← 2 Petrus 2 2 Petrus — 2 Peter 3
King James Version
AFR DVK
1
This second epistle, beloved, I now write unto you; in [both] which I stir up your pure minds by way of remembrance:
Hierdie tweede brief, geliefdes, skryf ek nou aan julle; in beide welke ek julle reine sinne opwek deur herinnering:
2
That ye may be mindful of the words which were spoken before by the holy prophets, and of the commandment of us the apostles of the Lord and Saviour:
Dat julle mag dink aan die woorde wat tevore gespreek is deur die heilige profete, en van die gebod van ons, die apostels van die Here en Verlosser:
3
Knowing this first, that there shall come in the last days scoffers, walking after their own lusts,
Dit eerstens wetende, dat daar in die laaste dae spotters sal kom, wandelende na hulle eie luste,
4
And saying, Where is the promise of his coming? for since the fathers fell asleep, all things continue as [they were] from the beginning of the creation.
En sê, Waar is die belofte van sy koms? want van die tyd af dat die vaders ontslaap het, bly alle dinge soos hulle was van die begin van die skepping af.
5
For this they willingly are ignorant of, that by the word of God the heavens were of old, and the earth standing out of the water and in the water:
Want dit is willens vir hulle verborge, dat deur die woord van God die hemele van ouds was, en die aarde uit die water en in die water bestaande:
6
Whereby the world that then was, being overflowed with water, perished:
Waardeur die wêreld wat destyds was, deur die water oorgekom, vergaan het:
7
But the heavens and the earth, which are now, by the same word are kept in store, reserved unto fire against the day of judgment and perdition of ungodly men.
Maar die hemele en die aarde wat nou is, is deur dieselfde woord weggelê, bewaar tot die vuur teen die dag van oordeel en verderwing van goddelose mense.
8
But, beloved, be not ignorant of this one thing, that one day [is] with the Lord as a thousand years, and a thousand years as one day.
Maar, geliefdes, wees nie onkundig van hierdie een ding nie, dat een dag by die Here is soos duisend jaar, en duisend jaar soos een dag.
9
The Lord is not slack concerning his promise, as some men count slackness; but is longsuffering to us-ward, not willing that any should perish, but that all should come to repentance.
Die Here is nie traag aangaande sy belofte, soos sommige traagheid ag nie; maar is lankmoedig teenoor ons, nie willende dat enigeen sou vergaan nie, maar dat almal tot bekering sou kom.
10
But the day of the Lord will come as a thief in the night; in the which the heavens shall pass away with a great noise, and the elements shall melt with fervent heat, the earth also and the works that are therein shall be burned up.
Maar die dag van die Here sal kom soos ’n dief in die nag; waarin die hemele met ’n groot geraas sal verbygaan, en die elemente met brandende hitte sal smelt, die aarde ook en die werke wat daarin is, sal verbrand word.
11
[Seeing] then [that] all these things shall be dissolved, what manner [of persons] ought ye to be in [all] holy conversation and godliness,
Aangesien dan al hierdie dinge ontbind sal word, watter soort van mense behoort julle te wees in alle heilige wandel en godsaligheid,
12
Looking for and hasting unto the coming of the day of God, wherein the heavens being on fire shall be dissolved, and the elements shall melt with fervent heat?
Verwagende en haastende tot die koms van die dag van God, waarin die hemele, aan die brand gesteek, ontbind sal word, en die elemente met brandende hitte sal smelt?
13
Nevertheless we, according to his promise, look for new heavens and a new earth, wherein dwelleth righteousness.
Nietemin, volgens sy belofte, verwag ons nuwe hemele en ’n nuwe aarde, waarin geregtigheid woon.
14
Wherefore, beloved, seeing that ye look for such things, be diligent that ye may be found of him in peace, without spot, and blameless.
Daarom, geliefdes, aangesien julle hierdie dinge verwag, wees ywerig om onbevlek en onberispelik voor Hom gevind te word in vrede.
15
And account [that] the longsuffering of our Lord [is] salvation; even as our beloved brother Paul also according to the wisdom given unto him hath written unto you;
En ag die lankmoedigheid van onse Here tot heil; soos ook ons geliefde broer Paulus volgens die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskrywe het;
16
As also in all [his] epistles, speaking in them of these things; in which are some things hard to be understood, which they that are unlearned and unstable wrest, as [they do] also the other scriptures, unto their own destruction.
Soos ook in al sy briewe, spreekende in hulle van hierdie dinge; in welke daar sommige dinge is wat swaar is om te verstaan, wat hulle wat ongeleerd en ongestadig is, verdraai, soos hulle ook die ander Skrifte doen, tot hulle eie verderwing.
17
Ye therefore, beloved, seeing ye know [these things] before, beware lest ye also, being led away with the error of the wicked, fall from your own stedfastness.
Julle daarom, geliefdes, aangesien julle hierdie dinge vooruit weet, pas op dat julle nie, weggeruk deur die dwaling van die goddeloses, saam val van julle eie standvastigheid nie.
18
But grow in grace, and [in] the knowledge of our Lord and Saviour Jesus Christ. To him [be] glory both now and for ever. Amen.
Maar groei in genade, en in die kennis van onse Here en Verlosser Jesus Christus. Aan Hom sy die heerlikheid, beide nou en tot in ewigheid. Amen.