← Deuteronomium 33 Deuteronomium 34
King James Version
AFR DVK
1
And Moses went up from the plains of Moab unto the mountain of Nebo, to the top of Pisgah, that [is] over against Jericho. And the LORD shewed him all the land of Gilead, unto Dan,
En Moses het opgeklim van die vlaktes van Moab af tot by die berg Nebo, tot by die top van Pisga, wat teenoor Jérigo is. En die HERE het hom al die land gewys, van Gílead af tot by Dan,
2
And all Naphtali, and the land of Ephraim, and Manasseh, and all the land of Judah, unto the utmost sea,
En die hele Naftali, en die land Efraim, en Manasse, en die hele land Juda, tot by die uiterste see,
3
And the south, and the plain of the valley of Jericho, the city of palm trees, unto Zoar.
En die suide, en die vlakte van die dal van Jérigo, die stad van palmbome, tot by Soar.
4
And the LORD said unto him, This [is] the land which I sware unto Abraham, unto Isaac, and unto Jacob, saying, I will give it unto thy seed: I have caused thee to see [it] with thine eyes, but thou shalt not go over thither.
En die HERE het tot hom gesê, Dit is die land wat ek aan Abraham, aan Isak, en aan Jakob met ’n eed beloof het, en gesê het, Ek sal dit aan jou saad gee: ek het dit jou met jou oë laat sien, maar jy sal nie daarheen oortrek nie.
5
So Moses the servant of the LORD died there in the land of Moab, according to the word of the LORD.
So het Moses die dienaar van die HERE dan gesterwe daar in die land Moab, volgens die woord van die HERE.
6
And he buried him in a valley in the land of Moab, over against Bethpeor: but no man knoweth of his sepulchre unto this day.
En Hy het hom begrawe in ‚'n dal in die land Moab, teenoor Bet-Peor: maar geen mens ken sy graf tot vandag toe nie.
7
And Moses [was] an hundred and twenty years old when he died: his eye was not dim, nor his natural force abated.
En Moses was honderd en twintig jaar oud toe hy gesterwe het: sy oog was nie dof nie, en sy natuurlike krag nie vergaan nie.
8
And the children of Israel wept for Moses in the plains of Moab thirty days: so the days of weeping [and] mourning for Moses were ended.
En die kinders van Israel het Moses betreur in die vlaktes van Moab dertig dae lank: so is die dae van geween en rou vir Moses voleindig.
9
And Joshua the son of Nun was full of the spirit of wisdom; for Moses had laid his hands upon him: and the children of Israel hearkened unto him, and did as the LORD commanded Moses.
En Josua die seun van Nun was vol van die gees van wysheid; want Moses het sy hande op hom gelê: en die kinders van Israel het na hom geluister, en gedoen soos die HERE Moses beveel het.
10
And there arose not a prophet since in Israel like unto Moses, whom the LORD knew face to face,
En daar het nie weer ‚'n profeet in Israel opgestaan soos Moses nie, wat die HERE van aangesig tot aangesig geken het,
11
In all the signs and the wonders, which the LORD sent him to do in the land of Egypt to Pharaoh, and to all his servants, and to all his land,
In al die tekens en die wonders, wat die HERE hom gestuur het om te doen in die land Egipte aan Farao, en aan al sy dienaars, en aan sy hele land,
12
And in all that mighty hand, and in all the great terror which Moses shewed in the sight of all Israel.
En in al daardie magtige hand, en in al die groot verskrikking wat Moses voor die oë van die hele Israel gedoen het.
← Deuteronomium 33 Deuteronomium 34