← Deuteronomium 19 Deuteronomium — Deuteronomy 20 Deuteronomium 21 →
King James Version
AFR DVK
1
When thou goest out to battle against thine enemies, and seest horses, and chariots, [and] a people more than thou, be not afraid of them: for the LORD thy God [is] with thee, which brought thee up out of the land of Egypt.
Wanneer jy uittrek tot die geveg teen jou vyande, en jy perde, en strydwaens, en ‚'n volk sien wat meer is as jy, wees nie bevrees vir hulle nie: want die HERE jou God is met jou, wat jou opgebring het uit die land Egipte.
2
And it shall be, when ye are come nigh unto the battle, that the priest shall approach and speak unto the people,
En dit sal gebeur, wanneer julle naby die geveg kom, dat die priester moet nader kom en tot die volk spreek,
3
And shall say unto them, Hear, O Israel, ye approach this day unto battle against your enemies: let not your hearts faint, fear not, and do not tremble, neither be ye terrified because of them;
En tot hulle sê, Hoor, Israel, julle kom vandag naby die geveg teen julle vyande: laat julle hart nie week word nie, wees nie bevrees, en bewe nie, en wees nie verskrik voor hulle nie;
4
For the LORD your God [is] he that goeth with you, to fight for you against your enemies, to save you.
Want die HERE julle God is Hy wat met julle gaan, om vir julle te veg teen julle vyande, om julle te red.
5
And the officers shall speak unto the people, saying, What man [is there] that hath built a new house, and hath not dedicated it? let him go and return to his house, lest he die in the battle, and another man dedicate it.
En die amptenare moet tot die volk spreek, en sê, Wie is die man wat ’n nuwe huis gebou het, en dit nie ingewy het nie? laat hom gaan en na sy huis terugkeer, dat hy nie in die geveg sterwe, en ’n ander man dit inwy nie.
6
And what man [is he] that hath planted a vineyard, and hath not [yet] eaten of it? let him [also] go and return unto his house, lest he die in the battle, and another man eat of it.
En wie is die man wat ’n wingerd geplant het, en dit nie geëet het nie? laat hom gaan en na sy huis terugkeer, dat hy nie in die geveg sterwe, en ’n ander man dit eet nie.
7
And what man [is there] that hath betrothed a wife, and hath not taken her? let him go and return unto his house, lest he die in the battle, and another man take her.
En wie is die man wat ‚'n vrou verloof het, en haar nie geneem het nie? laat hom gaan en na sy huis terugkeer, dat hy nie in die geveg sterwe, en ‚'n ander man haar neem nie.
8
And the officers shall speak further unto the people, and they shall say, What man [is there that is] fearful and fainthearted? let him go and return unto his house, lest his brethren’s heart faint as well as his heart.
En die amptenare moet verder tot die volk spreek, en sê, Wie is die man wat bevrees en weekhartig is? laat hom gaan en na sy huis terugkeer, dat die hart van sy broers nie week word soos sy hart nie.
9
And it shall be, when the officers have made an end of speaking unto the people, that they shall make captains of the armies to lead the people.
En dit sal gebeur, wanneer die amptenare klaar is met die volk te spreek, dat hulle die owerstes van die leërs aan die hoof van die volk moet aanstel.
10
When thou comest nigh unto a city to fight against it, then proclaim peace unto it.
Wanneer jy naby ‚'n stad kom om daarteen te veg, dan moet jy dit tot vrede uitroep.
11
And it shall be, if it make thee answer of peace, and open unto thee, then it shall be, [that] all the people [that is] found therein shall be tributaries unto thee, and they shall serve thee.
En dit sal gebeur, as hulle jou antwoord van vrede gee, en vir jou oopmaak, dan moet al die volk wat daarin gevind word, jou dienspligtiges wees, en jou dien.
12
And if it will make no peace with thee, but will make war against thee, then thou shalt besiege it:
En as dit nie vrede met jou wil maak nie, maar teen jou oorlog wil voer, dan moet jy dit beleër:
13
And when the LORD thy God hath delivered it into thine hands, thou shalt smite every male thereof with the edge of the sword:
En wanneer die HERE jou God dit in jou hand gee, moet jy al die manlike daarvan met die skerpte van die swaard slaan:
14
But the women, and the little ones, and the cattle, and all that is in the city, [even] all the spoil thereof, shalt thou take unto thyself; and thou shalt eat the spoil of thine enemies, which the LORD thy God hath given thee.
Maar die vroue, en die kinders, en die vee, en alles wat in die stad is, selfs al die prooi daarvan, moet jy vir jouself neem; en jy moet die prooi van jou vyande eet, wat die HERE jou God jou gegee het.
15
Thus shalt thou do unto all the cities [which are] very far off from thee, which [are] not of the cities of these nations.
So moet jy doen aan al die stede wat baie ver van jou af is, wat nie van die stede van hierdie nasies is nie.
16
But of the cities of these people, which the LORD thy God doth give thee [for] an inheritance, thou shalt save alive nothing that breatheth:
Maar van die stede van hierdie volke, wat die HERE jou God jou gee tot ‚'n erfenis, moet jy niks laat lewe wat asemhaal nie:
17
But thou shalt utterly destroy them; [namely], the Hittites, and the Amorites, the Canaanites, and the Perizzites, the Hivites, and the Jebusites; as the LORD thy God hath commanded thee:
Maar jy moet hulle heeltemal vernietig; naamlik die Hetiete, en die Amoriete, die Kanaäniete, en die Feresiete, die Hewiete, en die Jebusiete; soos die HERE jou God jou beveel het:
18
That they teach you not to do after all their abominations, which they have done unto their gods; so should ye sin against the LORD your God.
Dat hulle julle nie leer om te doen volgens al hulle gruwels, wat hulle aan hulle gode gedoen het nie; en julle sondig teen die HERE julle God.
19
When thou shalt besiege a city a long time, in making war against it to take it, thou shalt not destroy the trees thereof by forcing an axe against them: for thou mayest eat of them, and thou shalt not cut them down (for the tree of the field [is] man’s [life]) to employ [them] in the siege:
Wanneer jy ’n stad ’n lang tyd beleër, om daarteen te veg om dit in te neem, moet jy die bome daarvan nie vernietig deur byle daarteen te swaai nie: want jy mag daarvan eet, en jy mag hulle nie afkap nie (want die boom van die veld is die lewe van die mens) om dit in die beleg te gebruik:
20
Only the trees which thou knowest that they [be] not trees for meat, thou shalt destroy and cut them down; and thou shalt build bulwarks against the city that maketh war with thee, until it be subdued.
Net die bome waarvan jy weet dat hulle nie bome is om van te eet nie, dié mag jy vernietig en afkap; en jy moet skanse bou teen die stad wat teen jou oorlog voer, totdat dit onderwerp is.