King James Version
AFR DVK
1
And it came to pass in the days of Amraphel king of Shinar, Arioch king of Ellasar, Chedorlaomer king of Elam, and Tidal king of nations;
En dit het gebeur in die dae van Amrafel koning van Sinear, Ariog koning van Ellasar, Kedorlaomer koning van Elam, en Tidal koning van Goyim;
2
[That these] made war with Bera king of Sodom, and with Birsha king of Gomorrah, Shinab king of Admah, and Shemeber king of Zeboiim, and the king of Bela, which is Zoar.
Dat hulle oorlog gevoer het met Bera koning van Sodom, en met Birsa koning van Gomorra, Sinab koning van Adma, en Semeber koning van Seboïm, en die koning van Bela, dit is Soar.
3
All these were joined together in the vale of Siddim, which is the salt sea.
Al hierdie het saamgekom in die vallei van Siddim, dit is die Soutsee.
4
Twelve years they served Chedorlaomer, and in the thirteenth year they rebelled.
Twaalf jaar lank het hulle Kedorlaomer gedien, en in die dertiende jaar het hulle gerebelleer.
5
And in the fourteenth year came Chedorlaomer, and the kings that [were] with him, and smote the Rephaims in Ashteroth Karnaim, and the Zuzims in Ham, and the Emims in Shaveh Kiriathaim,
En in die veertiende jaar het Kedorlaomer gekom, en die konings wat saam met hom was, en hulle het die Refaïete verslaan in Asterot-Karnaïm, en die Susiete in Ham, en die Emiete in Save-Kirjataïm,
6
And the Horites in their mount Seir, unto Elparan, which [is] by the wilderness.
En die Horiete in hulle berg Seïr, tot by El-Paran, wat by die wildernis is.
7
And they returned, and came to Enmishpat, which [is] Kadesh, and smote all the country of the Amalekites, and also the Amorites, that dwelt in Hazezontamar.
En hulle het teruggekeer, en gekom tot by En-Mispat, dit is Kades, en die hele land van die Amalekiete verslaan, en ook die Amoriete wat in Haseson-Tamar gewoon het.
8
And there went out the king of Sodom, and the king of Gomorrah, and the king of Admah, and the king of Zeboiim, and the king of Bela (the same [is] Zoar;) and they joined battle with them in the vale of Siddim;
En die koning van Sodom, en die koning van Gomorra, en die koning van Adma, en die koning van Seboïm, en die koning van Bela, dit is Soar, het uitgetrek en hulle opgestel in slagorde teen hulle in die vallei van Siddim;
9
With Chedorlaomer the king of Elam, and with Tidal king of nations, and Amraphel king of Shinar, and Arioch king of Ellasar; four kings with five.
Teen Kedorlaomer koning van Elam, en Tidal koning van Goyim, en Amrafel koning van Sinear, en Ariog koning van Ellasar; vier konings teen vyf.
10
And the vale of Siddim [was full of] slimepits; and the kings of Sodom and Gomorrah fled, and fell there; and they that remained fled to the mountain.
En die vallei van Siddim was vol bitumputte; en die konings van Sodom en Gomorra het gevlug, en daar ingeval; en die oorblywendes het na die berg gevlug.
11
And they took all the goods of Sodom and Gomorrah, and all their victuals, and went their way.
En hulle het al die goed van Sodom en Gomorra geneem, en al hulle voedsel, en weggetrek.
12
And they took Lot, Abram’s brother’s son, who dwelt in Sodom, and his goods, and departed.
En hulle het Lot, Abram se broer se seun, geneem, wat in Sodom gewoon het, en sy goed, en weggetrek.
13
And there came one that had escaped, and told Abram the Hebrew; for he dwelt in the plain of Mamre the Amorite, brother of Eshcol, and brother of Aner: and these [were] confederate with Abram.
En een wat ontkom het, het gekom en dit aan Abram die Hebreër vertel; want hy het gewoon by die eike van Mamre die Amoriet, broer van Eskol, en broer van Aner: en hierdie was bondgenote van Abram.
14
And when Abram heard that his brother was taken captive, he armed his trained [servants], born in his own house, three hundred and eighteen, and pursued [them] unto Dan.
En toe Abram gehoor het dat sy broer weggevoer is, het hy sy geoefende manne toegerus, dié wat in sy huis gebore is, driehonderd en agtien, en agtervolg tot by Dan.
15
And he divided himself against them, he and his servants, by night, and smote them, and pursued them unto Hobah, which [is] on the left hand of Damascus.
En hy het homself en sy diensknegte in die nag teen hulle verdeel, en hulle verslaan, en hulle agtervolg tot by Hoba, wat links van Damaskus is.
16
And he brought back all the goods, and also brought again his brother Lot, and his goods, and the women also, and the people.
En hy het al die goed teruggebring, en ook sy broer Lot en sy goed teruggebring, en ook die vroue, en die volk.
17
And the king of Sodom went out to meet him after his return from the slaughter of Chedorlaomer, and of the kings that [were] with him, at the valley of Shaveh, which [is] the king’s dale.
En die koning van Sodom het uitgegaan om hom te ontmoet, nadat hy teruggekeer het van die slagting van Kedorlaomer, en van die konings wat saam met hom was, by die vallei van Save, dit is die Koningsvallei.
18
And Melchizedek king of Salem brought forth bread and wine: and he [was] the priest of the most high God.
En Melgisédek koning van Salem het brood en wyn uitgebring: en hy was die priester van die Allerhoogste God.
19
And he blessed him, and said, Blessed [be] Abram of the most high God, possessor of heaven and earth:
En hy het hom geseën, en gesê, Geseënd is Abram van die Allerhoogste God, Besitter van hemel en aarde:
20
And blessed be the most high God, which hath delivered thine enemies into thy hand. And he gave him tithes of all.
En geseënd is die Allerhoogste God, wat jou vyande in jou hand oorgegee het. En hy het hom tiendes gegee van alles.
21
And the king of Sodom said unto Abram, Give me the persons, and take the goods to thyself.
En die koning van Sodom het tot Abram gesê, Gee my die siele, en neem die goed vir jouself.
22
And Abram said to the king of Sodom, I have lift up mine hand unto the LORD, the most high God, the possessor of heaven and earth,
En Abram het tot die koning van Sodom gesê, Ek het my hand opgehef tot die HERE, die Allerhoogste God, Besitter van hemel en aarde,
23
That I will not [take] from a thread even to a shoelatchet, and that I will not take any thing that [is] thine, lest thou shouldest say, I have made Abram rich:
Dat ek van ’n draad af tot ’n skoenriem toe, nie iets sal neem van alles wat aan jou behoort nie, sodat jy nie sal sê, Ek het Abram ryk gemaak nie:
24
Save only that which the young men have eaten, and the portion of the men which went with me, Aner, Eshcol, and Mamre; let them take their portion.
Behalwe alleen wat die jongmanne geëet het, en die deel van die manne wat saam met my gegaan het, Aner, Eskol, en Mamre; laat hulle hulle deel neem.