King James Version
AFR DVK
1
And Isaac called Jacob, and blessed him, and charged him, and said unto him, Thou shalt not take a wife of the daughters of Canaan.
En Isak het Jakob geroep, en hom geseën, en hom beveel, en tot hom gesê, Jy mag nie ’n vrou neem van die dogters van Kanaän nie.
2
Arise, go to Padanaram, to the house of Bethuel thy mother’s father; and take thee a wife from thence of the daughters of Laban thy mother’s brother.
Staan op, gaan na Paddan-Aram, na die huis van Betuel jou moeder se vader; en neem vir jou ‚'n vrou van daar van die dogters van Laban jou moeder se broer.
3
And God Almighty bless thee, and make thee fruitful, and multiply thee, that thou mayest be a multitude of people;
En God die Almagtige seën jou, en maak jou vrugbaar, en vermeerder jou, dat jy ’n menigte volke mag word;
4
And give thee the blessing of Abraham, to thee, and to thy seed with thee; that thou mayest inherit the land wherein thou art a stranger, which God gave unto Abraham.
En gee jou die seën van Abraham, aan jou, en aan jou saad saam met jou; dat jy die land van jou vreemdelingskap mag erf, wat God aan Abraham gegee het.
5
And Isaac sent away Jacob: and he went to Padanaram unto Laban, son of Bethuel the Syrian, the brother of Rebekah, Jacob’s and Esau’s mother.
En Isak het Jakob weggestuur: en hy het gegaan na Paddan-Aram tot by Laban, seun van Betuel die Arameër, die broer van Rebekka, moeder van Jakob en Esau.
6
When Esau saw that Isaac had blessed Jacob, and sent him away to Padanaram, to take him a wife from thence; and that as he blessed him he gave him a charge, saying, Thou shalt not take a wife of the daughters of Canaan;
Toe Esau sien dat Isak Jakob geseën het, en hom weggestuur het na Paddan-Aram om vir hom daar ’n vrou te neem; en dat hy hom geseën het, en hom beveel het, en gesê het, Jy mag nie ’n vrou neem van die dogters van Kanaän nie;
7
And that Jacob obeyed his father and his mother, and was gone to Padanaram;
En dat Jakob na sy vader en sy moeder geluister het, en na Paddan-Aram gegaan het;
8
And Esau seeing that the daughters of Canaan pleased not Isaac his father;
En Esau sien dat die dogters van Kanaän sleg was in die oë van Isak sy vader;
9
Then went Esau unto Ishmael, and took unto the wives which he had Mahalath the daughter of Ishmael Abraham’s son, the sister of Nebajoth, to be his wife.
Toe het Esau na Ismael gegaan, en Mahalat geneem, die dogter van Ismael Abraham se seun, die suster van Nebajot, tot byvrou by sy vroue.
10
And Jacob went out from Beersheba, and went toward Haran.
En Jakob het uitgetrek van Berseba, en gegaan na Haran.
11
And he lighted upon a certain place, and tarried there all night, because the sun was set; and he took of the stones of that place, and put [them for] his pillows, and lay down in that place to sleep.
En hy het by ’n plek gekom, en daar oornag, omdat die son ondergegaan het; en hy het van die klippe van daardie plek geneem, en dit onder sy hoof gelê, en daar gaan lê.
12
And he dreamed, and behold a ladder set up on the earth, and the top of it reached to heaven: and behold the angels of God ascending and descending on it.
En hy het gedroom, en kyk, ‚'n leer is op die aarde gestel, en die top daarvan raak aan die hemel: en kyk, die engele van God klim daarop op en daal daarop af.
13
And, behold, the LORD stood above it, and said, I [am] the LORD God of Abraham thy father, and the God of Isaac: the land whereon thou liest, to thee will I give it, and to thy seed;
En kyk, die HERE het bo-aan gestaan, en gesê, Ek is die HERE, die God van Abraham jou vader, en die God van Isak: die land waarop jy lê, sal Ek aan jou gee, en aan jou saad;
14
And thy seed shall be as the dust of the earth, and thou shalt spread abroad to the west, and to the east, and to the north, and to the south: and in thee and in thy seed shall all the families of the earth be blessed.
En jou saad sal wees soos die stof van die aarde, en jy sal uitbrei na die weste, en na die ooste, en na die noorde, en na die suide: en in jou en in jou saad sal al die families van die aarde geseën word.
15
And, behold, I [am] with thee, and will keep thee in all [places] whither thou goest, and will bring thee again into this land; for I will not leave thee, until I have done [that] which I have spoken to thee of.
En kyk, Ek is met jou, en sal jou bewaar oral waar jy gaan, en jou terugbring na hierdie land; want Ek sal jou nie verlaat nie, totdat Ek gedoen het wat Ek tot jou gespreek het.
16
And Jacob awaked out of his sleep, and he said, Surely the LORD is in this place; and I knew [it] not.
En Jakob het wakker geword uit sy slaap, en gesê, Sekerlik is die HERE in hierdie plek; en ek het dit nie geweet nie.
17
And he was afraid, and said, How dreadful [is] this place! this [is] none other but the house of God, and this [is] the gate of heaven.
En hy was bevrees, en gesê, Hoe vreeslik is hierdie plek! dit is niks anders as die huis van God nie, en dit is die poort van die hemel.
18
And Jacob rose up early in the morning, and took the stone that he had put [for] his pillows, and set it up [for] a pillar, and poured oil upon the top of it.
En Jakob het vroeg in die môre opgestaan, en die klip geneem wat hy onder sy hoof gelê het, en dit as ’n pilaar opgerig, en olie op die top daarvan uitgegooi.
19
And he called the name of that place Bethel: but the name of that city [was called] Luz at the first.
En hy het die naam van daardie plek Bet-el genoem: maar die naam van daardie stad was voorheen Lus.
20
And Jacob vowed a vow, saying, If God will be with me, and will keep me in this way that I go, and will give me bread to eat, and raiment to put on,
En Jakob het ’n gelofte gedoen, en gesê, As God met my sal wees, en my bewaar op hierdie weg wat ek gaan, en my brood gee om te eet, en klere om aan te trek,
21
So that I come again to my father’s house in peace; then shall the LORD be my God:
Sodat ek in vrede terugkeer na my vader se huis; dan sal die HERE my God wees:
22
And this stone, which I have set [for] a pillar, shall be God’s house: and of all that thou shalt give me I will surely give the tenth unto thee.
En hierdie klip, wat ek as ‚'n pilaar opgerig het, sal God se huis wees: en van alles wat U my gee, sal ek U sekerlik die tiende gee.