King James Version
AFR DVK
1
Then Job answered and said,
Toe het Job geantwoord, en gesê,
2
I have heard many such things: miserable comforters [are] ye all.
Ek het baie sulke dinge gehoor: ellendige vertroosters is julle almal.
3
Shall vain words have an end? or what emboldeneth thee that thou answerest?
Sal ydele woorde ’n einde hê? of wat maak jou dapper, dat jy antwoord?
4
I also could speak as ye [do]: if your soul were in my soul’s stead, I could heap up words against you, and shake mine head at you.
Ek sou ook soos julle kon spreek, as julle siel in my siel se plek was: ek sou woorde teen julle bymekaarmaak, en my hoof teen julle skud.
5
[But] I would strengthen you with my mouth, and the moving of my lips should asswage [your grief].
Maar ek sou julle versterk met my mond, en die beweging van my lippe sou julle smart verlig.
6
Though I speak, my grief is not asswaged: and [though] I forbear, what am I eased?
Al spreek ek, my smart word nie verlig nie: en al hou ek op, watter verligting het ek?
7
But now he hath made me weary: thou hast made desolate all my company.
Maar nou het Hy my moeg gemaak: U het al my geselskap verwoes.
8
And thou hast filled me with wrinkles, [which] is a witness [against me]: and my leanness rising up in me beareth witness to my face.
En U het my vol rimpels gemaak, wat ‚'n getuie is teen my: en my maerheid staan teen my op, en getuig in my aangesig.
9
He teareth [me] in his wrath, who hateth me: he gnasheth upon me with his teeth; mine enemy sharpeneth his eyes upon me.
Hy het my in sy toorn verskeur, en my gehaat; Hy het teen my met sy tande gekners: my vyand kyk skerp na my met sy oë.
10
They have gaped upon me with their mouth; they have smitten me upon the cheek reproachfully; they have gathered themselves together against me.
Hulle het hulle mond teen my oopgespalk; hulle het my smaadlik op die wang geslaan; hulle het hulleself teen my bymekaargemaak.
11
God hath delivered me to the ungodly, and turned me over into the hands of the wicked.
God het my aan die onregverdige oorgegee, en my in die hande van die goddelose laat val.
12
I was at ease, but he hath broken me asunder: he hath also taken [me] by my neck, and shaken me to pieces, and set me up for his mark.
Ek was in rus, maar Hy het my stukkend gemaak: Hy het my ook by die nek geneem, en my verbrysel, en my as sy teiken gestel.
13
His archers compass me round about, he cleaveth my reins asunder, and doth not spare; he poureth out my gall upon the ground.
Sy boogskutters omsingel my; Hy kloof my niere, en spaar nie; Hy stort my gal op die grond uit.
14
He breaketh me with breach upon breach, he runneth upon me like a giant.
Hy breek my met bres op bres, Hy hardloop op my soos ‚'n reus.
15
I have sewed sackcloth upon my skin, and defiled my horn in the dust.
Ek het rouklere oor my vel aangetrek, en my horing in die stof verlaag.
16
My face is foul with weeping, and on my eyelids [is] the shadow of death;
My aangesig is vuil van geween, en op my ooglede is die skaduwee van die dood;
17
Not for [any] injustice in mine hands: also my prayer [is] pure.
Nie vir enige ongeregtigheid in my hande nie: ook is my gebed rein.
18
O earth, cover not thou my blood, and let my cry have no place.
O aarde, bedek nie my bloed nie, en laat daar geen plek wees vir my geroep nie.
19
Also now, behold, my witness [is] in heaven, and my record [is] on high.
Ook nou, kyk, my Getuie is in die hemel, en my rekord is in die hoogte.
20
My friends scorn me: [but] mine eye poureth out [tears] unto God.
My vriende bespot my: maar my oog stort trane uit tot God.
21
O that one might plead for a man with God, as a man [pleadeth] for his neighbour!
Ag, dat ‚'n mens by God sou pleit, soos ‚'n man by sy naaste!
22
When a few years are come, then I shall go the way [whence] I shall not return.
Wanneer ‚'n paar jare gekom het, dan sal ek die pad gaan vanwaar ek nie sal terugkeer nie.