King James Version
AFR DVK
1
After two days was [the feast of] the passover, and of unleavened bread: and the chief priests and the scribes sought how they might take him by craft, and put [him] to death.
Ná twee dae was die pasga, en die fees van die ongesuurde brode: en die owerpriesters en die skrifgeleerdes het gesoek hoe hulle Hom met listigheid mag gryp, en doodmaak.
2
But they said, Not on the feast [day], lest there be an uproar of the people.
Maar hulle het gesê, Nie op die fees nie, anders mag daar ’n oproer van die volk wees.
3
And being in Bethany in the house of Simon the leper, as he sat at meat, there came a woman having an alabaster box of ointment of spikenard very precious; and she brake the box, and poured [it] on his head.
En toe Hy in Betánië was in die huis van Simon die melaatse, soos Hy by die tafel sit, het daar ’n vrou gekom met ’n albasterfles van salf van nardus, baie kosbaar; en sy het die fles stukkend gebreek, en dit op sy hoof uitgegooi.
4
And there were some that had indignation within themselves, and said, Why was this waste of the ointment made?
En daar was sommige wat by hulleself verontwaardig was, en gesê het, Waartoe is hierdie vermorsing van die salf gemaak?
5
For it might have been sold for more than three hundred pence, and have been given to the poor. And they murmured against her.
Want dit kon vir meer as driehonderd pennies verkoop word, en aan die armes gegee word. En hulle het teen haar gemurmureer.
6
And Jesus said, Let her alone; why trouble ye her? she hath wrought a good work on me.
En Jesus het gesê, Laat haar met rus; waarom benoud maak julle haar? sy het ’n goeie werk aan My gedoen.
7
For ye have the poor with you always, and whensoever ye will ye may do them good: but me ye have not always.
Want julle het die armes altyd by julle, en wanneer julle wil, kan julle aan hulle goed doen: maar My het julle nie altyd nie.
8
She hath done what she could: she is come aforehand to anoint my body to the burying.
Sy het gedoen wat sy kon: sy is vooruit gekom om my liggaam te salf tot die begrafnis.
9
Verily I say unto you, Wheresoever this gospel shall be preached throughout the whole world, [this] also that she hath done shall be spoken of for a memorial of her.
Voorwaar sê ek vir julle, Waar ook al hierdie evangelie in die hele wêreld verkondig word, sal ook dit wat sy gedoen het, tot haar gedagtenis vertel word.
10
And Judas Iscariot, one of the twelve, went unto the chief priests, to betray him unto them.
En Judas Iskáriot, een van die twaalf, het na die owerpriesters gegaan om Hom aan hulle oor te gee.
11
And when they heard [it], they were glad, and promised to give him money. And he sought how he might conveniently betray him.
En toe hulle dit hoor, was hulle bly, en het beloof om hom geld te gee. En hy het gesoek hoe hy Hom geskiklik kon oorgee.
12
And the first day of unleavened bread, when they killed the passover, his disciples said unto him, Where wilt thou that we go and prepare that thou mayest eat the passover?
En die eerste dag van die ongesuurde brode, wanneer hulle die pasga geslag het, het sy dissipels tot Hom gesê, Waar wil U hê dat ons moet gaan en berei, dat U die pasga mag eet?
13
And he sendeth forth two of his disciples, and saith unto them, Go ye into the city, and there shall meet you a man bearing a pitcher of water: follow him.
En Hy stuur twee van sy dissipels uit, en sê tot hulle, Gaan in die stad, en daar sal ’n man julle tegemoet kom, wat ’n kan water dra: volg hom.
14
And wheresoever he shall go in, say ye to the goodman of the house, The Master saith, Where is the guestchamber, where I shall eat the passover with my disciples?
En waar hy ook al ingaan, sê tot die huiseienaar, Die Meester sê, Waar is die gastekamer, waar ek die pasga met my dissipels mag eet?
15
And he will shew you a large upper room furnished [and] prepared: there make ready for us.
En hy sal julle ‚'n groot bo-kamer wys wat gereed gemaak en toegerus is: daar berei vir ons.
16
And his disciples went forth, and came into the city, and found as he had said unto them: and they made ready the passover.
En sy dissipels het uitgegaan, en in die stad gekom, en dit gevind soos Hy tot hulle gesê het: en hulle het die pasga berei.
17
And in the evening he cometh with the twelve.
En in die aand kom Hy met die twaalf.
18
And as they sat and did eat, Jesus said, Verily I say unto you, One of you which eateth with me shall betray me.
En soos hulle by die tafel sit en eet, het Jesus gesê, Voorwaar sê ek vir julle, Een van julle wat saam met My eet, sal My verraai.
19
And they began to be sorrowful, and to say unto him one by one, [Is] it I? and another [said, Is] it I?
En hulle het begin om bedroef te wees, en tot Hom te sê een vir een, Is dit ek? en ’n ander, Is dit ek?
20
And he answered and said unto them, [It is] one of the twelve, that dippeth with me in the dish.
En Hy het geantwoord en tot hulle gesê, Dit is een van die twaalf, wat saam met My in die skottel doop.
21
The Son of man indeed goeth, as it is written of him: but woe to that man by whom the Son of man is betrayed! good were it for that man if he had never been born.
Die Seun van die mens gaan wel, soos van Hom geskrywe is: maar wee daardie man deur wie die Seun van die mens verraai word! dit was goed vir daardie man as hy nooit gebore was nie.
22
And as they did eat, Jesus took bread, and blessed, and brake [it], and gave to them, and said, Take, eat: this is my body.
En soos hulle eet, het Jesus brood geneem, en geseën, en dit gebreek, en aan hulle gegee, en gesê, Neem, eet: dit is my liggaam.
23
And he took the cup, and when he had given thanks, he gave [it] to them: and they all drank of it.
En Hy het die beker geneem, en toe Hy dank gesê het, het Hy dit aan hulle gegee: en hulle het almal daarvan gedrink.
24
And he said unto them, This is my blood of the new testament, which is shed for many.
En Hy het tot hulle gesê, Dit is my bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word.
25
Verily I say unto you, I will drink no more of the fruit of the vine, until that day that I drink it new in the kingdom of God.
Voorwaar sê ek vir julle, Ek sal nie meer van die vrug van die wingerdstok drink nie, totdat daardie dag wanneer ek dit nuut drink in die koninkryk van God.
26
And when they had sung an hymn, they went out into the mount of Olives.
En toe hulle ‚'n lofsang gesing het, het hulle uitgegaan na die Olyfberg.
27
And Jesus saith unto them, All ye shall be offended because of me this night: for it is written, I will smite the shepherd, and the sheep shall be scattered.
En Jesus het tot hulle gesê, Julle sal almal aan My gestuit word in hierdie nag: want daar is geskrywe, Ek sal die herder slaan, en die skape sal verstrooi word.
28
But after that I am risen, I will go before you into Galilee.
Maar nadat ek opgewek is, sal ek voor julle uitgaan na Galilea.
29
But Peter said unto him, Although all shall be offended, yet [will] not I.
Maar Petrus het tot Hom gesê, Alhoewel almal gestuit word, tog sal ek nie.
30
And Jesus saith unto him, Verily I say unto thee, That this day, [even] in this night, before the cock crow twice, thou shalt deny me thrice.
En Jesus het tot hom gesê, Voorwaar sê ek vir jou, Dat hierdie dag, selfs in hierdie nag, voordat die haan twee maal kraai, jy My drie maal sal verloën.
31
But he spake the more vehemently, If I should die with thee, I will not deny thee in any wise. Likewise also said they all.
Maar hy het des te meer gespreek, As ek saam met U moet sterwe, sal ek U geensins verloën nie. Net so het hulle almal ook gesê.
32
And they came to a place which was named Gethsemane: and he saith to his disciples, Sit ye here, while I shall pray.
En hulle het by ’n plek gekom wat Getsémané genoem is: en Hy sê tot sy dissipels, Sit hier, terwyl ek bid.
33
And he taketh with him Peter and James and John, and began to be sore amazed, and to be very heavy;
En Hy neem met Hom Petrus en Jakobus en Johannes, en begin om baie beangs te wees, en om swaar te word;
34
And saith unto them, My soul is exceeding sorrowful unto death: tarry ye here, and watch.
En sê tot hulle, My siel is uitermate bedroef tot die dood toe: bly hier, en waak.
35
And he went forward a little, and fell on the ground, and prayed that, if it were possible, the hour might pass from him.
En Hy het ‚'n bietjie verder gegaan, en op die grond geval, en gebid dat, as dit moontlik was, die uur by Hom mag verbygaan.
36
And he said, Abba, Father, all things [are] possible unto thee; take away this cup from me: nevertheless not what I will, but what thou wilt.
En Hy het gesê, Abba, Vader, alle dinge is moontlik by U; neem hierdie beker van My weg: nietemin nie wat ek wil nie, maar wat U wil.
37
And he cometh, and findeth them sleeping, and saith unto Peter, Simon, sleepest thou? couldest not thou watch one hour?
En Hy kom, en vind hulle slapende, en sê tot Petrus, Simon, slaap jy? kon jy nie een uur waak nie?
38
Watch ye and pray, lest ye enter into temptation. The spirit truly [is] ready, but the flesh [is] weak.
Waak julle en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees waarlik is gewillig, maar die vlees is swak.
39
And again he went away, and prayed, and spake the same words.
En weer het Hy weggegaan, en gebid, en dieselfde woorde gesê.
40
And when he returned, he found them asleep again, (for their eyes were heavy,) neither wist they what to answer him.
En toe Hy teruggekeer het, het Hy hulle weer slapende gevind, (want hulle oë was swaar,) en hulle het nie geweet wat om Hom te antwoord nie.
41
And he cometh the third time, and saith unto them, Sleep on now, and take [your] rest: it is enough, the hour is come; behold, the Son of man is betrayed into the hands of sinners.
En Hy kom die derde maal, en sê tot hulle, Slaap nou, en rus: dit is genoeg, die uur is gekom; kyk, die Seun van die mens word in die hande van sondaars oorgelewer.
42
Rise up, let us go; lo, he that betrayeth me is at hand.
Staan op, laat ons gaan; kyk, hy wat My verraai is naby.
43
And immediately, while he yet spake, cometh Judas, one of the twelve, and with him a great multitude with swords and staves, from the chief priests and the scribes and the elders.
En dadelik, terwyl Hy nog gespreek het, kom Judas, een van die twaalf, en met hom ‚'n groot skare met swaarde en stokke, van die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die ouderlinge.
44
And he that betrayed him had given them a token, saying, Whomsoever I shall kiss, that same is he; take him, and lead [him] away safely.
En hy wat Hom verraai het, het hulle ’n teken gegee, sê, Wie ek ook al soen, dieselfde is Hy; gryp Hom, en lei Hom veilig weg.
45
And as soon as he was come, he goeth straightway to him, and saith, Master, master; and kissed him.
En so gou as hy gekom het, het hy dadelik by Hom gegaan, en sê, Meester, meester; en Hom gesoen.
46
And they laid their hands on him, and took him.
En hulle het hulle hande op Hom gelê, en Hom gegryp.
47
And one of them that stood by drew a sword, and smote a servant of the high priest, and cut off his ear.
En een van dié wat daar gestaan het, het die swaard getrek, en die dienaar van die hoëpriester geslaan, en sy oor afgekap.
48
And Jesus answered and said unto them, Are ye come out, as against a thief, with swords and [with] staves to take me?
En Jesus het geantwoord en tot hulle gesê, Is julle uitgekom soos teen ’n rower, met swaarde en met stokke om My te gryp?
49
I was daily with you in the temple teaching, and ye took me not: but the scriptures must be fulfilled.
Ek was daagliks by julle in die tempel, en het geleer, en julle het My nie gegryp nie: maar die Skrifte moet vervul word.
50
And they all forsook him, and fled.
En hulle het Hom almal verlaat, en gevlug.
51
And there followed him a certain young man, having a linen cloth cast about [his] naked [body]; and the young men laid hold on him:
En daar het ‚'n sekere jongman Hom gevolg, wat ‚'n linne doek om sy naakte liggaam gehad het; en die jongmanne het hom gegryp:
52
And he left the linen cloth, and fled from them naked.
En hy het die linne doek agtergelaat, en van hulle naak weggevlug.
53
And they led Jesus away to the high priest: and with him were assembled all the chief priests and the elders and the scribes.
En hulle het Jesus weggelei na die hoëpriester: en met hom is al die owerpriesters en die ouderlinge en die skrifgeleerdes bymekaar.
54
And Peter followed him afar off, even into the palace of the high priest: and he sat with the servants, and warmed himself at the fire.
En Petrus het Hom van ver af gevolg, selfs in die paleis van die hoëpriester: en hy het by die dienaars gesit, en homself by die vuur warm gemaak.
55
And the chief priests and all the council sought for witness against Jesus to put him to death; and found none.
En die owerpriesters en die hele raad het getuienis teen Jesus gesoek om Hom dood te maak; en het geen gevind nie.
56
For many bare false witness against him, but their witness agreed not together.
Want baie het valse getuienis teen Hom gegee, maar hulle getuienis het nie ooreengestem nie.
57
And there arose certain, and bare false witness against him, saying,
En daar het sekere opgestaan, en valse getuienis teen Hom gegee, sê,
58
We heard him say, I will destroy this temple that is made with hands, and within three days I will build another made without hands.
Ons het Hom hoor sê, Ek sal hierdie tempel wat met hande gemaak is, afbreek, en binne drie dae sal ek ’n ander bou, sonder hande.
59
But neither so did their witness agree together.
Maar selfs so het hulle getuienis nie ooreengestem nie.
60
And the high priest stood up in the midst, and asked Jesus, saying, Answerest thou nothing? what [is it which] these witness against thee?
En die hoëpriester het in die midde opgestaan, en Jesus gevra, sê, Antwoord U niks? wat is dit wat hierdie teen U getuig?
61
But he held his peace, and answered nothing. Again the high priest asked him, and said unto him, Art thou the Christ, the Son of the Blessed?
Maar Hy het stilgebly, en niks geantwoord nie. Weer het die hoëpriester Hom gevra, en tot Hom gesê, Is U die Christus, die Seun van die Geseënde?
62
And Jesus said, I am: and ye shall see the Son of man sitting on the right hand of power, and coming in the clouds of heaven.
En Jesus het gesê, Ek is: en julle sal die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van krag, en kom in die wolke van die hemel.
63
Then the high priest rent his clothes, and saith, What need we any further witnesses?
Toe het die hoëpriester sy klere geskeur, en gesê, Wat het ons nog getuies nodig?
64
Ye have heard the blasphemy: what think ye? And they all condemned him to be guilty of death.
Julle het die lastering gehoor: wat dink julle? En hulle het Hom almal veroordeel om die dood skuldig te wees.
65
And some began to spit on him, and to cover his face, and to buffet him, and to say unto him, Prophesy: and the servants did strike him with the palms of their hands.
En sommige het begin om op Hom te spuug, en om sy aangesig te bedek, en om Hom te slaan, en tot Hom te sê, Profeteer: en die dienaars het Hom met die handpalms geslaan.
66
And as Peter was beneath in the palace, there cometh one of the maids of the high priest:
En soos Petrus onder in die paleis was, kom een van die diensmeisies van die hoëpriester:
67
And when she saw Peter warming himself, she looked upon him, and said, And thou also wast with Jesus of Nazareth.
En toe sy Petrus sien homself warm maak, het sy na hom gekyk, en gesê, En jy was ook by Jesus van Nasaret.
68
But he denied, saying, I know not, neither understand I what thou sayest. And he went out into the porch; and the cock crew.
Maar hy het ontken, sê, Ek weet nie, en verstaan ook nie wat jy sê nie. En hy het uitgegaan in die voorportaal; en die haan het gekraai.
69
And a maid saw him again, and began to say to them that stood by, This is [one] of them.
En ’n diensmeisie het hom weer gesien, en begin om tot dié te sê wat daar gestaan het, Dit is een van hulle.
70
And he denied it again. And a little after, they that stood by said again to Peter, Surely thou art [one] of them: for thou art a Galilaean, and thy speech agreeth [thereto].
En hy het dit weer ontken. En ’n bietjie daarna het dié wat daar gestaan het, weer tot Petrus gesê, Sekerlik is jy een van hulle: want jy is ’n Galileër, en jou spraak stem ooreen.
71
But he began to curse and to swear, [saying], I know not this man of whom ye speak.
Maar hy het begin om te vloek en te sweer, sê, Ek ken nie hierdie man van wie julle spreek nie.
72
And the second time the cock crew. And Peter called to mind the word that Jesus said unto him, Before the cock crow twice, thou shalt deny me thrice. And when he thought thereon, he wept.
En die tweede maal het die haan gekraai. En Petrus het die woord onthou wat Jesus tot hom gesê het, Voordat die haan twee maal kraai, sal jy My drie maal verloën. En toe hy daaraan gedink het, het hy gehuil.