die owerpriesters Hom uit afguns oorgelewer het.
11
But the chief priests moved the people, that he should rather release Barabbas unto them.
Maar die owerpriesters het die skare opgesweep, dat hy liewer Barábbas vir hulle moes loslaat.
12
And Pilate answered and said again unto them, What will ye then that I shall do [unto him] whom ye call the King of the Jews?
En Pilatus het weer geantwoord en tot hulle gesê, Wat wil julle dan dat ek moet doen met Hom wat julle die Koning van die Jode noem?
13
And they cried out again, Crucify him.
En hulle het weer uitgeroep, Kruisig Hom.
14
Then Pilate said unto them, Why, what evil hath he done? And they cried out the more exceedingly, Crucify him.
Toe het Pilatus tot hulle gesê, Waarom, watter kwaad het Hy gedoen? En hulle het des te meer uitgeroep, Kruisig Hom.
15
And [so] Pilate, willing to content the people, released Barabbas unto them, and delivered Jesus, when he had scourged [him], to be crucified.
En so, omdat Pilatus die skare wou tevrede stel, het hy Barábbas vir hulle losgelaat, en Jesus, toe hy Hom geslaan het, oorgelewer om gekruisig te word.
16
And the soldiers led him away into the hall, called Praetorium; and they call together the whole band.
En die soldate het Hom weggelei in die saal, genaamd Pretorium; en hulle roep die hele skare bymekaar.
17
And they clothed him with purple, and platted a crown of thorns, and put it about his [head],
En hulle het Hom met purper beklee, en ‚'n kroon van dorings gevleg, en dit op Hom gesit;
18
And began to salute him, Hail, King of the Jews!
En begin om Hom te groet, Wees gegroet, Koning van die Jode!
19
And they smote him on the head with a reed, and did spit upon him, and bowing [their] knees worshipped him.
En hulle het Hom op die hoof geslaan met ‚'n riet, en op Hom gespuug, en voor Hom neergekniel en Hom aanbid.
20
And when they had mocked him, they took off the purple from him, and put his own clothes on him, and led him out to crucify him.
En toe hulle Hom bespot het, het hulle die purper van Hom afgetrek, en Hom sy eie klere aangetrek, en Hom uitgelei om Hom te kruisig.
21
And they compel one Simon a Cyrenian, who passed by, coming out of the country, the father of Alexander and Rufus, to bear his cross.
En hulle dwing een Simon, ‚'n Sirener, wat van die land af gekom het, die vader van Alexander en Rufus, om sy kruis te dra.
22
And they bring him unto the place Golgotha, which is, being interpreted, The place of a skull.
En hulle bring Hom na die plek Gólgota, wat vertaal is, Die plek van ’n skedel.
23
And they gave him to drink wine mingled with myrrh: but he received [it] not.
En hulle het Hom wyn gegee om te drink, gemeng met mirre: maar Hy het dit nie ontvang nie.
24
And when they had crucified him, they parted his garments, casting lots upon them, what every man should take.
En toe hulle Hom gekruisig het, het hulle sy klere verdeel, en die lot daaroor gewerp, wat elkeen sou neem.
25
And it was the third hour, and they crucified him.
En dit was die derde uur, en hulle het Hom gekruisig.
26
And the superscription of his accusation was written over, THE KING OF THE JEWS.
En die opskrif van sy beskuldiging was bo-oor geskrywe, DIE KONING VAN DIE JODE.
27
And with him they crucify two thieves; the one on his right hand, and the other on his left.
En met Hom het hulle twee rowers gekruisig; die een aan sy regterhand, en die ander aan sy linkerhand.
28
And the scripture was fulfilled, which saith, And he was numbered with the transgressors.
En die Skrif is vervul, wat sê, En Hy is onder die oortreders gereken.
29
And they that passed by railed on him, wagging their heads, and saying, Ah, thou that destroyest the temple, and buildest [it] in three days,
En dié wat verbygegaan het, het Hom gesmaad, hulle hoofde geskud, en gesê, Ag, jy wat die tempel afbreek, en dit in drie dae bou,
30
Save thyself, and come down from the cross.
Red Uself, en kom af van die kruis.
31
Likewise also the chief priests mocking said among themselves with the scribes, He saved others; himself he cannot save.
Net so het die owerpriesters ook onder mekaar met die skrifgeleerdes gespot, en gesê, Hy het ander gered; Homself kan Hy nie red nie.
32
Let Christ the King of Israel descend now from the cross, that we may see and believe. And they that were crucified with him reviled him.
Laat Christus die Koning van Israel nou van die kruis afkom, dat ons mag sien en glo. En dié wat saam met Hom gekruisig was, het Hom verwyt.
33
And when the sixth hour was come, there was darkness over the whole land until the ninth hour.
En toe die sesde uur gekom het, was daar duisternis oor die hele land tot by die negende uur.
34
And at the ninth hour Jesus cried with a loud voice, saying, Eloi, Eloi, lama sabachthani? which is, being interpreted, My God, my God, why hast thou forsaken me?
En op die negende uur het Jesus met ’n groot stem uitgeroep, sê, Eloi, Eloi, lama sabagtani? wat vertaal is, My God, my God, waarom het U My verlaat?
35
And some of them that stood by, when they heard [it], said, Behold, he calleth Elias.
En sommige van dié wat daar gestaan het, toe hulle dit hoor, het gesê, Kyk, Hy roep Elia.
36
And one ran and filled a spunge full of vinegar, and put [it] on a reed, and gave him to drink, saying, Let alone; let us see whether Elias will come to take him down.
En een het gehardloop en ’n spons gevul met asyn, en dit op ’n riet gesit, en Hom te drinke gegee, sê, Laat staan; laat ons sien of Elia sal kom om Hom af te neem.
37
And Jesus cried with a loud voice, and gave up the ghost.
En Jesus het met ‚'n groot stem uitgeroep, en die gees gegee.
38
And the veil of the temple was rent in twain from the top to the bottom.
En die voorhangsel van die tempel is in twee geskeur van bo tot onder.
39
And when the centurion, which stood over against him, saw that he so cried out, and gave up the ghost, he said, Truly this man was the Son of God.
En toe die hoofman oor honderd, wat teenoor Hom gestaan het, sien dat Hy so uitgeroep het, en die gees gegee het, het hy gesê, Waarlik hierdie man was die Seun van God.
40
There were also women looking on afar off: among whom was Mary Magdalene, and Mary the mother of James the less and of Joses, and Salome;
Daar was ook vroue wat van ver af gekyk het: onder wie was Maria Magdaléna, en Maria die moeder van Jakobus die kleintjie, en van Joses, en Salóme;
41
(Who also, when he was in Galilee, followed him, and ministered unto him;) and many other women which came up with him unto Jerusalem.
(Wat Hom ook gevolg het, en Hom bedien het, toe Hy in Galilea was;) en baie ander vroue wat saam met Hom na Jérusalem opgegaan het.
42
And now when the even was come, because it was the preparation, that is, the day before the sabbath,
En nou toe die aand gekom het, omdat dit die voorbereiding was, dit is, die dag voor die sabbat,
43
Joseph of Arimathaea, an honourable counseller, which also waited for the kingdom of God, came, and went in boldly unto Pilate, and craved the body of Jesus.
Het Josef van Arimatea, ‚'n eerbare raadslid, wat self ook die koninkryk van God verwag het, dapper ingegaan by Pilatus, en die liggaam van Jesus gevra.
44
And Pilate marvelled if he were already dead: and calling [unto him] the centurion, he asked him whether he had been any while dead.
En Pilatus het hom verwonder dat Hy alreeds dood was: en toe hy die hoofman oor honderd by hom geroep het, het hy hom gevra of Hy enige tyd dood was.
45
And when he knew [it] of the centurion, he gave the body to Joseph.
En toe hy dit van die hoofman weet, het hy die liggaam aan Josef gegee.
46
And he bought fine linen, and took him down, and wrapped him in the linen, and laid him in a sepulchre which was hewn out of a rock, and rolled a stone unto the door of the sepulchre.
En hy het fyn linne gekoop, en Hom afgeneem, en in die linne toegedraai, en Hom in ’n graf gelê wat uit ’n rots uitgekap was, en ’n klip voor die deur van die graf gerol.
47
And Mary Magdalene and Mary [the mother] of Joses beheld where he was laid.
En Maria Magdaléna en Maria die moeder van Joses het gesien waar Hy gelê is.