King James Version
AFR DVK
1
God, who at sundry times and in divers manners spake in time past unto the fathers by the prophets,
God, wat in baie dele en op baie maniere vroeër tot die vaders gespreek het deur die profete,
2
Hath in these last days spoken unto us by [his] Son, whom he hath appointed heir of all things, by whom also he made the worlds;
Het in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur sy Seun, wat Hy as erfgenaam van alle dinge aangestel het, deur wie Hy ook die wêrelde gemaak het;
3
Who being the brightness of [his] glory, and the express image of his person, and upholding all things by the word of his power, when he had by himself purged our sins, sat down on the right hand of the Majesty on high;
Wat, synde die uitstraling van sy heerlikheid, en die uitdruklike beeld van sy persoon, en alle dinge dragende deur die woord van sy krag, toe Hy deur Homself ons sondes gereinig het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte;
4
Being made so much better than the angels, as he hath by inheritance obtained a more excellent name than they.
Omdat Hy soveel beter geword het as die engele, soos Hy ’n meer uitnemende Naam as hulle geërf het.
5
For unto which of the angels said he at any time, Thou art my Son, this day have I begotten thee? And again, I will be to him a Father, and he shall be to me a Son?
Want aan watter van die engele het Hy ooit gesê, Jy is my Seun, vandag het ek Jou verwek? En weer, Ek sal vir Hom ’n Vader wees, en Hy sal vir My ’n Seun wees?
6
And again, when he bringeth in the firstbegotten into the world, he saith, And let all the angels of God worship him.
En weer, wanneer Hy die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy, En laat al die engele van God Hom aanbid.
7
And of the angels he saith, Who maketh his angels spirits, and his ministers a flame of fire.
En van die engele sê Hy, Wat sy engele geeste maak, en sy dienaars ’n vlam van vuur.
8
But unto the Son [he saith], Thy throne, O God, [is] for ever and ever: a sceptre of righteousness [is] the sceptre of thy kingdom.
Maar tot die Seun sê Hy, U troon, o God, is tot in ewigheid: ’n septer van geregtigheid is die septer van u koninkryk.
9
Thou hast loved righteousness, and hated iniquity; therefore God, [even] thy God, hath anointed thee with the oil of gladness above thy fellows.
U het geregtigheid liefgehad, en ongeregtigheid gehaat; daarom het God, selfs u God, U met die olie van blydskap gesalf bo u metgeselle.
10
And, Thou, Lord, in the beginning hast laid the foundation of the earth; and the heavens are the works of thine hands:
En, U, Here, het in die begin die aarde gegrond, en die hemele is die werke van u hande:
11
They shall perish; but thou remainest; and they all shall wax old as doth a garment;
Hulle sal vergaan; maar U bly: en hulle sal almal soos ‚'n kleed verouder;
12
And as a vesture shalt thou fold them up, and they shall be changed: but thou art the same, and thy years shall not fail.
En soos ‚'n mantel sal U hulle toevou, en hulle sal verander word: maar U is dieselfde, en u jare sal nie ophou nie.
13
But to which of the angels said he at any time, Sit on my right hand, until I make thine enemies thy footstool?
Maar tot watter van die engele het Hy ooit gesê, Sit aan my regterhand, totdat ek u vyande u voetbank maak?
14
Are they not all ministering spirits, sent forth to minister for them who shall be heirs of salvation?
Is hulle nie almal dienende geeste, uitgestuur om te dien vir hulle wat die erfgename van die heil sal wees nie?