King James Version
AFR DVK
1
And it came to pass at the end of two full years, that Pharaoh dreamed: and, behold, he stood by the river.
En dit het gebeur aan die einde van twee volle jare, dat Farao gedroom het: en kyk, hy het by die rivier gestaan.
2
And, behold, there came up out of the river seven well favoured kine and fatfleshed; and they fed in a meadow.
En kyk, daar kom sewe koeie uit die rivier op, mooi van aansien en vet van vlees; en hulle het in die riet gewei.
3
And, behold, seven other kine came up after them out of the river, ill favoured and leanfleshed; and stood by the [other] kine upon the brink of the river.
En kyk, sewe ander koeie kom agter hulle uit die rivier op, lelik van aansien en maer van vlees; en hulle het by die ander koeie by die oewer van die rivier gestaan.
4
And the ill favoured and leanfleshed kine did eat up the seven well favoured and fat kine. So Pharaoh awoke.
En die lelike en maer koeie het die sewe mooi en vet koeie opgeëet. Toe het Farao wakker geword.
5
And he slept and dreamed the second time: and, behold, seven ears of corn came up upon one stalk, rank and good.
En hy het geslaap en weer gedroom: en kyk, sewe are koring kom op aan een halm, vet en goed.
6
And, behold, seven thin ears and blasted with the east wind sprung up after them.
En kyk, sewe dun are, deur die oostewind verskroei, spruit na hulle uit.
7
And the seven thin ears devoured the seven rank and full ears. And Pharaoh awoke, and, behold, [it was] a dream.
En die dun are het die sewe vet en volle are verslind. En Farao het wakker geword, en kyk, dit was ‚'n droom.
8
And it came to pass in the morning that his spirit was troubled; and he sent and called for all the magicians of Egypt, and all the wise men thereof: and Pharaoh told them his dream; but [there was] none that could interpret them unto Pharaoh.
En dit het gebeur in die môre dat sy gees ontsteld was; en hy het gestuur en al die towenaars van Egipte, en al sy wyse manne geroep: en Farao het hulle sy drome vertel; maar daar was niemand wat dit vir Farao kon uitlê nie.
9
Then spake the chief butler unto Pharaoh, saying, I do remember my faults this day:
Toe het die owerste van die skinkers tot Farao gespreek, en gesê, Ek dink vandag aan my oortredinge:
10
Pharaoh was wroth with his servants, and put me in ward in the captain of the guard’s house, [both] me and the chief baker:
Farao was toornig op sy dienaars, en het my in bewaring gegee in die huis van die owerste van die lyfwag, my en die owerste van die bakkers:
11
And we dreamed a dream in one night, I and he; we dreamed each man according to the interpretation of his dream.
En ons het altwee in een nag ‚'n droom gedroom, ek en hy; elkeen volgens die uitlegging van sy droom het ons gedroom.
12
And [there was] there with us a young man, an Hebrew, servant to the captain of the guard; and we told him, and he interpreted to us our dreams; to each man according to his dream he did interpret.
En daar was by ons ’n Hebreërseun, ’n slaaf van die owerste van die lyfwag; en ons het dit aan hom vertel, en hy het ons drome vir ons uitgelê; aan elkeen volgens sy droom het hy uitgelê.
13
And it came to pass, as he interpreted to us, so it was; me he restored unto mine office, and him he hanged.
En dit het gebeur, soos hy ons uitgelê het, so was dit; my het hy in my amp teruggebring, en hom het hy opgehang.
14
Then Pharaoh sent and called Joseph, and they brought him hastily out of the dungeon: and he shaved [himself], and changed his raiment, and came in unto Pharaoh.
Toe het Farao gestuur en Josef geroep, en hulle het hom haastig uit die put uitgebring: en hy het hom geskeer, en sy klere verander, en by Farao gekom.
15
And Pharaoh said unto Joseph, I have dreamed a dream, and [there is] none that can interpret it: and I have heard say of thee, [that] thou canst understand a dream to interpret it.
En Farao het tot Josef gesê, Ek het ’n droom gedroom, en daar is niemand wat dit kan uitlê nie: en ek het van jou gehoor, dat jy ’n droom kan verstaan om dit uit te lê.
16
And Joseph answered Pharaoh, saying, [It is] not in me: God shall give Pharaoh an answer of peace.
En Josef het Farao geantwoord, en gesê, Dit is nie in my nie: God sal Farao ’n antwoord van vrede gee.
17
And Pharaoh said unto Joseph, In my dream, behold, I stood upon the bank of the river:
En Farao het tot Josef gesê, In my droom, kyk, ek het by die oewer van die rivier gestaan:
18
And, behold, there came up out of the river seven kine, fatfleshed and well favoured; and they fed in a meadow:
En kyk, daar kom sewe koeie uit die rivier op, vet van vlees en mooi van gestalte; en hulle het in die riet gewei:
19
And, behold, seven other kine came up after them, poor and very ill favoured and leanfleshed, such as I never saw in all the land of Egypt for badness:
En kyk, sewe ander koeie kom agter hulle op, arm en baie lelik van gestalte, en maer van vlees, soos ek nooit in die hele land Egipte gesien het vir lelikheid nie:
20
And the lean and the ill favoured kine did eat up the first seven fat kine:
En die maer en lelike koeie het die eerste sewe vet koeie opgeëet:
21
And when they had eaten them up, it could not be known that they had eaten them; but they [were] still ill favoured, as at the beginning. So I awoke.
En toe hulle dit ingeëet het, kon ’n mens nie merk dat hulle dit ingeëet het nie; maar hulle aangesig was nog so lelik soos in die begin. Toe het ek wakker geword.
22
And I saw in my dream, and, behold, seven ears came up in one stalk, full and good:
En ek het in my droom gesien, en kyk, sewe are kom op aan een stilk, vol en goed:
23
And, behold, seven ears, withered, thin, [and] blasted with the east wind, sprung up after them:
En kyk, sewe are, verdor, dun, deur die oostewind verskroei, spruit na hulle uit:
24
And the thin ears devoured the seven good ears: and I told [this] unto the magicians; but [there was] none that could declare [it] to me.
En die dun are het die sewe goeie are verslind: en ek het dit aan die towenaars vertel; maar daar was niemand wat dit vir my kon verklaar nie.
25
And Joseph said unto Pharaoh, The dream of Pharaoh [is] one: God hath shewed Pharaoh what he [is] about to do.
En Josef het tot Farao gesê, Die droom van Farao is een: God het Farao getoon wat Hy gaan doen.
26
The seven good kine [are] seven years; and the seven good ears [are] seven years: the dream [is] one.
Die sewe goeie koeie is sewe jare; en die sewe goeie are is sewe jare: die droom is een.
27
And the seven thin and ill favoured kine that came up after them [are] seven years; and the seven empty ears blasted with the east wind shall be seven years of famine.
En die sewe maer en lelike koeie wat agter hulle opkom, is sewe jare; en die sewe leë are, deur die oostewind verskroei, sal sewe jare van hongersnood wees.
28
This [is] the thing which I have spoken unto Pharaoh: What God [is] about to do he sheweth unto Pharaoh.
Dit is die woord wat ek tot Farao gespreek het: Wat God gaan doen, het Hy Farao getoon.
29
Behold, there come seven years of great plenty throughout all the land of Egypt:
Kyk, daar kom sewe jare van groot oorvloed in die hele land Egipte:
30
And there shall arise after them seven years of famine; and all the plenty shall be forgotten in the land of Egypt; and the famine shall consume the land;
En daar sal na hulle sewe jare van hongersnood opstaan; en al die oorvloed sal in die land Egipte vergeet word; en die hongersnood sal die land verteer;
31
And the plenty shall not be known in the land by reason of that famine following; for it [shall be] very grievous.
En die oorvloed sal nie in die land geken word vanweë daardie hongersnood daarna nie; want dit sal baie swaar wees.
32
And for that the dream was doubled unto Pharaoh twice; [it is] because the thing [is] established by God, and God will shortly bring it to pass.
En wat die droom betref wat aan Farao twee maal herhaal is, dit is omdat die saak by God vasbeslote is, en God dit gou sal doen.
33
Now therefore let Pharaoh look out a man discreet and wise, and set him over the land of Egypt.
Nou dan, laat Farao uitsien na ‚'n verstandige en wyse man, en hom oor die land Egipte aanstel.
34
Let Pharaoh do [this], and let him appoint officers over the land, and take up the fifth part of the land of Egypt in the seven plenteous years.
Laat Farao dit doen, en laat hom opsigters oor die land aanstel, en die vyfde deel van die land Egipte inneem in die sewe jare van oorvloed.
35
And let them gather all the food of those good years that come, and lay up corn under the hand of Pharaoh, and let them keep food in the cities.
En laat hulle al die voedsel van hierdie goeie jare wat kom, versamel, en koring opgaar onder die hand van Farao, tot voedsel in die stede, en dit bewaar.
36
And that food shall be for store to the land against the seven years of famine, which shall be in the land of Egypt; that the land perish not through the famine.
En die voedsel sal tot voorraad wees vir die land teen die sewe jare van hongersnood, wat in die land Egipte sal wees; dat die land nie van honger omkom nie.
37
And the thing was good in the eyes of Pharaoh, and in the eyes of all his servants.
En die saak was goed in die oë van Farao, en in die oë van al sy dienaars.
38
And Pharaoh said unto his servants, Can we find [such a one] as this [is], a man in whom the Spirit of God [is]?
En Farao het tot sy dienaars gesê, Kan ons ’n man soos hierdie vind, in wie die Gees van God is?
39
And Pharaoh said unto Joseph, Forasmuch as God hath shewed thee all this, [there is] none so discreet and wise as thou [art]:
En Farao het tot Josef gesê, Aangesien God jou dit alles bekend gemaak het, is daar niemand so verstandig en wys soos jy nie:
40
Thou shalt be over my house, and according unto thy word shall all my people be ruled: only in the throne will I be greater than thou.
Jy sal oor my huis wees, en na jou mond sal al my volk gerig wees: net in die troon sal ek groter as jy wees.
41
And Pharaoh said unto Joseph, See, I have set thee over all the land of Egypt.
En Farao het tot Josef gesê, Kyk, ek het jou oor die hele land Egipte aangestel.
42
And Pharaoh took off his ring from his hand, and put it upon Joseph’s hand, and arrayed him in vestures of fine linen, and put a gold chain about his neck;
En Farao het sy seëlring van sy hand afgehaal, en dit aan Josef se hand gesit, en hom met fyn linneklere beklee, en ’n goue ketting om sy nek gesit;
43
And he made him to ride in the second chariot which he had; and they cried before him, Bow the knee: and he made him [ruler] over all the land of Egypt.
En hy het hom in die tweede wa laat ry wat hy gehad het; en hulle het voor hom uitgeroep, Kniel! En hy het hom oor die hele land Egipte aangestel.
44
And Pharaoh said unto Joseph, I [am] Pharaoh, and without thee shall no man lift up his hand or foot in all the land of Egypt.
En Farao het tot Josef gesê, Ek is Farao, en sonder jou sal geen man sy hand of sy voet in die hele land Egipte optel nie.
45
And Pharaoh called Joseph’s name Zaphnathpaaneah; and he gave him to wife Asenath the daughter of Potipherah priest of On. And Joseph went out over [all] the land of Egypt.
En Farao het Josef die naam Safnat-Paneag genoem; en hy het hom Asnath, die dogter van Potífera, priester van On, tot vrou gegee. En Josef het uitgegaan oor die land Egipte.
46
And Joseph [was] thirty years old when he stood before Pharaoh king of Egypt. And Joseph went out from the presence of Pharaoh, and went throughout all the land of Egypt.
En Josef was dertig jaar oud toe hy voor die aangesig van Farao, koning van Egipte, gestaan het. En Josef het van voor Farao uitgegaan, en deur die hele land Egipte getrek.
47
And in the seven plenteous years the earth brought forth by handfuls.
En in die sewe jare van oorvloed het die land by die handvol voortgebring.
48
And he gathered up all the food of the seven years, which were in the land of Egypt, and laid up the food in the cities: the food of the field, which [was] round about every city, laid he up in the same.
En hy het al die voedsel van die sewe jare versamel, wat in die land Egipte was, en die voedsel in die stede opgegaar: die voedsel van die land rondom elke stad het hy daarin opgegaar.
49
And Joseph gathered corn as the sand of the sea, very much, until he left numbering; for [it was] without number.
En Josef het koring bymekaargemaak soos die sand van die see, baie baie, totdat hy opgehou het om te tel; want dit was sonder getal.
50
And unto Joseph were born two sons before the years of famine came, which Asenath the daughter of Potipherah priest of On bare unto him.
En vir Josef is twee seuns gebore voordat die jaar van hongersnood gekom het, wat Asnath, die dogter van Potífera, priester van On, vir hom gebaar het.
51
And Joseph called the name of the firstborn Manasseh: For God, [said he], hath made me forget all my toil, and all my father’s house.
En Josef het die naam van die eersgeborene Manasse genoem: Want God, het hy gesê, het my laat vergeet van al my moeite, en van my hele vader se huis.
52
And the name of the second called he Ephraim: For God hath caused me to be fruitful in the land of my affliction.
En die naam van die tweede het hy Efraim genoem: Want God het my vrugbaar gemaak in die land van my ellende.
53
And the seven years of plenteousness, that was in the land of Egypt, were ended.
En die sewe jare van oorvloed, wat in die land Egipte was, is geëindig.
54
And the seven years of dearth began to come, according as Joseph had said: and the dearth was in all lands; but in all the land of Egypt there was bread.
En die sewe jare van hongersnood het begin kom, soos Josef gesê het: en daar was hongersnood in al die lande; maar in die hele land Egipte was daar brood.
55
And when all the land of Egypt was famished, the people cried to Pharaoh for bread: and Pharaoh said unto all the Egyptians, Go unto Joseph; what he saith to you, do.
En toe die hele land Egipte honger gely het, het die volk tot Farao om brood geroep: en Farao het tot al die Egiptenaars gesê, Gaan na Josef; doen wat hy julle sê.
56
And the famine was over all the face of the earth: And Joseph opened all the storehouses, and sold unto the Egyptians; and the famine waxed sore in the land of Egypt.
En die hongersnood was oor die hele aangesig van die aarde: en Josef het al die skure oopgemaak, en aan die Egiptenaars verkoop; en die hongersnood was sterk in die land Egipte.
57
And all countries came into Egypt to Joseph for to buy [corn]; because that the famine was [so] sore in all lands.
En al die lande het na Egipte gekom om by Josef te koop; want die hongersnood was sterk in die hele aarde.