King James Version
AFR DVK
1
Then Eliphaz the Temanite answered and said,
Toe het Elifas die Temaniet geantwoord, en gesê,
2
[If] we assay to commune with thee, wilt thou be grieved? but who can withhold himself from speaking?
As ons dit waag om met jou te spreek, sal jy bedroef wees? maar wie kan homself van te spreek weerhou?
3
Behold, thou hast instructed many, and thou hast strengthened the weak hands.
Kyk, jy het baie onderrig, en jy het die swakke hande versterk.
4
Thy words have upholden him that was falling, and thou hast strengthened the feeble knees.
Jou woorde het hom opgerig wat geval het, en jy het die knikkende knieë versterk.
5
But now it is come upon thee, and thou faintest; it toucheth thee, and thou art troubled.
Maar nou is dit op jou gekom, en jy is moeg: dit raak jou, en jy is ontsteld.
6
[Is] not [this] thy fear, thy confidence, thy hope, and the uprightness of thy ways?
Is nie jou vrees van God jou vertroue nie? en die opregtheid van jou weë jou hoop nie?
7
Remember, I pray thee, who [ever] perished, being innocent? or where were the righteous cut off?
Onthou tog, wie is daar ooit onskuldig omgekom? of waar is die opregtes afgesny?
8
Even as I have seen, they that plow iniquity, and sow wickedness, reap the same.
Soos ek gesien het, dié wat ongeregtigheid ploeg, en onheil saai, oes dieselfde.
9
By the blast of God they perish, and by the breath of his nostrils are they consumed.
Deur die asem van God vergaan hulle, en deur die asem van sy neus word hulle verteer.
10
The roaring of the lion, and the voice of the fierce lion, and the teeth of the young lions, are broken.
Die brul van die leeu, en die stem van die woeste leeu, en die tande van die jong leeus, is stukkend.
11
The old lion perisheth for lack of prey, and the stout lion’s whelps are scattered abroad.
Die ou leeu vergaan by gebrek aan prooi, en die welpe van die leeuin is verstrooi.
12
Now a thing was secretly brought to me, and mine ear received a little thereof.
Nou is ‚'n ding in die geheim tot my gebring, en my oor het ‚'n bietjie daarvan ontvang.
13
In thoughts from the visions of the night, when deep sleep falleth on men,
In gedagtes uit die visioene van die nag, wanneer diepe slaap op die mense val,
14
Fear came upon me, and trembling, which made all my bones to shake.
Het vrees oor my gekom, en bewing, wat al my beendere laat bewe het.
15
Then a spirit passed before my face; the hair of my flesh stood up:
Toe het ‚'n gees voor my aangesig verbygegaan; die hare van my vlees het regop gestaan:
16
It stood still, but I could not discern the form thereof: an image [was] before mine eyes, [there was] silence, and I heard a voice, [saying],
Dit het stilgestaan, maar ek kon nie die gestalte daarvan herken nie: ’n beeld was voor my oë, daar was stilte, en ek het ’n stem gehoor, sê,
17
Shall mortal man be more just than God? shall a man be more pure than his maker?
Sal die sterflike mens regverdiger as God wees? sal ‚'n man reiniger as sy Maker wees?
18
Behold, he put no trust in his servants; and his angels he charged with folly:
Kyk, Hy stel geen vertroue in sy dienaars nie; en sy engele beskuldig Hy van dwaasheid:
19
How much less [in] them that dwell in houses of clay, whose foundation [is] in the dust, [which] are crushed before the moth?
Hoeveel te meer dié wat in huise van klei woon, wie se fondament is in die stof, wat voor die mot verbrysel word?
20
They are destroyed from morning to evening: they perish for ever without any regarding [it].
Hulle word van die môre tot die aand verbrysel: hulle vergaan vir ewig sonder dat iemand dit ag gee.
21
Doth not their excellency [which is] in them go away? they die, even without wisdom.
Word nie hulle voortreflikheid wat in hulle is, weggeneem nie? hulle sterwe, selfs sonder wysheid.