King James Version
AFR DVK
1
And the LORD spake unto Moses, saying,
En die HERE het tot Moses gespreek, en gesê,
2
Speak unto the children of Israel, and say unto them, [Concerning] the feasts of the LORD, which ye shall proclaim [to be] holy convocations, [even] these [are] my feasts.
Spreek tot die kinders van Israel, en sê tot hulle, Aangaande die feeste van die HERE, wat julle moet uitroep om heilige samekomste te wees, selfs hierdie is my feeste.
3
Six days shall work be done: but the seventh day [is] the sabbath of rest, an holy convocation; ye shall do no work [therein]: it [is] the sabbath of the LORD in all your dwellings.
Ses dae moet werk gedoen word: maar die sewende dag is die sabbat van rus, ’n heilige samekoms; julle mag geen werk daarin doen nie: dit is die sabbat van die HERE in al julle wonings.
4
These [are] the feasts of the LORD, [even] holy convocations, which ye shall proclaim in their seasons.
Dit is die feeste van die HERE, selfs heilige samekomste, wat julle moet uitroep in hulle seisoene.
5
In the fourteenth [day] of the first month at even [is] the LORD’S passover.
In die veertiende dag van die eerste maand teen die aand is die HERE se pasga.
6
And on the fifteenth day of the same month [is] the feast of unleavened bread unto the LORD: seven days ye must eat unleavened bread.
En op die vyftiende dag van dieselfde maand is die fees van die ongesuurde brode aan die HERE: sewe dae moet julle ongesuurde brood eet.
7
In the first day ye shall have an holy convocation: ye shall do no servile work therein.
Op die eerste dag moet julle ’n heilige samekoms hê: julle mag geen dienswerk daarin doen nie.
8
But ye shall offer an offering made by fire unto the LORD seven days: in the seventh day [is] an holy convocation: ye shall do no servile work [therein].
Maar julle moet ’n vuuroffer aan die HERE sewe dae lank offer: op die sewende dag is ’n heilige samekoms: julle mag geen dienswerk daarin doen nie.
9
And the LORD spake unto Moses, saying,
En die HERE het tot Moses gespreek, en gesê,
10
Speak unto the children of Israel, and say unto them, When ye be come into the land which I give unto you, and shall reap the harvest thereof, then ye shall bring a sheaf of the firstfruits of your harvest unto the priest:
Spreek tot die kinders van Israel, en sê tot hulle, Wanneer julle in die land kom wat ek julle gee, en die oes daarvan insamel, dan moet julle ’n gerf van die eerstelinge van julle oes by die priester bring:
11
And he shall wave the sheaf before the LORD, to be accepted for you: on the morrow after the sabbath the priest shall wave it.
En hy moet die gerf voor die HERE heen en weer beweeg, om vir julle aangeneem te word: op die dag na die sabbat moet die priester dit heen en weer beweeg.
12
And ye shall offer that day when ye wave the sheaf an he lamb without blemish of the first year for a burnt offering unto the LORD.
En julle moet op daardie dag wanneer julle die gerf heen en weer beweeg, ’n lam sonder gebrek van die eerste jaar offer tot ’n brandoffer aan die HERE.
13
And the meat offering thereof [shall be] two tenth deals of fine flour mingled with oil, an offering made by fire unto the LORD [for] a sweet savour: and the drink offering thereof [shall be] of wine, the fourth [part] of an hin.
En die spysoffer daarvan moet twee tiendes fyn meel wees, gemeng met olie, ’n vuuroffer aan die HERE tot ’n soete geur: en die drankoffer daarvan moet van wyn wees, die vierde deel van ’n hin.
14
And ye shall eat neither bread, nor parched corn, nor green ears, until the selfsame day that ye have brought an offering unto your God: [it shall be] a statute for ever throughout your generations in all your dwellings.
En julle mag geen brood, of geroosterde koring, of groen are eet, totdat dieselfde dag dat julle ’n offer aan julle God gebring het nie: dit moet ’n ewige insetting wees deur julle geslagte in al julle wonings.
15
And ye shall count unto you from the morrow after the sabbath, from the day that ye brought the sheaf of the wave offering; seven sabbaths shall be complete:
En julle moet vir julle tel van die dag na die sabbat, van die dag af dat julle die gerf van die beweegoffer gebring het; sewe sabatte moet volledig wees:
16
Even unto the morrow after the seventh sabbath shall ye number fifty days; and ye shall offer a new meat offering unto the LORD.
Selfs tot die dag na die sewende sabbat moet julle vyftig dae tel; en julle moet ’n nuwe spysoffer aan die HERE offer.
17
Ye shall bring out of your habitations two wave loaves of two tenth deals: they shall be of fine flour; they shall be baken with leaven; [they are] the firstfruits unto the LORD.
Julle moet uit julle wonings twee beweegbrode bring van twee tiendes: hulle moet van fyn meel wees; hulle moet met suurdeeg gebak word; dit is die eerstelinge aan die HERE.
18
And ye shall offer with the bread seven lambs without blemish of the first year, and one young bullock, and two rams: they shall be [for] a burnt offering unto the LORD, with their meat offering, and their drink offerings, [even] an offering made by fire, of sweet savour unto the LORD.
En julle moet saam met die brood sewe lammers sonder gebrek van die eerste jaar, en een jong bul, en twee ramme offer: hulle moet tot ’n brandoffer aan die HERE wees, met hulle spysoffer, en hulle drankoffers, selfs ’n vuuroffer van soete geur aan die HERE.
19
Then ye shall sacrifice one kid of the goats for a sin offering, and two lambs of the first year for a sacrifice of peace offerings.
Dan moet julle een bokram offer tot ’n sondoffer, en twee lammers van die eerste jaar tot ’n offer van dankoffers.
20
And the priest shall wave them with the bread of the firstfruits [for] a wave offering before the LORD, with the two lambs: they shall be holy to the LORD for the priest.
En die priester moet hulle saam met die brood van die eerstelinge heen en weer beweeg tot ’n beweegoffer voor die HERE, saam met die twee lammers: hulle moet heilig wees aan die HERE vir die priester.
21
And ye shall proclaim on the selfsame day, [that] it may be an holy convocation unto you: ye shall do no servile work [therein: it shall be] a statute for ever in all your dwellings throughout your generations.
En julle moet op dieselfde dag uitroep, dat dit vir julle ’n heilige samekoms mag wees: julle mag geen dienswerk daarin doen nie: dit moet ’n ewige insetting wees in al julle wonings deur julle geslagte.
22
And when ye reap the harvest of your land, thou shalt not make clean riddance of the corners of thy field when thou reapest, neither shalt thou gather any gleaning of thy harvest: thou shalt leave them unto the poor, and to the stranger: I [am] the LORD your God.
En wanneer julle die oes van julle land insamel, moet julle die uithoeke van jou veld nie heeltemal afoes wanneer jy die oes insamel nie, en jy mag die nale van jou oes nie bymekaar maak nie: jy moet hulle vir die armes, en vir die vreemdeling laat: ek is die HERE julle God.
23
And the LORD spake unto Moses, saying,
En die HERE het tot Moses gespreek, en gesê,
24
Speak unto the children of Israel, saying, In the seventh month, in the first [day] of the month, shall ye have a sabbath, a memorial of blowing of trumpets, an holy convocation.
Spreek tot die kinders van Israel, en sê, In die sewende maand, op die eerste dag van die maand, moet julle ’n sabbat hê, ’n gedenkdag van basuingeklank, ’n heilige samekoms.
25
Ye shall do no servile work [therein]: but ye shall offer an offering made by fire unto the LORD.
Julle mag geen dienswerk daarin doen nie: maar julle moet ’n vuuroffer aan die HERE offer.
26
And the LORD spake unto Moses, saying,
En die HERE het tot Moses gespreek, en gesê,
27
Also on the tenth [day] of this seventh month [there shall be] a day of atonement: it shall be an holy convocation unto you; and ye shall afflict your souls, and offer an offering made by fire unto the LORD.
Ook op die tiende dag van hierdie sewende maand moet daar ’n versoendag wees: dit moet vir julle ’n heilige samekoms wees; en julle moet julle siele verootmoedig, en ’n vuuroffer aan die HERE offer.
28
And ye shall do no work in that same day: for it [is] a day of atonement, to make an atonement for you before the LORD your God.
En julle mag geen werk op daardie selfde dag doen nie: want dit is ’n versoendag, om versoening vir julle te maak voor die HERE julle God.
29
For whatsoever soul [it be] that shall not be afflicted in that same day, he shall be cut off from among his people.
Want enige siel wat nie op daardie selfde dag verootmoedig is nie, moet van sy volk afgesny word.
30
And whatsoever soul [it be] that doeth any work in that same day, the same soul will I destroy from among his people.
En enige siel wat enige werk op daardie selfde dag doen, daardie selfde siel sal ek uit sy volk vernietig.
31
Ye shall do no manner of work: [it shall be] a statute for ever throughout your generations in all your dwellings.
Julle mag geen werk daarin doen nie: dit moet ’n ewige insetting wees deur julle geslagte in al julle wonings.
32
It [shall be] unto you a sabbath of rest, and ye shall afflict your souls: in the ninth [day] of the month at even, from even unto even, shall ye celebrate your sabbath.
Dit moet vir julle ’n sabbat van rus wees, en julle moet julle siele verootmoedig: op die negende dag van die maand in die aand, van aand tot aand, moet julle julle sabbat vier.
33
And the LORD spake unto Moses, saying,
En die HERE het tot Moses gespreek, en gesê,
34
Speak unto the children of Israel, saying, The fifteenth day of this seventh month [shall be] the feast of tabernacles [for] seven days unto the LORD.
Spreek tot die kinders van Israel, en sê, Die vyftiende dag van hierdie sewende maand moet die fees van die hutte wees sewe dae lank aan die HERE.
35
On the first day [shall be] an holy convocation: ye shall do no servile work [therein].
Op die eerste dag moet daar ’n heilige samekoms wees: julle mag geen dienswerk daarin doen nie.
36
Seven days ye shall offer an offering made by fire unto the LORD: on the eighth day shall be an holy convocation unto you; and ye shall offer an offering made by fire unto the LORD: it [is] a solemn assembly; [and] ye shall do no servile work [therein].
Sewe dae moet julle ’n vuuroffer aan die HERE offer: op die agtste dag moet daar ’n heilige samekoms vir julle wees; en julle moet ’n vuuroffer aan die HERE offer: dit is ’n heilige samekoms; en julle mag geen dienswerk daarin doen nie.
37
These [are] the feasts of the LORD, which ye shall proclaim [to be] holy convocations, to offer an offering made by fire unto the LORD, a burnt offering, and a meat offering, a sacrifice, and drink offerings, every thing upon his day:
Dit is die feeste van die HERE, wat julle moet uitroep om heilige samekomste te wees, om ’n vuuroffer aan die HERE te offer, ’n brandoffer, en ’n spysoffer, ’n slagoffer, en drankoffers, elke ding op sy dag:
38
Beside the sabbaths of the LORD, and beside your gifts, and beside all your vows, and beside all your freewill offerings, which ye give unto the LORD.
Benewens die sabatte van die HERE, en benewens julle gawes, en benewens al julle geloftes, en benewens al julle vrywillige offers, wat julle aan die HERE gee.
39
Also in the fifteenth day of the seventh month, when ye have gathered in the fruit of the land, ye shall keep a feast unto the LORD seven days: on the first day [shall be] a sabbath, and on the eighth day [shall be] a sabbath.
Ook op die vyftiende dag van die sewende maand, wanneer julle die vrug van die land ingesamel het, moet julle ’n fees van die HERE sewe dae lank hou: op die eerste dag moet daar ’n sabbat wees, en op die agtste dag moet daar ’n sabbat wees.
40
And ye shall take you on the first day the boughs of goodly trees, branches of palm trees, and the boughs of thick trees, and willows of the brook; and ye shall rejoice before the LORD your God seven days.
En julle moet op die eerste dag die vrug van goeie bome neem, takke van palmbome, en die takke van digte bome, en wilgerbome van die stroom; en julle moet sewe dae lank voor die HERE julle God vrolik wees.
41
And ye shall keep it a feast unto the LORD seven days in the year. [It shall be] a statute for ever in your generations: ye shall celebrate it in the seventh month.
En julle moet dit as ’n fees aan die HERE sewe dae lank in die jaar vier. Dit moet ’n ewige insetting wees in julle geslagte: julle moet dit in die sewende maand vier.
42
Ye shall dwell in booths seven days; all that are Israelites born shall dwell in booths:
Julle moet sewe dae lank in hutte woon; almal wat in Israel gebore is, moet in hutte woon:
43
That your generations may know that I made the children of Israel to dwell in booths, when I brought them out of the land of Egypt: I [am] the LORD your God.
Dat julle geslagte mag weet dat ek die kinders van Israel in hutte laat woon het, toe ek hulle uit die land Egipte uitgelei het: ek is die HERE julle God.
44
And Moses declared unto the children of Israel the feasts of the LORD.
En Moses het die feeste van die HERE aan die kinders van Israel verkondig.