Jakobus — James 1 Jakobus 2 →
King James Version
AFR DVK
1
James, a servant of God and of the Lord Jesus Christ, to the twelve tribes which are scattered abroad, greeting.
Jakobus, ‚'n dienaar van God en van die Here Jesus Christus, aan die twaalf stamme wat verstrooi is, groete.
2
My brethren, count it all joy when ye fall into divers temptations;
My broers, ag dit eitel blydskap wanneer julle in allerhande versoekinge val;
3
Knowing [this], that the trying of your faith worketh patience.
Wetende dat die beproewing van julle geloof volharding werk.
4
But let patience have [her] perfect work, that ye may be perfect and entire, wanting nothing.
Maar laat die volharding ’n volkome werk hê, dat julle volmaak en volledig mag wees, in niks kortkomende nie.
5
If any of you lack wisdom, let him ask of God, that giveth to all [men] liberally, and upbraideth not; and it shall be given him.
As enige van julle wysheid ontbreek, laat hom dit van God vra, wat aan almal mildelik gee, en nie verwyt nie; en dit sal aan hom gegee word.
6
But let him ask in faith, nothing wavering. For he that wavereth is like a wave of the sea driven with the wind and tossed.
Maar laat hom in die geloof vra, niks twyfelende nie. Want hy wat twyfel is soos ‚'n golf van die see, wat deur die wind aangedryf en heen en weer geslinger word.
7
For let not that man think that he shall receive any thing of the Lord.
Want laat daardie mens nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie.
8
A double minded man [is] unstable in all his ways.
’n Dubbelhartige man is ongestadig in al sy weë.
9
Let the brother of low degree rejoice in that he is exalted:
Laat die broer van lae stand roem in dat hy verhoog is:
10
But the rich, in that he is made low: because as the flower of the grass he shall pass away.
Maar die ryk in dat hy verneder is: omdat soos ‚'n blom van die gras sal hy verbygaan.
11
For the sun is no sooner risen with a burning heat, but it withereth the grass, and the flower thereof falleth, and the grace of the fashion of it perisheth: so also shall the rich man fade away in his ways.
Want die son is opgegaan met ’n brandende hitte, en het die gras verdor, en die blom daarvan is afgeval, en die skoonheid van sy aangesig is vergaan: so sal die ryk man ook in sy weë verwelk.
12
Blessed [is] the man that endureth temptation: for when he is tried, he shall receive the crown of life, which the Lord hath promised to them that love him.
Geseënd is die man wat die versoeking verdra: want wanneer hy beproef is, sal hy die kroon van die lewe ontvang, wat die Here beloof het aan hulle wat Hom liefhet.
13
Let no man say when he is tempted, I am tempted of God: for God cannot be tempted with evil, neither tempteth he any man:
Laat niemand sê wanneer hy versoek word, Ek word deur God versoek nie: want God kan nie deur die kwaad versoek word nie, en Hy self versoek niemand nie:
14
But every man is tempted, when he is drawn away of his own lust, and enticed.
Maar elke mens word versoek wanneer hy deur sy eie begeerlikheid weggelok en verlei word.
15
Then when lust hath conceived, it bringeth forth sin: and sin, when it is finished, bringeth forth death.
Daarna, wanneer die begeerlikheid ontvang het, baar dit die sonde: en die sonde, wanneer dit volbring is, bring voort die dood.
16
Do not err, my beloved brethren.
Moenie julle laat mislei nie, my geliefde broers.
17
Every good gift and every perfect gift is from above, and cometh down from the Father of lights, with whom is no variableness, neither shadow of turning.
Elke goeie gawe en elke volmaakte gawe is van bo, en daal af van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering is, of skaduwee van omkering nie.
18
Of his own will begat he us with the word of truth, that we should be a kind of firstfruits of his creatures.
Van sy eie wil het Hy ons voortgebring deur die woord van die waarheid, dat ons ‚'n soort van eerstelinge van sy skepsels sou wees.
19
Wherefore, my beloved brethren, let every man be swift to hear, slow to speak, slow to wrath:
Daarom, my geliefde broers, laat elke mens gou wees om te hoor, traag om te spreek, traag tot toorn:
20
For the wrath of man worketh not the righteousness of God.
Want die toorn van die mens werk nie die geregtigheid van God nie.
21
Wherefore lay apart all filthiness and superfluity of naughtiness, and receive with meekness the engrafted word, which is able to save your souls.
Daarom, alle vuiligheid en oorbloedigheid van boosheid aflêende, ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red.
22
But be ye doers of the word, and not hearers only, deceiving your own selves.
Maar wees daders van die woord, en nie alleen hoorders nie, julle self bedriegende.
23
For if any be a hearer of the word, and not a doer, he is like unto a man beholding his natural face in a glass:
Want as iemand ’n hoorder van die woord is, en nie ’n dader nie, is hy soos ’n man wat sy natuurlike aangesig in ’n spieël aanskou:
24
For he beholdeth himself, and goeth his way, and straightway forgetteth what manner of man he was.
Want hy aanskou homself, en gaan weg, en vergeet dadelik hoedanig hy was.
25
But whoso looketh into the perfect law of liberty, and continueth [therein], he being not a forgetful hearer, but a doer of the work, this man shall be blessed in his deed.
Maar wie inkyk in die volmaakte wet van die vryheid, en daarin bly, hy, nie ’n vergeetagtige hoorder nie, maar ’n dader van die werk, sal geseënd wees in sy daad.
26
If any man among you seem to be religious, and bridleth not his tongue, but deceiveth his own heart, this man’s religion [is] vain.
As iemand onder julle lyk godsdienstig te wees, en sy tong nie in toom hou nie, maar sy eie hart bedrieg, dié man se godsdiens is ydel.
27
Pure religion and undefiled before God and the Father is this, To visit the fatherless and widows in their affliction, [and] to keep himself unspotted from the world.
Rein en onbesmette godsdiens voor God en die Vader is hierdie, Om die wese en weduwees in hulle verdrukking te besoek, en homself onbesmet van die wêreld te bewaar.