King James Version
AFR DVK
1
Thus saith the LORD to his anointed, to Cyrus, whose right hand I have holden, to subdue nations before him; and I will loose the loins of kings, to open before him the two leaved gates; and the gates shall not be shut;
So sê die HERE tot sy gesalfde, tot Kores, wie se regterhand ek vasgehou het, om nasies voor hom neer te werp; en ek sal die lendene van konings losmaak, om voor hom die tweevoudige deure oop te maak; en die poorte sal nie toegesluit word nie;
2
I will go before thee, and make the crooked places straight: I will break in pieces the gates of brass, and cut in sunder the bars of iron:
Ek sal voor jou uitgaan, en die krom dinge reguit maak: ek sal die poorte van koper verbreek, en die grendels van yster stukkend sny:
3
And I will give thee the treasures of darkness, and hidden riches of secret places, that thou mayest know that I, the LORD, which call [thee] by thy name, [am] the God of Israel.
En ek sal jou die skatte van die duisternis gee, en verborge rykdomme van geheime plekke, dat jy mag weet dat ek, die HERE, wat jou by jou naam noem, die God van Israel is.
4
For Jacob my servant’s sake, and Israel mine elect, I have even called thee by thy name: I have surnamed thee, though thou hast not known me.
Om Jakob my dienaar se ontwil, en Israel my uitverkorene, het ek jou by jou naam geroep: ek het jou bynaam gegee, alhoewel jy My nie geken het nie.
5
I [am] the LORD, and [there is] none else, [there is] no God beside me: I girded thee, though thou hast not known me:
Ek is die HERE, en daar is niemand anders nie, daar is geen God behalwe My nie: ek het jou omgord, alhoewel jy My nie geken het nie:
6
That they may know from the rising of the sun, and from the west, that [there is] none beside me. I [am] the LORD, and [there is] none else.
Dat hulle mag weet van die opgang van die son, en van die weste, dat daar niemand behalwe My is nie. Ek is die HERE, en daar is niemand anders nie.
7
I form the light, and create darkness: I make peace, and create evil: I the LORD do all these [things].
Ek formeer die lig, en skep die duisternis: ek maak vrede, en skep die kwaad: ek die HERE doen al hierdie dinge.
8
Drop down, ye heavens, from above, and let the skies pour down righteousness: let the earth open, and let them bring forth salvation, and let righteousness spring up together; I the LORD have created it.
Drup, julle hemele, van bo, en laat die lug geregtigheid uitstort: laat die aarde oopgaan, en laat hulle heil voortbring, en laat geregtigheid saam uitspruit; ek die HERE het dit geskep.
9
Woe unto him that striveth with his Maker! [Let] the potsherd [strive] with the potsherds of the earth. Shall the clay say to him that fashioneth it, What makest thou? or thy work, He hath no hands?
Wee hom wat met sy Maker twis! Laat die potskerf met die potskerwe van die aarde twis. Sal die klei sê tot hom wat dit formeer, Wat maak jy? of jou werk, Hy het geen hande nie?
10
Woe unto him that saith unto [his] father, What begettest thou? or to the woman, What hast thou brought forth?
Wee hom wat tot die vader sê, Wat verwek jy? of tot die vrou, Wat bring jy voort?
11
Thus saith the LORD, the Holy One of Israel, and his Maker, Ask me of things to come concerning my sons, and concerning the work of my hands command ye me.
So sê die HERE, die Heilige van Israel, en sy Maker, Vra My van dinge wat kom aangaande my seuns, en aangaande die werk van my hande beveel julle My.
12
I have made the earth, and created man upon it: I, [even] my hands, have stretched out the heavens, and all their host have I commanded.
Ek het die aarde gemaak, en die mens daarop geskep: ek, selfs my hande, het die hemele uitgespan, en al hulle leër het ek beveel.
13
I have raised him up in righteousness, and I will direct all his ways: he shall build my city, and he shall let go my captives, not for price nor reward, saith the LORD of hosts.
Ek het hom in geregtigheid opgewek, en ek sal al sy weë regmaak: hy sal my stad bou, en hy sal my gevangenes loslaat, nie vir prys en nie vir beloning nie, sê die HERE van leërskare.
14
Thus saith the LORD, The labour of Egypt, and merchandise of Ethiopia and of the Sabeans, men of stature, shall come over unto thee, and they shall be thine: they shall come after thee; in chains they shall come over, and they shall fall down unto thee, they shall make supplication unto thee, [saying], Surely God [is] in thee; and [there is] none else, [there is] no God.
So sê die HERE, Die arbeid van Egipte, en die handelsware van Etiopië en van die Sabéërs, manne van statuur, sal tot jou oorkom, en hulle sal joune wees: hulle sal agter jou aan kom; in kettings sal hulle oorkom, en hulle sal voor jou neerval, hulle sal by jou smeek, sê, Sekerlik is God in jou; en daar is geen ander nie, daar is geen God nie.
15
Verily thou [art] a God that hidest thyself, O God of Israel, the Saviour.
Waarlik U is ‚'n God wat Uself verberg, o God van Israel, die Verlosser.
16
They shall be ashamed, and also confounded, all of them: they shall go to confusion together [that are] makers of idols.
Hulle sal almal beskaamd en verleë word: die maaksters van afgode sal saam in verwarring gaan.
17
[But] Israel shall be saved in the LORD with an everlasting salvation: ye shall not be ashamed nor confounded world without end.
Maar Israel sal in die HERE met ’n ewige heil gered word: julle sal nie beskaamd of verleë word tot alle ewigheid nie.
18
For thus saith the LORD that created the heavens; God himself that formed the earth and made it; he hath established it, he created it not in vain, he formed it to be inhabited: I [am] the LORD; and [there is] none else.
Want so sê die HERE wat die hemele geskep het; God self wat die aarde geformeer en dit gemaak het; Hy het dit gevestig, Hy het dit nie tevergeefs geskep nie, Hy het dit geformeer om bewoon te word: Ek is die HERE; en daar is niemand anders nie.
19
I have not spoken in secret, in a dark place of the earth: I said not unto the seed of Jacob, Seek ye me in vain: I the LORD speak righteousness, I declare things that are right.
Ek het nie in die geheim gespreek, in ’n donker plek van die aarde nie: ek het nie tot die saad van Jakob gesê, Soek julle My tevergeefs nie: ek die HERE spreek geregtigheid, ek verklaar regte dinge.
20
Assemble yourselves and come; draw near together, ye [that are] escaped of the nations: they have no knowledge that set up the wood of their graven image, and pray unto a god [that] cannot save.
Kom bymekaar en kom; nader kom, julle wat van die nasies ontvlug is: hulle het geen kennis nie wat die hout van hulle gesnede beeld oprig, en bid tot ‚'n god wat nie kan red nie.
21
Tell ye, and bring [them] near; yea, let them take counsel together: who hath declared this from ancient time? [who] hath told it from that time? [have] not I the LORD? and [there is] no God else beside me; a just God and a Saviour; [there is] none beside me.
Verklaar julle, en bring hulle naby; ja, laat hulle saam raadpleeg: wie het dit van ou tyd af laat hoor? wie het dit van daardie tyd af verklaar? is dit nie ek die HERE nie? en daar is geen God anders behalwe My nie; ‚'n regverdige God en ‚'n Verlosser; daar is niemand behalwe My nie.
22
Look unto me, and be ye saved, all the ends of the earth: for I [am] God, and [there is] none else.
Kyk tot My, en word gered, al die eindes van die aarde: want ek is God, en daar is niemand anders nie.
23
I have sworn by myself, the word is gone out of my mouth [in] righteousness, and shall not return, That unto me every knee shall bow, every tongue shall swear.
Ek het by Myself gesweer, die woord is uit my mond in geregtigheid uitgegaan, en sal nie terugkeer nie, Dat tot My elke knie sal buig, elke tong sal sweer.
24
Surely, shall [one] say, in the LORD have I righteousness and strength: [even] to him shall [men] come; and all that are incensed against him shall be ashamed.
Sekerlik, sal ’n mens sê, in die HERE het ek geregtigheid en sterkte: selfs tot Hom sal die mens kom; en almal wat teen Hom toornig is, sal beskaamd word.
25
In the LORD shall all the seed of Israel be justified, and shall glory.
In die HERE sal al die saad van Israel geregverdig word, en sal roem.