King James Version
AFR DVK
1
And the LORD said unto Moses, Yet will I bring one plague [more] upon Pharaoh, and upon Egypt; afterwards he will let you go hence: when he shall let [you] go, he shall surely thrust you out hence altogether.
En die HERE het tot Moses gesê, Nog een plaag sal ek op Farao en op Egipte bring; daarna sal hy julle van hier af laat gaan: wanneer hy julle sal laat gaan, sal hy julle sekerlik heeltemal hiervandaan uitdrywe.
2
Speak now in the ears of the people, and let every man borrow of his neighbour, and every woman of her neighbour, jewels of silver, and jewels of gold.
Spreek nou in die ore van die volk, en laat elke man van sy buurman, en elke vrou van haar buurvrou, silwer juwele en goud juwele vra.
3
And the LORD gave the people favour in the sight of the Egyptians. Moreover the man Moses [was] very great in the land of Egypt, in the sight of Pharaoh’s servants, and in the sight of the people.
En die HERE het die volk guns gegee in die oë van die Egiptenaars. Boonop was die man Moses baie groot in die land Egipte, in die oë van Farao se dienaars, en in die oë van die volk.
4
And Moses said, Thus saith the LORD, About midnight will I go out into the midst of Egypt:
En Moses het gesê, So sê die HERE, Omtrent middernag sal ek uitgaan in die midde van Egipte:
5
And all the firstborn in the land of Egypt shall die, from the firstborn of Pharaoh that sitteth upon his throne, even unto the firstborn of the maidservant that [is] behind the mill; and all the firstborn of beasts.
En al die eersgeborenes in die land Egipte sal sterwe, van die eersgeborene van Farao wat op sy troon sit, tot die eersgeborene van die diensmaagd wat agter die handmeul is; en al die eersgeborenes van die diere.
6
And there shall be a great cry throughout all the land of Egypt, such as there was none like it, nor shall be like it any more.
En daar sal ‚'n groot geskreeu wees deur die hele land Egipte, soos daar nooit was nie, en soos daar nooit weer sal wees nie.
7
But against any of the children of Israel shall not a dog move his tongue, against man or beast: that ye may know how that the LORD doth put a difference between the Egyptians and Israel.
Maar teen enige van die kinders van Israel sal nie ‚'n hond sy tong beweeg nie, teen mens of teen dier: dat julle mag weet dat die HERE ‚'n onderskeid maak tussen die Egiptenaars en Israel.
8
And all these thy servants shall come down unto me, and bow down themselves unto me, saying, Get thee out, and all the people that follow thee: and after that I will go out. And he went out from Pharaoh in a great anger.
En al hierdie jou dienaars sal na my afkom, en voor my neerbuig, en sê, Trek uit, jy, en al die volk wat jou volg: en daarna sal ek uittrek. En hy het van Farao uitgegaan in groot toorn.
9
And the LORD said unto Moses, Pharaoh shall not hearken unto you; that my wonders may be multiplied in the land of Egypt.
En die HERE het tot Moses gesê, Farao sal nie na julle luister nie; dat my wonders vermeerder mag word in die land Egipte.
10
And Moses and Aaron did all these wonders before Pharaoh: and the LORD hardened Pharaoh’s heart, so that he would not let the children of Israel go out of his land.
En Moses en Aäron het al hierdie wonders voor Farao gedoen: en die HERE het Farao se hart verhard, sodat hy die kinders van Israel nie uit sy land laat gaan het nie.