King James Version
AFR DVK
1
After this opened Job his mouth, and cursed his day.
Ná dit het Job sy mond oopgemaak, en sy dag vervloek.
2
And Job spake, and said,
En Job het gespreek, en gesê,
3
Let the day perish wherein I was born, and the night [in which] it was said, There is a man child conceived.
Laat die dag waarop ek gebore is, vergaan, en die nag waarin gesê is, Daar is ’n mankind ontvang.
4
Let that day be darkness; let not God regard it from above, neither let the light shine upon it.
Laat daardie dag duisternis wees; laat God nie daarop van bo af aandag gee nie, en laat die lig dit nie bestraal nie.
5
Let darkness and the shadow of death stain it; let a cloud dwell upon it; let the blackness of the day terrify it.
Laat duisternis en die skaduwee van die dood dit opeis; laat ‚'n wolk daarop woon; laat die swartheid van die dag dit verskrik.
6
[As for] that night, let darkness seize upon it; let it not be joined unto the days of the year, let it not come into the number of the months.
Wat daardie nag betref, laat duisternis dit gryp; laat dit nie by die dae van die jaar gerek word nie, laat dit nie in die getal van die maande kom nie.
7
Lo, let that night be solitary, let no joyful voice come therein.
Kyk, laat daardie nag eensaam wees, laat geen vreugdevolle stem daarin kom nie.
8
Let them curse it that curse the day, who are ready to raise up their mourning.
Laat hulle dit vervloek wat die dag vervloek, wat vaardig is om die Leviátan op te wek.
9
Let the stars of the twilight thereof be dark; let it look for light, but [have] none; neither let it see the dawning of the day:
Laat die sterre van sy skemering duister wees; laat dit op die lig wag, maar geen hê nie; en laat dit nie die ooglede van die môre sien nie:
10
Because it shut not up the doors of my [mother’s] womb, nor hid sorrow from mine eyes.
Omdat dit die deure van my moeder se skoot nie toegesluit het nie, en nie die smart van my oë verberg het nie.
11
Why died I not from the womb? [why] did I [not] give up the ghost when I came out of the belly?
Waarom is ek nie van die baarmoeder af gesterwe nie? waarom het ek nie uitgegaan uit die skoot, en die asem uitgeblaas nie?
12
Why did the knees prevent me? or why the breasts that I should suck?
Waarom het die knieë my ontvang? of waarom die borste, dat ek sou suig?
13
For now should I have lain still and been quiet, I should have slept: then had I been at rest,
Want nou sou ek stilgelê het en gerus, ek sou geslaap het: dan sou ek stil gewees het,
14
With kings and counsellers of the earth, which built desolate places for themselves;
Met konings en raadgewers van die aarde, wat verwoeste plekke vir hulleself gebou het;
15
Or with princes that had gold, who filled their houses with silver:
Of met vorstes wat goud gehad het, wat hulle huise met silwer gevul het:
16
Or as an hidden untimely birth I had not been; as infants [which] never saw light.
Of soos ‚'n verborge misgeboorte het ek nie bestaan nie; soos kinders wat nooit die lig gesien het nie.
17
There the wicked cease [from] troubling; and there the weary be at rest.
Daar hou die goddelose op met verontrusting; en daar rus die wat moeg is van krag.
18
[There] the prisoners rest together; they hear not the voice of the oppressor.
Daar is die gevangenes saam in rus; hulle hoor nie die stem van die drywer nie.
19
The small and great are there; and the servant [is] free from his master.
Die klein en groot is daar; en die dienskneg is vry van sy meester.
20
Wherefore is light given to him that is in misery, and life unto the bitter [in] soul;
Waarom word lig gegee aan hom wat in ellende is, en lewe aan die bitter van siel;
21
Which long for death, but it [cometh] not; and dig for it more than for hid treasures;
Wat smag na die dood, maar dit kom nie; en dit grawe meer as na verborge skatte;
22
Which rejoice exceedingly, [and] are glad, when they can find the grave?
Wat bly is tot groot vreugde, en juig, wanneer hulle die graf kan vind?
23
[Why is light given] to a man whose way is hid, and whom God hath hedged in?
Waarom word lig gegee aan ‚'n man wie se weg verborge is, en wat God omhein het?
24
For my sighing cometh before I eat, and my roarings are poured out like the waters.
Want my sugte kom voor ek eet, en my krete word soos water uitgestort.
25
For the thing which I greatly feared is come upon me, and that which I was afraid of is come unto me.
Want die ding wat ek gevrees het, het oor my gekom, en dit wat ek bang voor was, het my oorgekom.
26
I was not in safety, neither had I rest, neither was I quiet; yet trouble came.
Ek was nie in veiligheid nie, en ek het nie gerus nie, en ek was nie stil nie; tog het benoudheid gekom.