King James Version
AFR DVK
1
After these things the word of the LORD came unto Abram in a vision, saying, Fear not, Abram: I [am] thy shield, [and] thy exceeding great reward.
Ná hierdie dinge het die woord van die HERE tot Abram gekom in ’n gesig, en gesê, Vrees nie, Abram: Ek is jou skild, en jou uitermate groot loon.
2
And Abram said, Lord GOD, what wilt thou give me, seeing I go childless, and the steward of my house [is] this Eliezer of Damascus?
En Abram het gesê, Here HERE, wat sal U my gee, aangesien ek kinderloos voortgaan, en die erfgenaam van my huis is hierdie Eliëser van Damaskus?
3
And Abram said, Behold, to me thou hast given no seed: and, lo, one born in my house is mine heir.
En Abram het gesê, Kyk, aan my het U geen saad gegee nie; en kyk, een wat in my huis gebore is, is my erfgenaam.
4
And, behold, the word of the LORD [came] unto him, saying, This shall not be thine heir; but he that shall come forth out of thine own bowels shall be thine heir.
En kyk, die woord van die HERE het tot hom gekom, en gesê, Hierdie een sal nie jou erfgenaam wees nie; maar hy wat uit jou eie liggaam sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees.
5
And he brought him forth abroad, and said, Look now toward heaven, and tell the stars, if thou be able to number them: and he said unto him, So shall thy seed be.
En Hy het hom uitgelei na buite, en gesê, Kyk nou na die hemel, en tel die sterre, as jy hulle kan tel: en Hy het tot hom gesê, So sal jou saad wees.
6
And he believed in the LORD; and he counted it to him for righteousness.
En hy het in die HERE geglo; en Hy het dit vir hom tot geregtigheid gereken.
7
And he said unto him, I [am] the LORD that brought thee out of Ur of the Chaldees, to give thee this land to inherit it.
En Hy het tot hom gesê, Ek is die HERE wat jou uitgelei het uit Ur van die Chaldeërs, om aan jou hierdie land te gee om dit te erf.
8
And he said, Lord GOD, whereby shall I know that I shall inherit it?
En hy het gesê, Here HERE, waaraan sal ek weet dat ek dit sal erf?
9
And he said unto him, Take me an heifer of three years old, and a she goat of three years old, and a ram of three years old, and a turtledove, and a young pigeon.
En Hy het tot hom gesê, Neem vir My ’n driejarige vers, en ’n driejarige bokooi, en ’n driejarige ram, en ’n tortelduif, en ’n jong duif.
10
And he took unto him all these, and divided them in the midst, and laid each piece one against another: but the birds divided he not.
En hy het al hierdie vir Hom geneem, en hulle in die midde deurgekap, en elke stuk teenoor die ander gelê: maar die voëls het hy nie deurgekap nie.
11
And when the fowls came down upon the carcases, Abram drove them away.
En toe die roofvoëls op die dooie diere neergedaal het, het Abram hulle weggejaag.
12
And when the sun was going down, a deep sleep fell upon Abram; and, lo, an horror of great darkness fell upon him.
En toe die son ondergaan het, het ‚'n diepe slaap op Abram geval; en kyk, ‚'n verskrikking van groot duisternis het op hom geval.
13
And he said unto Abram, Know of a surety that thy seed shall be a stranger in a land [that is] not theirs, and shall serve them; and they shall afflict them four hundred years;
En Hy het tot Abram gesê, Weet verseker dat jou saad ’n vreemdeling sal wees in ’n land wat nie hulle eie is nie, en sal hulle dien; en hulle sal hulle verdruk vierhonderd jaar;
14
And also that nation, whom they shall serve, will I judge: and afterward shall they come out with great substance.
En ook die nasie wat hulle sal dien, sal Ek oordeel: en daarna sal hulle uitgaan met groot besittings.
15
And thou shalt go to thy fathers in peace; thou shalt be buried in a good old age.
En jy sal na jou vaders gaan in vrede; jy sal in goeie ouderdom begrawe word.
16
But in the fourth generation they shall come hither again: for the iniquity of the Amorites [is] not yet full.
Maar in die vierde geslag sal hulle hierheen terugkeer: want die ongeregtigheid van die Amoriete is nog nie vol nie.
17
And it came to pass, that, when the sun went down, and it was dark, behold a smoking furnace, and a burning lamp that passed between those pieces.
En dit het gebeur, toe die son ondergegaan het, en dit donker was, kyk, daar was ‚'n rokende oond, en ‚'n brandende lamp wat tussen daardie stukke deurgegaan het.
18
In the same day the LORD made a covenant with Abram, saying, Unto thy seed have I given this land, from the river of Egypt unto the great river, the river Euphrates:
In dieselfde dag het die HERE ’n verbond met Abram gemaak, en gesê, Aan jou saad het Ek hierdie land gegee, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die rivier Eufraat:
19
The Kenites, and the Kenizzites, and the Kadmonites,
Die Keniete, en die Kenisiete, en die Kadmoniete,
20
And the Hittites, and the Perizzites, and the Rephaims,
En die Hetiete, en die Feresiete, en die Refaïete,
21
And the Amorites, and the Canaanites, and the Girgashites, and the Jebusites.
En die Amoriete, en die Kanaäniete, en die Girgasiete, en die Jebusiete.