← Hebreërs 6 Hebreërs — Hebrews 7 Hebreërs 8 →
King James Version
AFR DVK
1
For this Melchisedec, king of Salem, priest of the most high God, who met Abraham returning from the slaughter of the kings, and blessed him;
Want hierdie Melgisédek, koning van Salem, priester van die Allerhoogste God, wat Abraham tegemoetgegaan het toe hy terugkeer van die slagting van die konings, en hom geseën het;
2
To whom also Abraham gave a tenth part of all; first being by interpretation King of righteousness, and after that also King of Salem, which is, King of peace;
Aan wie ook Abraham ’n tiende deel van alles gegee het; eers vertolk Koning van geregtigheid, en daarna ook Koning van Salem, wat is, Koning van vrede;
3
Without father, without mother, without descent, having neither beginning of days, nor end of life; but made like unto the Son of God; abideth a priest continually.
Sonder vader, sonder moeder, sonder geslagsregister, hebbende nóg begin van dae, nóg einde van lewe; maar gelykgemaak aan die Seun van God; bly ’n priester voortdurend.
4
Now consider how great this man [was], unto whom even the patriarch Abraham gave the tenth of the spoils.
Nou oorweeg hoe groot hierdie man was, aan wie selfs die aartsvader Abraham ’n tiende van die buit gegee het.
5
And verily they that are of the sons of Levi, who receive the office of the priesthood, have a commandment to take tithes of the people according to the law, that is, of their brethren, though they come out of the loins of Abraham:
En waarlik hulle wat van die seuns van Levi is, wat die priesterskap ontvang, het ’n gebod om tiendes van die volk te neem volgens die wet, dit is, van hulle broers, alhoewel hulle uit die lendene van Abraham gekom het:
6
But he whose descent is not counted from them received tithes of Abraham, and blessed him that had the promises.
Maar hy wie se geslagsregister nie van hulle gereken word nie, het tiendes van Abraham geneem, en die man geseën wat die beloftes gehad het.
7
And without all contradiction the less is blessed of the better.
En sonder enige teenstrydigheid is die mindere deur die meerdere geseën.
8
And here men that die receive tithes; but there he [receiveth them], of whom it is witnessed that he liveth.
En hier ontvang mense wat sterwe tiendes; maar daar ontvang hy van wie getuig word dat hy lewe.
9
And as I may so say, Levi also, who receiveth tithes, payed tithes in Abraham.
En as ek so mag sê, Levi self, wat tiendes ontvang, het tiendes betaal in Abraham.
10
For he was yet in the loins of his father, when Melchisedec met him.
Want hy was nog in die lendene van sy vader, toe Melgisédek hom tegemoetgegaan het.
11
If therefore perfection were by the Levitical priesthood, (for under it the people received the law,) what further need [was there] that another priest should rise after the order of Melchisedec, and not be called after the order of Aaron?
As daarom volmaaktheid deur die Levitiese priesterskap was, (want onder dit het die volk die wet ontvang,) wat was daar verder nodig dat ’n ander priester sou opstaan na die orde van Melgisédek, en nie genoem word na die orde van Aäron nie?
12
For the priesthood being changed, there is made of necessity a change also of the law.
Want die priesterskap verander synde, is daar noodsaaklik ook ’n verandering van die wet.
13
For he of whom these things are spoken pertaineth to another tribe, of which no man gave attendance at the altar.
Want Hy van wie hierdie dinge gespreek word, behoort aan ’n ander stam, van welke niemand die altaar bedien het nie.
14
For [it is] evident that our Lord sprang out of Juda; of which tribe Moses spake nothing concerning priesthood.
Want dit is duidelik dat onse Here uit Juda voortgekom het; van welke stam Moses niks aangaande priesterskap gespreek het nie.
15
And it is yet far more evident: for that after the similitude of Melchisedec there ariseth another priest,
En dit is nog veel meer duidelik: want na die gelykenis van Melgisédek staan daar ’n ander priester op,
16
Who is made, not after the law of a carnal commandment, but after the power of an endless life.
Wat gemaak is, nie volgens die wet van ’n vleeslike gebod nie, maar volgens die krag van ’n eindelose lewe.
17
For he testifieth, Thou [art] a priest for ever after the order of Melchisedec.
Want Hy getuig, Jy is ’n priester tot in ewigheid na die orde van Melgisédek.
18
For there is verily a disannulling of the commandment going before for the weakness and unprofitableness thereof.
Want daar is waarlik ’n opheffing van die vorige gebod vanweë die swakheid en nutteloosheid daarvan.
19
For the law made nothing perfect, but the bringing in of a better hope [did]; by the which we draw nigh unto God.
Want die wet het niks volmaak gemaak nie, maar die inbring van ’n beter hoop het, waardeur ons tot God naderkom.
20
And inasmuch as not without an oath [he was made priest]:
En insoverre as dit nie sonder ’n eed was nie:
21
(For those priests were made without an oath; but this with an oath by him that said unto him, The Lord sware and will not repent, Thou [art] a priest for ever after the order of Melchisedec:)
(Want dié priesters is sonder ’n eed gemaak; maar Hierdie met ’n eed deur Hom wat tot Hom gesê het, Die Here het gesweer en sal Hom nie berou nie, Jy is ’n priester tot in ewigheid na die orde van Melgisédek:)
22
By so much was Jesus made a surety of a better testament.
Deur soveel was Jesus ’n borg van ’n beter testament.
23
And they truly were many priests, because they were not suffered to continue by reason of death:
En hulle was waarlik baie priesters, omdat hulle nie toegelaat is om voort te gaan vanweë die dood nie:
24
But this [man], because he continueth ever, hath an unchangeable priesthood.
Maar Hierdie, omdat Hy tot in ewigheid bly, het ’n onverganklike priesterskap.
25
Wherefore he is able also to save them to the uttermost that come unto God by him, seeing he ever liveth to make intercession for them.
Daarom is Hy ook in staat om hulle wat deur Hom tot God kom, volkome te red, aangesien Hy altyd lewe om vir hulle in te tree.
26
For such an high priest became us, [who is] holy, harmless, undefiled, separate from sinners, and made higher than the heavens;
Want so ’n hoëpriester het ons nodig gehad, wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskei van sondaars is, en hoër as die hemele geword het;
27
Who needeth not daily, as those high priests, to offer up sacrifice, first for his own sins, and then for the people’s: for this he did once, when he offered up himself.
Wat nie daagliks nodig het, soos daardie hoëpriesters, om eers offers vir sy eie sondes op te offer, en dan vir die van die volk nie: want dit het Hy eenmaal gedoen, toe Hy Homself opgeoffer het.
28
For the law maketh men high priests which have infirmity; but the word of the oath, which was since the law, [maketh] the Son, who is consecrated for evermore.
Want die wet maak mense hoëpriesters wat swakheid het; maar die woord van die eed, wat na die wet was, maak die Seun, wat tot in ewigheid volmaak is.