← Hebreërs 8 Hebreërs — Hebrews 9 Hebreërs 10 →
King James Version
AFR DVK
1
Then verily the first [covenant] had also ordinances of divine service, and a worldly sanctuary.
Toe het ook die eerste verbond ordonnanse van godsdienstige diens, en ’n aardse heiligdom gehad.
2
For there was a tabernacle made; the first, wherein [was] the candlestick, and the table, and the shewbread; which is called the sanctuary.
Want daar is ’n tabernakel opgerig; die eerste, waarin die kandelaar was, en die tafel, en die toonbrode; wat die heiligdom genoem word.
3
And after the second veil, the tabernacle which is called the Holiest of all;
En ná die tweede voorhangsel, die tabernakel wat die Allerheiligste genoem word;
4
Which had the golden censer, and the ark of the covenant overlaid round about with gold, wherein [was] the golden pot that had manna, and Aaron’s rod that budded, and the tables of the covenant;
Wat die goue wierookvat gehad het, en die ark van die verbond wat rondom met goud oortrek was, waarin die goue pot was met manna, en Aäron se staf wat gebloei het, en die tafels van die verbond;
5
And over it the cherubims of glory shadowing the mercyseat; of which we cannot now speak particularly.
En bo-oor dit die gérubs van heerlikheid, wat die versoendeksel oorskadu; waarvan ons nou nie in besonder kan spreek nie.
6
Now when these things were thus ordained, the priests went always into the first tabernacle, accomplishing the service [of God].
Nou toe hierdie dinge so ingerig was, het die priesters altyd in die eerste tabernakel ingegaan, die diens volbringende.
7
But into the second [went] the high priest alone once every year, not without blood, which he offered for himself, and [for] the errors of the people:
Maar in die tweede het die hoëpriester alleen een maal in die jaar ingegaan, nie sonder bloed nie, wat hy offer vir homself, en vir die dwalinge van die volk:
8
The Holy Ghost this signifying, that the way into the holiest of all was not yet made manifest, while as the first tabernacle was yet standing:
Die Heilige Gees hiermee aanduidende, dat die weg tot die heiligdom nog nie openbaar gemaak is nie, terwyl die eerste tabernakel nog staan:
9
Which [was] a figure for the time then present, in which were offered both gifts and sacrifices, that could not make him that did the service perfect, as pertaining to the conscience;
Wat ’n figuur was vir die tyd wat toe teenwoordig was, waarin beide gawes en offers geoffer is, wat nie kon volmaak maak hom wat die diens doen, wat die gewete betref nie;
10
[Which stood] only in meats and drinks, and divers washings, and carnal ordinances, imposed [on them] until the time of reformation.
Wat net gestaan het in spyse, en drank, en verskillende wasinge, en vleeslike ordonnanse, opgelê tot die tyd van hervorming.
11
But Christ being come an high priest of good things to come, by a greater and more perfect tabernacle, not made with hands, that is to say, not of this building;
Maar Christus, ’n hoëpriester geword van goeie dinge wat kom, deur ’n groter en meer volmaakte tabernakel, nie met hande gemaak nie, dit is om te sê, nie van hierdie skepping nie;
12
Neither by the blood of goats and calves, but by his own blood he entered in once into the holy place, having obtained eternal redemption [for us].
Nóg deur die bloed van bokke en kalwers, maar deur sy eie bloed het Hy een maal in die heiligdom ingegaan, en ewige verlossing verkry.
13
For if the blood of bulls and of goats, and the ashes of an heifer sprinkling the unclean, sanctifieth to the purifying of the flesh:
Want as die bloed van bulle en van bokke, en die as van ’n vers, die onreines besprinkel, heilig tot die reiniging van die vlees:
14
How much more shall the blood of Christ, who through the eternal Spirit offered himself without spot to God, purge your conscience from dead works to serve the living God?
Hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees onbevlek aan God geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien?
15
And for this cause he is the mediator of the new testament, that by means of death, for the redemption of the transgressions [that were] under the first testament, they which are called might receive the promise of eternal inheritance.
En om hierdie oorsaak is Hy die middelaar van die nuwe testament, dat deur middel van die dood, tot die verlossing van die oortredinge wat was onder die eerste testament, hulle wat geroep is die belofte van die ewige erfenis mag ontvang.
16
For where a testament [is], there must also of necessity be the death of the testator.
Want waar ’n testament is, moet daar noodsaaklik die dood van die testamentmaker wees.
17
For a testament [is] of force after men are dead: otherwise it is of no strength at all while the testator liveth.
Want ’n testament is van krag ná die dood: anders het dit geen krag terwyl die testamentmaker lewe nie.
18
Whereupon neither the first [testament] was dedicated without blood.
Waarop nóg die eerste testament sonder bloed ingewy is.
19
For when Moses had spoken every precept to all the people according to the law, he took the blood of calves and of goats, with water, and scarlet wool, and hyssop, and sprinkled both the book, and all the people,
Want toe Moses al die gebooie volgens die wet aan al die volk gespreek het, het hy die bloed van kalwers en van bokke geneem, met water, en skarlakenwol, en hisop, en beide die boek, en al die volk besprinkel,
20
Saying, This [is] the blood of the testament which God hath enjoined unto you.
Sê, Dit is die bloed van die testament wat God aan julle beveel het.
21
Moreover he sprinkled with blood both the tabernacle, and all the vessels of the ministry.
Bovendien het hy net so die tabernakel en al die vate van die diens met bloed besprinkel.
22
And almost all things are by the law purged with blood; and without shedding of blood is no remission.
En byna alle dinge word volgens die wet met bloed gereinig; en sonder vergieting van bloed is daar geen vergifnis nie.
23
[It was] therefore necessary that the patterns of things in the heavens should be purified with these; but the heavenly things themselves with better sacrifices than these.
Dit was daarom noodsaaklik dat die voorbeelde van dinge in die hemele met hierdie gereinig sou word; maar die hemelse dinge self met beter offers as hierdie.
24
For Christ is not entered into the holy places made with hands, [which are] the figures of the true; but into heaven itself, now to appear in the presence of God for us:
Want Christus is nie ingegaan in die heiligdomme wat met hande gemaak is, wat die figure is van die ware; maar in die hemel self, om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn:
25
Nor yet that he should offer himself often, as the high priest entereth into the holy place every year with blood of others;
Nóg dat Hy Homself dikwels sou offer, soos die hoëpriester elke jaar in die heiligdom ingaan met bloed van andere;
26
For then must he often have suffered since the foundation of the world: but now once in the end of the world hath he appeared to put away sin by the sacrifice of himself.
Want dan moes Hy dikwels gely het van die grondlegging van die wêreld af: maar nou een maal in die voleinding van die wêreld het Hy verskyn om die sonde deur die offer van Homself weg te doen.
27
And as it is appointed unto men once to die, but after this the judgment:
En soos dit vir die mense bestem is om een maal te sterwe, maar daarna die oordeel:
28
So Christ was once offered to bear the sins of many; and unto them that look for him shall he appear the second time without sin unto salvation.
So is Christus een maal geoffer om die sondes van baie te dra; en aan hulle wat Hom verwag sal Hy die tweede maal sonder sonde verskyn tot heil.