King James Version
AFR DVK
1
And it came to pass, when all the people were clean passed over Jordan, that the LORD spake unto Joshua, saying,
En dit het gebeur, toe die hele volk klaar was om oor die Jordaan te trek, dat die HERE tot Josua gespreek het, en gesê,
2
Take you twelve men out of the people, out of every tribe a man,
Neem vir julle twaalf manne uit die volk, uit elke stam een man,
3
And command ye them, saying, Take you hence out of the midst of Jordan, out of the place where the priests’ feet stood firm, twelve stones, and ye shall carry them over with you, and leave them in the lodging place, where ye shall lodge this night.
En beveel hulle, en sê, Neem hier vir julle uit die midde van die Jordaan, uit die plek waar die priesters se voete vas gestaan het, twaalf klippe, en dra hulle met julle oor, en sit hulle neer in die plek waar julle vannag sal vernag.
4
Then Joshua called the twelve men, whom he had prepared of the children of Israel, out of every tribe a man:
Toe het Josua die twaalf manne geroep, wat hy uit die kinders van Israel berei het, uit elke stam een man:
5
And Joshua said unto them, Pass over before the ark of the LORD your God into the midst of Jordan, and take ye up every man of you a stone upon his shoulder, according unto the number of the tribes of the children of Israel:
En Josua het tot hulle gesê, Gaan oor voor die ark van die HERE julle God in die midde van die Jordaan, en neem elkeen van julle ’n klip op sy skouer, volgens die getal van die stamme van die kinders van Israel:
6
That this may be a sign among you, [that] when your children ask [their fathers] in time to come, saying, What [mean] ye by these stones?
Dat dit ’n teken onder julle mag wees, wanneer julle kinders in die toekomende tyd vra, en sê, Wat beteken hierdie klippe vir julle?
7
Then ye shall answer them, That the waters of Jordan were cut off before the ark of the covenant of the LORD; when it passed over Jordan, the waters of Jordan were cut off: and these stones shall be for a memorial unto the children of Israel for ever.
Dan moet julle hulle antwoord, Die waters van die Jordaan is afgesny voor die ark van die verbond van die HERE; toe dit deur die Jordaan gegaan het, is die waters van die Jordaan afgesny: en hierdie klippe moet tot ‚'n gedenkteken wees vir die kinders van Israel vir ewig.
8
And the children of Israel did so as Joshua commanded, and took up twelve stones out of the midst of Jordan, as the LORD spake unto Joshua, according to the number of the tribes of the children of Israel, and carried them over with them unto the place where they lodged, and laid them down there.
En die kinders van Israel het so gedoen soos Josua beveel het, en twaalf klippe uit die midde van die Jordaan geneem, soos die HERE tot Josua gespreek het, volgens die getal van die stamme van die kinders van Israel, en hulle met hulle oor na die plek van vernagting gedra, en hulle daar neergesit.
9
And Joshua set up twelve stones in the midst of Jordan, in the place where the feet of the priests which bare the ark of the covenant stood: and they are there unto this day.
En Josua het twaalf klippe in die midde van die Jordaan opgerig, in die plek waar die voete van die priesters wat die ark van die verbond gedra het, gestaan het: en hulle is daar tot vandag toe.
10
For the priests which bare the ark stood in the midst of Jordan, until every thing was finished that the LORD commanded Joshua to speak unto the people, according to all that Moses commanded Joshua: and the people hasted and passed over.
Want die priesters wat die ark gedra het, het in die midde van die Jordaan gestaan, totdat alles voleindig was wat die HERE Josua beveel het om tot die volk te spreek, volgens alles wat Moses Josua beveel het: en die volk het haastig oorgegaan.
11
And it came to pass, when all the people were clean passed over, that the ark of the LORD passed over, and the priests, in the presence of the people.
En dit het gebeur, toe die hele volk klaar was om oor te gaan, dat die ark van die HERE oorgegaan het, en die priesters, voor die aangesig van die volk.
12
And the children of Reuben, and the children of Gad, and half the tribe of Manasseh, passed over armed before the children of Israel, as Moses spake unto them:
En die kinders van Ruben, en die kinders van Gad, en die halfstam van Manasse, het gewapen voor die kinders van Israel oorgegaan, soos Moses tot hulle gespreek het:
13
About forty thousand prepared for war passed over before the LORD unto battle, to the plains of Jericho.
Omtrent veertig duisend gereed tot die oorlog het voor die HERE oorgegaan tot die geveg, na die vlaktes van Jérigo.
14
On that day the LORD magnified Joshua in the sight of all Israel; and they feared him, as they feared Moses, all the days of his life.
Op daardie dag het die HERE Josua groot gemaak in die oë van die hele Israel; en hulle het hom gevrees, soos hulle Moses gevrees het, al die dae van sy lewe.
15
And the LORD spake unto Joshua, saying,
En die HERE het tot Josua gespreek, en gesê,
16
Command the priests that bear the ark of the testimony, that they come up out of Jordan.
Beveel die priesters wat die ark van die getuienis dra, dat hulle uit die Jordaan opkom.
17
Joshua therefore commanded the priests, saying, Come ye up out of Jordan.
Josua het dus die priesters beveel, en gesê, Kom op uit die Jordaan.
18
And it came to pass, when the priests that bare the ark of the covenant of the LORD were come up out of the midst of Jordan, [and] the soles of the priests’ feet were lifted up unto the dry land, that the waters of Jordan returned unto their place, and flowed over all his banks, as [they did] before.
En dit het gebeur, toe die priesters wat die ark van die verbond van die HERE gedra het, uit die midde van die Jordaan opgekom het, en die sools van die priesters se voete op die droë land opgelig is, dat die waters van die Jordaan na hulle plek teruggekeer het, en soos tevore oor al sy walle gestroom het.
19
And the people came up out of Jordan on the tenth [day] of the first month, and encamped in Gilgal, in the east border of Jericho.
En die volk het uit die Jordaan opgekom op die tiende dag van die eerste maand, en kamp opgeslaan in Gilgal, in die oostelike grens van Jérigo.
20
And those twelve stones, which they took out of Jordan, did Joshua pitch in Gilgal.
En daardie twaalf klippe, wat hulle uit die Jordaan geneem het, het Josua in Gilgal opgerig.
21
And he spake unto the children of Israel, saying, When your children shall ask their fathers in time to come, saying, What [mean] these stones?
En hy het tot die kinders van Israel gespreek, en gesê, Wanneer julle kinders in die toekomende tyd hulle vaders vra, en sê, Wat beteken hierdie klippe?
22
Then ye shall let your children know, saying, Israel came over this Jordan on dry land.
Dan moet julle julle kinders laat weet, en sê, Israel het op droë land deur hierdie Jordaan gegaan.
23
For the LORD your God dried up the waters of Jordan from before you, until ye were passed over, as the LORD your God did to the Red sea, which he dried up from before us, until we were gone over:
Want die HERE julle God het die waters van die Jordaan voor julle uitgedroog, totdat julle oorgegaan het, soos die HERE julle God aan die Skelfsee gedoen het, wat Hy voor ons uitgedroog het, totdat ons oorgegaan het:
24
That all the people of the earth might know the hand of the LORD, that it [is] mighty: that ye might fear the LORD your God for ever.
Dat al die volke van die aarde mag weet dat die hand van die HERE magtig is: dat julle die HERE julle God altyd mag vrees.