← Deuteronomium 9 Deuteronomium — Deuteronomy 10 Deuteronomium 11 →
King James Version
AFR DVK
1
At that time the LORD said unto me, Hew thee two tables of stone like unto the first, and come up unto me into the mount, and make thee an ark of wood.
In daardie tyd het die HERE tot my gesê, Kap vir jou twee tafels van klip soos die eerste, en klim op na My op die berg, en maak vir jou ’n ark van hout.
2
And I will write on the tables the words that were in the first tables which thou brakest, and thou shalt put them in the ark.
En ek sal op die tafels die woorde skrywe wat op die eerste tafels was, wat jy stukkend gebreek het, en jy moet hulle in die ark sit.
3
And I made an ark [of] shittim wood, and hewed two tables of stone like unto the first, and went up into the mount, having the two tables in mine hand.
En ek het ‚'n ark van sittimhout gemaak, en twee tafels van klip gekap soos die eerste, en op die berg opgeklim, met die twee tafels in my hand.
4
And he wrote on the tables, according to the first writing, the ten commandments, which the LORD spake unto you in the mount out of the midst of the fire in the day of the assembly: and the LORD gave them unto me.
En Hy het op die tafels geskrywe, volgens die eerste skrywe, die tien gebooie, wat die HERE tot julle op die berg uit die midde van die vuur gespreek het in die dag van die vergadering: en die HERE het hulle aan my gegee.
5
And I turned myself and came down from the mount, and put the tables in the ark which I had made; and there they be, as the LORD commanded me.
En ek het omgedraai en van die berg afgeklim, en die tafels in die ark gesit wat ek gemaak het; en daar is hulle, soos die HERE my beveel het.
6
And the children of Israel took their journey from Beeroth of the children of Jaakan to Mosera: there Aaron died, and there he was buried; and Eleazar his son ministered in the priest’s office in his stead.
En die kinders van Israel het van Beërot van die kinders van Jáäkan na Moséra getrek: daar het Aäron gesterwe, en daar is hy begrawe; en Eleásar sy seun het in sy plek priester gedien.
7
From thence they journeyed unto Gudgodah; and from Gudgodah to Jotbath, a land of rivers of waters.
Daarvandaan het hulle na Gudgóda getrek; en van Gudgóda na Jotbata, ’n land van waterstrome.
8
At that time the LORD separated the tribe of Levi, to bear the ark of the covenant of the LORD, to stand before the LORD to minister unto him, and to bless in his name, unto this day.
In daardie tyd het die HERE die stam van Levi afgesonder, om die ark van die verbond van die HERE te dra, om voor die HERE te staan om Hom te dien, en om in sy Naam te seën, tot vandag toe.
9
Wherefore Levi hath no part nor inheritance with his brethren; the LORD [is] his inheritance, according as the LORD thy God promised him.
Daarom het Levi geen deel of erfenis met sy broers nie; die HERE is sy erfenis, soos die HERE jou God hom gesê het.
10
And I stayed in the mount, according to the first time, forty days and forty nights; and the LORD hearkened unto me at that time also, [and] the LORD would not destroy thee.
En ek het op die berg gebly, volgens die eerste tyd, veertig dae en veertig nagte; en die HERE het ook in daardie tyd na my geluister, en die HERE wou jou nie vernietig nie.
11
And the LORD said unto me, Arise, take [thy] journey before the people, that they may go in and possess the land, which I sware unto their fathers to give unto them.
En die HERE het tot my gesê, Staan op, gaan op die reis voor die volk uit, dat hulle mag ingaan en die land besit, wat ek aan hulle vaders met ’n eed beloof het om aan hulle te gee.
12
And now, Israel, what doth the LORD thy God require of thee, but to fear the LORD thy God, to walk in all his ways, and to love him, and to serve the LORD thy God with all thy heart and with all thy soul,
En nou, Israel, wat eis die HERE jou God van jou, as net om die HERE jou God te vrees, om in al sy weë te wandel, en Hom lief te hê, en om die HERE jou God te dien met jou hele hart en met jou hele siel,
13
To keep the commandments of the LORD, and his statutes, which I command thee this day for thy good?
Om die gebooie van die HERE, en sy insettinge, te onderhou, wat ek jou vandag beveel tot jou goed?
14
Behold, the heaven and the heaven of heavens [is] the LORD’S thy God, the earth [also], with all that therein [is].
Kyk, die hemel en die hemel van die hemele is die HERE jou God s‚'n, die aarde ook, met alles wat daarin is.
15
Only the LORD had a delight in thy fathers to love them, and he chose their seed after them, [even] you above all people, as [it is] this day.
Net die HERE het ’n behae in jou vaders gehad om hulle lief te hê, en Hy het hulle saad na hulle, selfs julle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is.
16
Circumcise therefore the foreskin of your heart, and be no more stiffnecked.
Besny dan die voorhuid van julle hart, en wees nie meer hardnekkig nie.
17
For the LORD your God [is] God of gods, and Lord of lords, a great God, a mighty, and a terrible, which regardeth not persons, nor taketh reward:
Want die HERE julle God is God van die gode, en Here van die here, ‚'n groot God, ‚'n magtige, en ‚'n vreeslike, wat geen aangesig aansien nie, en geen geskenk aanneem nie:
18
He doth execute the judgment of the fatherless and widow, and loveth the stranger, in giving him food and raiment.
Hy oefen die oordeel van die wees en die weduwee, en Hy het die vreemdeling lief, deur hom brood en klere te gee.
19
Love ye therefore the stranger: for ye were strangers in the land of Egypt.
Daarom moet julle die vreemdeling liefhê: want julle was vreemdelinge in die land Egipte.
20
Thou shalt fear the LORD thy God; him shalt thou serve, and to him shalt thou cleave, and swear by his name.
Jy moet die HERE jou God vrees; Hom moet jy dien, en aan Hom moet jy vashou, en by sy Naam moet jy sweer.
21
He [is] thy praise, and he [is] thy God, that hath done for thee these great and terrible things, which thine eyes have seen.
Hy is jou roem, en Hy is jou God, wat hierdie groot en vreeslike dinge vir jou gedoen het, wat jou oë gesien het.
22
Thy fathers went down into Egypt with threescore and ten persons; and now the LORD thy God hath made thee as the stars of heaven for multitude.
Jou vaders het met sewentig siele afgegaan na Egipte; en nou het die HERE jou God jou gemaak soos die sterre van die hemel in menigte.