King James Version
AFR DVK
1
And the LORD said unto Moses, Hew thee two tables of stone like unto the first: and I will write upon [these] tables the words that were in the first tables, which thou brakest.
En die HERE het tot Moses gesê, Kap vir jou twee tafels van klip soos die eerste: en ek sal op die tafels die woorde skrywe wat op die eerste tafels was, wat jy stukkend gebreek het.
2
And be ready in the morning, and come up in the morning unto mount Sinai, and present thyself there to me in the top of the mount.
En wees gereed teen die môre, en klim in die môre op na die berg Sinai, en stel jou daar aan My voor op die top van die berg.
3
And no man shall come up with thee, neither let any man be seen throughout all the mount; neither let the flocks nor herds feed before that mount.
En niemand mag saam met jou opklim nie, en laat ook niemand in die hele berg gesien word nie; laat ook die kleinvee of beeste nie voor daardie berg wei nie.
4
And he hewed two tables of stone like unto the first; and Moses rose up early in the morning, and went up unto mount Sinai, as the LORD had commanded him, and took in his hand the two tables of stone.
En hy het twee tafels van klip gekap soos die eerste; en Moses het vroeg in die môre opgestaan, en opgeklim na die berg Sinai, soos die HERE hom beveel het, en die twee tafels van klip in sy hand geneem.
5
And the LORD descended in the cloud, and stood with him there, and proclaimed the name of the LORD.
En die HERE het neergedaal in die wolk, en daar by hom gestaan, en die Naam van die HERE uitgeroep.
6
And the LORD passed by before him, and proclaimed, The LORD, The LORD God, merciful and gracious, longsuffering, and abundant in goodness and truth,
En die HERE het voor sy aangesig verbygegaan, en uitgeroep, Die HERE, die HERE God, barmhartig en genadig, lankmoedig, en groot van goedheid en trou,
7
Keeping mercy for thousands, forgiving iniquity and transgression and sin, and that will by no means clear [the guilty]; visiting the iniquity of the fathers upon the children, and upon the children’s children, unto the third and to the fourth [generation].
Wat barmhartigheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, en wat geensins ongestraf laat nie; wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders, en aan die kinders se kinders, tot in die derde en tot in die vierde geslag.
8
And Moses made haste, and bowed his head toward the earth, and worshipped.
En Moses het haastig die hoof gebuig na die aarde, en aanbid.
9
And he said, If now I have found grace in thy sight, O Lord, let my Lord, I pray thee, go among us; for it [is] a stiffnecked people; and pardon our iniquity and our sin, and take us for thine inheritance.
En hy het gesê, As ek nou genade in u oë gevind het, o Here, laat die Here tog in ons midde trek; want dit is ’n hardnekkige volk; en vergewe ons ongeregtigheid en ons sonde, en neem ons as u erfdeel.
10
And he said, Behold, I make a covenant: before all thy people I will do marvels, such as have not been done in all the earth, nor in any nation: and all the people among which thou [art] shall see the work of the LORD: for it [is] a terrible thing that I will do with thee.
En Hy het gesê, Kyk, ek maak ’n verbond: voor jou hele volk sal ek wonders doen, soos daar nie in die hele aarde, of in enige nasie gedoen is nie: en die hele volk onder wie jy is, sal die werk van die HERE sien: want dit is ’n vreeslike ding wat ek met jou sal doen.
11
Observe thou that which I command thee this day: behold, I drive out before thee the Amorite, and the Canaanite, and the Hittite, and the Perizzite, and the Hivite, and the Jebusite.
Onderhou wat ek jou vandag beveel: kyk, ek dryf voor jou uit die Amoriet, en die Kanaäniet, en die Hetiet, en die Feresiet, en die Hewiet, en die Jebusiet.
12
Take heed to thyself, lest thou make a covenant with the inhabitants of the land whither thou goest, lest it be for a snare in the midst of thee:
Pas op vir jouself, dat jy geen verbond maak met die inwoners van die land waarheen jy gaan nie; dat dit nie ‚'n strik in jou midde word nie:
13
But ye shall destroy their altars, break their images, and cut down their groves:
Maar julle moet hulle altare afbreek, en hulle beelde verbreek, en hulle bosse afkap:
14
For thou shalt worship no other god: for the LORD, whose name [is] Jealous, [is] a jealous God:
Want jy mag jou voor geen ander god neerbuig nie: want die HERE, wie se Naam Jaloers is, is ‚'n jaloerse God:
15
Lest thou make a covenant with the inhabitants of the land, and they go a whoring after their gods, and do sacrifice unto their gods, and [one] call thee, and thou eat of his sacrifice;
Dat jy nie ‚'n verbond maak met die inwoners van die land nie, en hulle agter hulle gode aan hoereer, en aan hulle gode offer, en iemand jou nooi, en jy van sy offer eet;
16
And thou take of their daughters unto thy sons, and their daughters go a whoring after their gods, and make thy sons go a whoring after their gods.
En jy van hulle dogters vir jou seuns neem, en hulle dogters agter hulle gode aan hoereer, en jou seuns agter hulle gode aan laat hoereer.
17
Thou shalt make thee no molten gods.
Jy mag vir jou geen gegote gode maak nie.
18
The feast of unleavened bread shalt thou keep. Seven days thou shalt eat unleavened bread, as I commanded thee, in the time of the month Abib: for in the month Abib thou camest out from Egypt.
Die fees van die ongesuurde brode moet jy onderhou. Sewe dae moet jy ongesuurde brood eet, soos ek jou beveel het, in die tyd van die maand Abib: want in die maand Abib het jy uit Egipte uitgegaan.
19
All that openeth the matrix [is] mine; and every firstling among thy cattle, [whether] ox or sheep, [that is male].
Alles wat die baarmoeder oopmaak, is Myne; en elke eersgeborene onder jou vee, of dit os of skaap is, wat manlik is.
20
But the firstling of an ass thou shalt redeem with a lamb: and if thou redeem [him] not, then shalt thou break his neck. All the firstborn of thy sons thou shalt redeem. And none shall appear before me empty.
Maar die eersgeborene van ‚'n esel moet jy met ‚'n lam loskoop: en as jy dit nie loskoop nie, dan moet jy dit die nek breek. Al die eersgeborenes van jou seuns moet jy loskoop. En niemand mag voor My leeg verskyn nie.
21
Six days thou shalt work, but on the seventh day thou shalt rest: in earing time and in harvest thou shalt rest.
Ses dae moet jy werk, maar op die sewende dag moet jy rus: in die ploegtyd en in die oestyd moet jy rus.
22
And thou shalt observe the feast of weeks, of the firstfruits of wheat harvest, and the feast of ingathering at the year’s end.
En jy moet die fees van die weke onderhou, van die eerstelinge van die koringoes, en die fees van die insameling aan die jaar se einde.
23
Thrice in the year shall all your men children appear before the Lord GOD, the God of Israel.
Drie maal in die jaar moet al jou manlike voor die Here HERE, die God van Israel, verskyn.
24
For I will cast out the nations before thee, and enlarge thy borders: neither shall any man desire thy land, when thou shalt go up to appear before the LORD thy God thrice in the year.
Want ek sal die nasies voor jou uit uitdrywe, en jou grense uitbrei: en niemand sal jou land begeer nie, wanneer jy opgaan om voor die HERE jou God te verskyn drie maal in die jaar.
25
Thou shalt not offer the blood of my sacrifice with leaven; neither shall the sacrifice of the feast of the passover be left unto the morning.
Jy mag die bloed van my offer nie met suurdeeg offer nie; en die offer van die fees van die pasga mag nie tot die môre toe oorbly nie.
26
The first of the firstfruits of thy land thou shalt bring unto the house of the LORD thy God. Thou shalt not seethe a kid in his mother’s milk.
Die eerstelinge van die eerstelinge van jou land moet jy in die huis van die HERE jou God bring. Jy mag ‚'n bokkie nie in sy moeder se melk kook nie.
27
And the LORD said unto Moses, Write thou these words: for after the tenor of these words I have made a covenant with thee and with Israel.
En die HERE het tot Moses gesê, Skryf hierdie woorde neer: want volgens die tenor van hierdie woorde het ek ’n verbond met jou en met Israel gemaak.
28
And he was there with the LORD forty days and forty nights; he did neither eat bread, nor drink water. And he wrote upon the tables the words of the covenant, the ten commandments.
En hy was daar by die HERE veertig dae en veertig nagte; hy het geen brood geëet, of water gedrink nie. En Hy het op die tafels die woorde van die verbond geskrywe, die tien gebooie.
29
And it came to pass, when Moses came down from mount Sinai with the two tables of testimony in Moses’ hand, when he came down from the mount, that Moses wist not that the skin of his face shone while he talked with him.
En dit het gebeur, toe Moses van die berg Sinai afgeklim het met die twee tafels van die getuienis in Moses se hand, toe hy van die berg afgeklim het, dat Moses nie geweet het dat die vel van sy aangesig gestraal het terwyl Hy met hom gespreek het nie.
30
And when Aaron and all the children of Israel saw Moses, behold, the skin of his face shone; and they were afraid to come nigh him.
En toe Aäron en al die kinders van Israel Moses sien, kyk, die vel van sy aangesig het gestraal; en hulle was bevrees om naby hom te kom.
31
And Moses called unto them; and Aaron and all the rulers of the congregation returned unto him: and Moses talked with them.
En Moses het hulle geroep; en Aäron en al die owerstes van die vergadering het na hom teruggekeer: en Moses het met hulle gespreek.
32
And afterward all the children of Israel came nigh: and he gave them in commandment all that the LORD had spoken with him in mount Sinai.
En daarna het al die kinders van Israel nader gekom: en hy het hulle beveel alles wat die HERE met hom op die berg Sinai gespreek het.
33
And [till] Moses had done speaking with them, he put a vail on his face.
En toe Moses klaar was met met hulle te spreek, het hy ‚'n sluier op sy aangesig gesit.
34
But when Moses went in before the LORD to speak with him, he took the vail off, until he came out. And he came out, and spake unto the children of Israel [that] which he was commanded.
Maar wanneer Moses in voor die HERE gegaan het om met Hom te spreek, het hy die sluier afgeneem, totdat hy uitgegaan het. En hy het uitgegaan, en tot die kinders van Israel gespreek wat hom beveel is.
35
And the children of Israel saw the face of Moses, that the skin of Moses’ face shone: and Moses put the vail upon his face again, until he went in to speak with him.
En die kinders van Israel het die aangesig van Moses gesien, dat die vel van Moses se aangesig gestraal het: en Moses het die sluier weer op sy aangesig gesit, totdat hy ingegaan het om met Hom te spreek.