← Jeremia 19 Jeremia — Jeremiah 20 Jeremia 21 →
King James Version
AFR DVK
1
Now Pashur the son of Immer the priest, who [was] also chief governor in the house of the LORD, heard that Jeremiah prophesied these things.
Nou het Pashur die seun van Immer die priester, wat ook hoofopsigter in die huis van die HERE was, Jeremia gehoor wat hierdie dinge geprofeteer het.
2
Then Pashur smote Jeremiah the prophet, and put him in the stocks that [were] in the high gate of Benjamin, which [was] by the house of the LORD.
Toe het Pashur Jeremia die profeet geslaan, en hom in die stokke gesit wat in die boonste poort van Benjamin was, wat by die huis van die HERE is.
3
And it came to pass on the morrow, that Pashur brought forth Jeremiah out of the stocks. Then said Jeremiah unto him, The LORD hath not called thy name Pashur, but Magormissabib.
En dit het gebeur die volgende dag, dat Pashur Jeremia uit die stokke uitgebring het. Toe het Jeremia tot hom gesê, Die HERE het jou naam nie Pashur genoem nie, maar Magor-Missabib.
4
For thus saith the LORD, Behold, I will make thee a terror to thyself, and to all thy friends: and they shall fall by the sword of their enemies, and thine eyes shall behold [it]: and I will give all Judah into the hand of the king of Babylon, and he shall carry them captive into Babylon, and shall slay them with the sword.
Want so sê die HERE, Kyk, ek sal jou ’n verskrikking maak vir jouself, en vir al jou vriende: en hulle sal val deur die swaard van hulle vyande, en jou oë sal dit sien: en ek sal die hele Juda in die hand van die koning van Babel oorgee, en hy sal hulle wegvoer na Babel, en sal hulle met die swaard doodslaan.
5
Moreover I will deliver all the strength of this city, and all the labours thereof, and all the precious things thereof, and all the treasures of the kings of Judah will I give into the hand of their enemies, which shall spoil them, and take them, and carry them to Babylon.
Bowendien sal ek al die sterkte van hierdie stad, en al die arbeid daarvan, en al die kosbare dinge daarvan, en al die skatte van die konings van Juda sal ek in die hand van hulle vyande oorgee, wat hulle sal plunder, en hulle neem, en hulle na Babel wegvoer.
6
And thou, Pashur, and all that dwell in thine house shall go into captivity: and thou shalt come to Babylon, and there thou shalt die, and shalt be buried there, thou, and all thy friends, to whom thou hast prophesied lies.
En jy, Pashur, en almal wat in jou huis woon, sal in gevangenisskap gaan: en jy sal na Babel kom, en daar sal jy sterwe, en daar begrawe word, jy, en al jou vriende, aan wie jy leuens geprofeteer het.
7
O LORD, thou hast deceived me, and I was deceived: thou art stronger than I, and hast prevailed: I am in derision daily, every one mocketh me.
O HERE, U het my oortuig, en ek is oortuig: U is sterker as ek, en het seëvier: ek is die hele dag ’n bespotting, elkeen spot met my.
8
For since I spake, I cried out, I cried violence and spoil; because the word of the LORD was made a reproach unto me, and a derision, daily.
Want sedert ek gespreek het, het ek uitgeroep, ek het geweld en roof uitgeroep; omdat die woord van die HERE vir my ‚'n smaad en ‚'n bespotting die hele dag was.
9
Then I said, I will not make mention of him, nor speak any more in his name. But [his word] was in mine heart as a burning fire shut up in my bones, and I was weary with forbearing, and I could not [stay].
Toe het ek gesê, Ek sal Hom nie noem nie, en ook nie meer in sy Naam spreek nie. Maar sy woord was in my hart soos ’n brandende vuur wat in my bene toegesluit is, en ek was moeg van die inhou, en ek kon nie.
10
For I heard the defaming of many, fear on every side. Report, [say they], and we will report it. All my familiars watched for my halting, [saying], Peradventure he will be enticed, and we shall prevail against him, and we shall take our revenge on him.
Want ek het die lastering van baie gehoor, vrees aan alle kante. Berig, sê hulle, en ons sal dit berig. Al my kennisse het my val dopgehou, sê, Miskien sal hy oortuig word, en ons sal teen hom seëvier, en ons wraak op hom neem.
11
But the LORD [is] with me as a mighty terrible one: therefore my persecutors shall stumble, and they shall not prevail: they shall be greatly ashamed; for they shall not prosper: [their] everlasting confusion shall never be forgotten.
Maar die HERE is met my soos ’n magtige vreeslike een: daarom sal my vervolgers struikel, en hulle sal nie seëvier nie: hulle sal grootliks beskaamd word; want hulle sal nie voorspoedig wees nie: hulle ewige verwarring sal nooit vergeet word nie.
12
But, O LORD of hosts, that triest the righteous, [and] seest the reins and the heart, let me see thy vengeance on them: for unto thee have I opened my cause.
Maar, o HERE van leërskare, wat die regverdige toets, wat die niere en die hart sien, laat my u wraak op hulle sien: want tot U het ek my saak openbaar gemaak.
13
Sing unto the LORD, praise ye the LORD: for he hath delivered the soul of the poor from the hand of evildoers.
Sing tot die HERE, prys julle die HERE: want Hy het die siel van die armes uit die hand van die kwaaddoeners verlos.
14
Cursed [be] the day wherein I was born: let not the day wherein my mother bare me be blessed.
Vervloek is die dag waarop ek gebore is: laat die dag nie geseënd wees waarop my moeder my gebaar het nie.
15
Cursed [be] the man who brought tidings to my father, saying, A man child is born unto thee; making him very glad.
Vervloek is die man wat my vader goeie tyding gebring het, sê, ’n Seun is vir jou gebore; wat hom baie vrolik gemaak het.
16
And let that man be as the cities which the LORD overthrew, and repented not: and let him hear the cry in the morning, and the shouting at noontide;
En laat daardie man wees soos die stede wat die HERE omgekeer het, en nie berou gehad het nie: en laat hom die geroep in die môre hoor, en die gejuig op die middag;
17
Because he slew me not from the womb; or that my mother might have been my grave, and her womb [to be] always great [with me].
Omdat hy my nie van die baarmoeder af doodgemaak het nie; of dat my moeder my graf sou gewees het, en haar baarmoeder altyd groot met my.
18
Wherefore came I forth out of the womb to see labour and sorrow, that my days should be consumed with shame?
Waarom het ek uit die baarmoeder uitgegaan om arbeid en smart te sien, dat my dae met skaamte verteer word?