King James Version
AFR DVK
1
And in those days, when the number of the disciples was multiplied, there arose a murmuring of the Grecians against the Hebrews, because their widows were neglected in the daily ministration.
En in daardie dae, toe die getal van die dissipels vermeerder het, het daar ’n murmureer ontstaan van die Griekse Jode teen die Hebreërs, omdat hulle weduwees in die daaglikse bediening verwaarloos is.
2
Then the twelve called the multitude of the disciples [unto them], and said, It is not reason that we should leave the word of God, and serve tables.
Toe het die twaalf die menigte van die dissipels bymekaargeroep, en gesê, Dit is nie redelik dat ons die woord van God nalaat, om tafels te bedien nie.
3
Wherefore, brethren, look ye out among you seven men of honest report, full of the Holy Ghost and wisdom, whom we may appoint over this business.
Daarom, broers, soek julle uit onder julle sewe manne van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie saak mag aanstel.
4
But we will give ourselves continually to prayer, and to the ministry of the word.
Maar ons sal voortdurend volhard in die gebed, en in die bediening van die woord.
5
And the saying pleased the whole multitude: and they chose Stephen, a man full of faith and of the Holy Ghost, and Philip, and Prochorus, and Nicanor, and Timon, and Parmenas, and Nicolas a proselyte of Antioch:
En die voorstel het die hele menigte behaag: en hulle het Stefanus uitverkies, ’n man vol van geloof en van die Heilige Gees, en Filippus, en Prógorus, en Nikánor, en Timon, en Parmenas, en Nikolaas ’n bekeerling van Antiochië:
6
Whom they set before the apostles: and when they had prayed, they laid [their] hands on them.
Wat hulle voor die apostels gestel het: en toe hulle gebid het, het hulle hulle die hande opgelê.
7
And the word of God increased; and the number of the disciples multiplied in Jerusalem greatly; and a great company of the priests were obedient to the faith.
En die woord van God het vermeerder; en die getal van die dissipels het in Jérusalem baie vermeerder; en ’n groot menigte van die priesters was gehoorsaam aan die geloof.
8
And Stephen, full of faith and power, did great wonders and miracles among the people.
En Stefanus, vol van geloof en krag, het groot wonders en tekens onder die volk gedoen.
9
Then there arose certain of the synagogue, which is called [the synagogue] of the Libertines, and Cyrenians, and Alexandrians, and of them of Cilicia and of Asia, disputing with Stephen.
Toe het daar opgestaan sekere van die sinagoge, wat genoem word die sinagoge van die Libertyne, en Sireneërs, en Alexandryne, en van hulle van Silisië en van Asië, en het met Stefanus geredeneer.
10
And they were not able to resist the wisdom and the spirit by which he spake.
En hulle was nie in staat om die wysheid en die gees te weerstaan waarmee hy gespreek het nie.
11
Then they suborned men, which said, We have heard him speak blasphemous words against Moses, and [against] God.
Toe het hulle manne omgekoop, wat gesê het, Ons het hom lasterlike woorde teen Moses, en teen God, hoor spreek.
12
And they stirred up the people, and the elders, and the scribes, and came upon [him], and caught him, and brought [him] to the council,
En hulle het die volk, en die ouderlinge, en die skrifgeleerdes opgerui, en by hom gekom, en hom gegryp, en hom na die raad gebring,
13
And set up false witnesses, which said, This man ceaseth not to speak blasphemous words against this holy place, and the law:
En valse getuies gestel, wat gesê het, Hierdie man hou nie op om lasterlike woorde te spreek teen hierdie heilige plek, en die wet nie:
14
For we have heard him say, that this Jesus of Nazareth shall destroy this place, and shall change the customs which Moses delivered us.
Want ons het hom hoor sê, dat hierdie Jesus van Nasaret hierdie plek sal vernietig, en die gebruike verander wat Moses ons oorgelewer het.
15
And all that sat in the council, looking stedfastly on him, saw his face as it had been the face of an angel.
En almal wat in die raad gesit het, het stip na hom gekyk, en gesien sy aangesig soos die aangesig van ‚'n engel.