King James Version
AFR DVK
1
And the LORD said unto Moses, Depart, [and] go up hence, thou and the people which thou hast brought up out of the land of Egypt, unto the land which I sware unto Abraham, to Isaac, and to Jacob, saying, Unto thy seed will I give it:
En die HERE het tot Moses gesê, Vertrek, gaan op van hier, jy en die volk wat jy uit die land Egipte uitgelei het, na die land wat ek aan Abraham, aan Isak, en aan Jakob met ’n eed beloof het, en gesê het, Aan jou saad sal ek dit gee:
2
And I will send an angel before thee; and I will drive out the Canaanite, the Amorite, and the Hittite, and the Perizzite, the Hivite, and the Jebusite:
En ek sal ’n engel voor jou uit stuur; en ek sal die Kanaäniet, die Amoriet, en die Hetiet, en die Feresiet, die Hewiet, en die Jebusiet uitdrywe:
3
Unto a land flowing with milk and honey: for I will not go up in the midst of thee; for thou [art] a stiffnecked people: lest I consume thee in the way.
Na ‚'n land wat oorvloei van melk en heuning: want ek sal nie in jou midde optrek nie; want jy is ‚'n hardnekkige volk: dat ek jou nie op die pad verteer nie.
4
And when the people heard these evil tidings, they mourned: and no man did put on him his ornaments.
En toe die volk hierdie slegte woord hoor, het hulle getreur: en niemand het sy sieraad aangetrek nie.
5
For the LORD had said unto Moses, Say unto the children of Israel, Ye [are] a stiffnecked people: I will come up into the midst of thee in a moment, and consume thee: therefore now put off thy ornaments from thee, that I may know what to do unto thee.
Want die HERE het tot Moses gesê, Sê tot die kinders van Israel, Julle is ’n hardnekkige volk: as ek een oomblik in jou midde optrek, sal ek jou verteer: daarom, trek nou jou sieraad van jou af, dat ek mag weet wat ek met jou moet doen.
6
And the children of Israel stripped themselves of their ornaments by the mount Horeb.
En die kinders van Israel het hulle sieraad van hulle afgetrek by die berg Horeb.
7
And Moses took the tabernacle, and pitched it without the camp, afar off from the camp, and called it the Tabernacle of the congregation. And it came to pass, [that] every one which sought the LORD went out unto the tabernacle of the congregation, which [was] without the camp.
En Moses het die tent geneem, en dit buite die kamp opgeslaan, ver van die kamp af, en dit die tabernakel van die gemeente genoem. En dit het gebeur, dat elkeen wat die HERE soek, uitgegaan het na die tabernakel van die gemeente, wat buite die kamp was.
8
And it came to pass, when Moses went out unto the tabernacle, [that] all the people rose up, and stood every man [at] his tent door, and looked after Moses, until he was gone into the tabernacle.
En dit het gebeur, wanneer Moses uitgegaan het na die tent, dat die hele volk opgestaan het, en elkeen by sy tentdeur gestaan het, en Moses nagekyk het, totdat hy in die tent ingegaan het.
9
And it came to pass, as Moses entered into the tabernacle, the cloudy pillar descended, and stood [at] the door of the tabernacle, and [the LORD] talked with Moses.
En dit het gebeur, wanneer Moses in die tent ingegaan het, dat die wolkkolom neergedaal het, en by die deur van die tent gestaan het, en die HERE met Moses gespreek het.
10
And all the people saw the cloudy pillar stand [at] the tabernacle door: and all the people rose up and worshipped, every man [in] his tent door.
En die hele volk het die wolkkolom gesien staan by die deur van die tent: en die hele volk het opgestaan en aanbid, elkeen by sy tentdeur.
11
And the LORD spake unto Moses face to face, as a man speaketh unto his friend. And he turned again into the camp: but his servant Joshua, the son of Nun, a young man, departed not out of the tabernacle.
En die HERE het met Moses van aangesig tot aangesig gespreek, soos ‚'n man met sy vriend spreek. En hy het teruggekeer na die kamp: maar sy dienaar Josua, die seun van Nun, ‚'n jongman, het nie uit die tent uitgegaan nie.
12
And Moses said unto the LORD, See, thou sayest unto me, Bring up this people: and thou hast not let me know whom thou wilt send with me. Yet thou hast said, I know thee by name, and thou hast also found grace in my sight.
En Moses het tot die HERE gesê, Kyk, U sê tot my, Lei hierdie volk op: en U het my nie laat weet wie U saam met my sal stuur nie. Tog het U gesê, Ek ken jou by die naam, en jy het ook genade in my oë gevind.
13
Now therefore, I pray thee, if I have found grace in thy sight, shew me now thy way, that I may know thee, that I may find grace in thy sight: and consider that this nation [is] thy people.
Nou dan, as ek genade in u oë gevind het, toon my tog nou u weg, dat ek U mag ken, dat ek genade in u oë mag vind: en let daarop dat hierdie nasie u volk is.
14
And he said, My presence shall go [with thee], and I will give thee rest.
En Hy het gesê, My aangesig sal meegaan, en ek sal jou rus gee.
15
And he said unto him, If thy presence go not [with me], carry us not up hence.
En hy het tot Hom gesê, As u aangesig nie meegaan nie, bring ons nie hiervandaan op nie.
16
For wherein shall it be known here that I and thy people have found grace in thy sight? [is it] not in that thou goest with us? so shall we be separated, I and thy people, from all the people that [are] upon the face of the earth.
Want hoe sal dit dan bekend word dat ek genade in u oë gevind het, ek en u volk? is dit nie daarin dat U met ons meegaan nie? so sal ons afgesonder word, ek en u volk, van al die mense wat op die aangesig van die aarde is.
17
And the LORD said unto Moses, I will do this thing also that thou hast spoken: for thou hast found grace in my sight, and I know thee by name.
En die HERE het tot Moses gesê, Ek sal ook hierdie ding doen wat jy gesê het: want jy het genade in my oë gevind, en ek ken jou by die naam.
18
And he said, I beseech thee, shew me thy glory.
En hy het gesê, Ek bid U, toon my u heerlikheid.
19
And he said, I will make all my goodness pass before thee, and I will proclaim the name of the LORD before thee; and will be gracious to whom I will be gracious, and will shew mercy on whom I will shew mercy.
En Hy het gesê, Ek sal al my goedheid voor jou aangesig laat verbygaan, en ek sal die Naam van die HERE voor jou uitroep; en ek sal genadig wees aan wie ek genadig wil wees, en ek sal barmhartigheid bewys aan wie ek barmhartigheid wil bewys.
20
And he said, Thou canst not see my face: for there shall no man see me, and live.
En Hy het gesê, Jy kan my aangesig nie sien nie; want geen mens sal My sien en lewe nie.
21
And the LORD said, Behold, [there is] a place by me, and thou shalt stand upon a rock:
En die HERE het gesê, Kyk, daar is ’n plek by My, en jy moet op die rots staan:
22
And it shall come to pass, while my glory passeth by, that I will put thee in a clift of the rock, and will cover thee with my hand while I pass by:
En dit sal gebeur, terwyl my heerlikheid verbygaan, dat ek jou in ‚'n spleet van die rots sal sit, en jou met my hand sal bedek terwyl ek verbygaan:
23
And I will take away mine hand, and thou shalt see my back parts: but my face shall not be seen.
En ek sal my hand wegneem, en jy sal my rug sien: maar my aangesig sal nie gesien word nie.