← Esra 4 Esra — Ezra 5 Esra 6 →
King James Version
AFR DVK
1
Then the prophets, Haggai the prophet, and Zechariah the son of Iddo, prophesied unto the Jews that [were] in Judah and Jerusalem in the name of the God of Israel, [even] unto them.
Toe het die profete, Haggai die profeet, en Sagarja die seun van Iddo, geprofeteer teen die Jode wat in Juda en Jérusalem was in die Naam van die God van Israel, selfs tot hulle.
2
Then rose up Zerubbabel the son of Shealtiel, and Jeshua the son of Jozadak, and began to build the house of God which [is] at Jerusalem: and with them [were] the prophets of God helping them.
Toe het Serubbábel die seun van Sealtiël, en Jesua die seun van Josadak, opgestaan, en begin om die huis van God wat in Jérusalem is, te bou: en by hulle was die profete van God, wat hulle gehelp het.
3
At the same time came to them Tatnai, governor on this side the river, and Shetharboznai, and their companions, and said thus unto them, Who hath commanded you to build this house, and to make up this wall?
In dieselfde tyd het Tattenai, goewerneur aan hierdie kant van die rivier, en Setar-Bosnai, en hulle metgeselle by hulle gekom, en so tot hulle gesê, Wie het julle bevel gegee om hierdie huis te bou, en hierdie muur op te rig?
4
Then said we unto them after this manner, What are the names of the men that make this building?
Toe het ons tot hulle so gesê, Wat is die name van die manne wat hierdie gebou maak?
5
But the eye of their God was upon the elders of the Jews, that they could not cause them to cease, till the matter came to Darius: and then they returned answer by letter concerning this [matter].
Maar die oog van hulle God was op die ouderlinge van die Jode, dat hulle hulle nie kon laat ophou nie, totdat die saak aan Daríus gekom het: en toe het hulle deur brief hieroor antwoord teruggekry.
6
The copy of the letter that Tatnai, governor on this side the river, and Shetharboznai, and his companions the Apharsachites, which [were] on this side the river, sent unto Darius the king:
Die afskrif van die brief wat Tattenai, goewerneur aan hierdie kant van die rivier, en Setar-Bosnai, en sy metgeselle die Afarsagiete, wat aan hierdie kant van die rivier was, aan koning Daríus gestuur het:
7
They sent a letter unto him, wherein was written thus; Unto Darius the king, all peace.
Hulle het ’n brief aan hom gestuur, waarin so geskrywe was; Aan Daríus die koning, alle vrede.
8
Be it known unto the king, that we went into the province of Judea, to the house of the great God, which is builded with great stones, and timber is laid in the walls, and this work goeth fast on, and prospereth in their hands.
Laat dit aan die koning bekend wees, dat ons na die provinsie van Juda gegaan het, na die huis van die groot God, wat met groot klippe gebou word, en hout word in die mure gelê, en hierdie werk gaan vinnig voort, en voorspoedig in hulle hande.
9
Then asked we those elders, [and] said unto them thus, Who commanded you to build this house, and to make up these walls?
Toe het ons die ouderlinge gevra, en so tot hulle gesê, Wie het julle bevel gegee om hierdie huis te bou, en hierdie muur op te rig?
10
We asked their names also, to certify thee, that we might write the names of the men that [were] the chief of them.
Ons het hulle ook na hulle name gevra, om jou in kennis te stel, dat ons die name van die manne wat die hoofde onder hulle was, mag opskrywe.
11
And thus they returned us answer, saying, We are the servants of the God of heaven and earth, and build the house that was builded these many years ago, which a great king of Israel builded and set up.
En so het hulle ons antwoord teruggegee, en gesê, Ons is die dienaars van die God van die hemel en aarde, en bou die huis wat baie jare gelede gebou is, wat ’n groot koning van Israel gebou en opgerig het.
12
But after that our fathers had provoked the God of heaven unto wrath, he gave them into the hand of Nebuchadnezzar the king of Babylon, the Chaldean, who destroyed this house, and carried the people away into Babylon.
Maar nadat ons vaders die God van die hemel geterg het, het Hy hulle in die hand van Nebukadrésar die koning van Babel, die Chaldeër, oorgegee, wat hierdie huis vernietig het, en die volk na Babel weggevoer het.
13
But in the first year of Cyrus the king of Babylon [the same] king Cyrus made a decree to build this house of God.
Maar in die eerste jaar van Kores die koning van Babel het dieselfde koning Kores bevel gegee om hierdie huis van God te bou.
14
And the vessels also of gold and silver of the house of God, which Nebuchadnezzar took out of the temple that [was] in Jerusalem, and brought them into the temple of Babylon, those did Cyrus the king take out of the temple of Babylon, and they were delivered unto [one], whose name [was] Sheshbazzar, whom he had made governor;
En die goue en silwer vate van die huis van God, wat Nebukadrésar uit die tempel wat in Jérusalem was, geneem het, en in die tempel van Babel gebring het, dié het koning Kores uitgebring uit die tempel van Babel, en hulle aan een, wie se naam Sesbassar was, wat hy as goewerneur gemaak het, oorgegee;
15
And said unto him, Take these vessels, go, carry them into the temple that [is] in Jerusalem, and let the house of God be builded in his place.
En tot hom gesê, Neem hierdie vate, gaan, bring hulle in die tempel wat in Jérusalem is, en laat die huis van God op sy plek gebou word.
16
Then came the same Sheshbazzar, [and] laid the foundation of the house of God which [is] in Jerusalem: and since that time even until now hath it been in building, and [yet] it is not finished.
Toe het dieselfde Sesbassar gekom, en die fondament van die huis van God wat in Jérusalem is, gelê: en van daardie tyd af tot nou toe is dit in die bou, en is nog nie klaar nie.
17
Now therefore, if [it seem] good to the king, let there be search made in the king’s treasure house, which [is] there at Babylon, whether it be [so], that a decree was made of Cyrus the king to build this house of God at Jerusalem, and let the king send his pleasure to us concerning this matter.
Nou daarom, as dit die koning behaag, laat daar ondersoek gedoen word in die koning se skattehuis, wat daar in Babel is, of dit so is, dat ’n bevel van koning Kores gegee is om hierdie huis van God in Jérusalem te bou, en laat die koning sy behae aangaande hierdie saak aan ons stuur.