King James Version
AFR DVK
1
And it came to pass [after] many days, that the word of the LORD came to Elijah in the third year, saying, Go, shew thyself unto Ahab; and I will send rain upon the earth.
En dit was so ná baie dae, dat die woord van die HERE tot Elía gekom het in die derde jaar, en gesê het, Gaan, vertoon jou aan Agab; en ek sal reën op die aardbodem gee.
2
And Elijah went to shew himself unto Ahab. And [there was] a sore famine in Samaria.
En Elía het gegaan om hom aan Agab te vertoon. En daar was ’n sware hongersnood in Samaría.
3
And Ahab called Obadiah, which [was] the governor of [his] house. (Now Obadiah feared the LORD greatly:
En Agab het Obadja, wat oor die huis was, geroep. (Nou het Obadja die HERE baie gevrees:
4
For it was [so], when Jezebel cut off the prophets of the LORD, that Obadiah took an hundred prophets, and hid them by fifty in a cave, and fed them with bread and water.)
Want dit was so, toe Isebel die profete van die HERE uitgeroei het, dat Obadja ‚'n honderd profete geneem het, en hulle by vyftig in ‚'n spelonk verberg het, en hulle met brood en water gevoed het.)
5
And Ahab said unto Obadiah, Go into the land, unto all fountains of water, and unto all brooks: peradventure we may find grass to save the horses and mules alive, that we lose not all the beasts.
En Agab het tot Obadja gesê, Gaan in die land by al die fonteine van water, en by al die spruite: miskien kan ons gras vind om die perde en muile lewendig te hou, dat ons nie al die diere verloor nie.
6
So they divided the land between them to pass throughout it: Ahab went one way by himself, and Obadiah went another way by himself.
So het hulle dan die land tussen hulle verdeel om daardeur te gaan: Agab het alleen een pad gegaan, en Obadja het alleen ‚'n ander pad gegaan.
7
And as Obadiah was in the way, behold, Elijah met him: and he knew him, and fell on his face, and said, [Art] thou that my lord Elijah?
En toe Obadja op die pad was, kyk, Elía het hom tegemoetgekom: en hy het hom herken, en op sy aangesig geval, en gesê, Is dit jy, my heer Elía?
8
And he answered him, I [am]: go, tell thy lord, Behold, Elijah [is here].
En hy het tot hom geantwoord, Dit is ek: gaan, sê aan jou heer, Kyk, Elía is hier.
9
And he said, What have I sinned, that thou wouldest deliver thy servant into the hand of Ahab, to slay me?
En hy het gesê, Wat het ek gesondig, dat jy jou dienaar in die hand van Agab oorgee, om my dood te maak?
10
[As] the LORD thy God liveth, there is no nation or kingdom, whither my lord hath not sent to seek thee: and when they said, [He is] not [there]; he took an oath of the kingdom and nation, that they found thee not.
So waar as die HERE jou God lewe, daar is geen nasie of koninkryk waarheen my heer nie gestuur het om jou te soek nie: en wanneer hulle gesê het, Hy is nie hier nie; het hy die koninkryk en nasie ’n eed laat aflê, dat hulle jou nie kon vind nie.
11
And now thou sayest, Go, tell thy lord, Behold, Elijah [is here].
En nou sê jy, Gaan, sê aan jou heer, Kyk, Elía is hier.
12
And it shall come to pass, [as soon as] I am gone from thee, that the Spirit of the LORD shall carry thee whither I know not; and [so] when I come and tell Ahab, and he cannot find thee, he shall slay me: but I thy servant fear the LORD from my youth.
En dit sal wees, sodra ek van jou af weg is, dat die Gees van die HERE jou wegneem waarheen ek nie weet nie; en so wanneer ek kom en dit aan Agab vertel, en hy jou nie kan vind nie, sal hy my doodmaak: maar ek, jou dienaar, vrees die HERE van my jeug af.
13
Was it not told my lord what I did when Jezebel slew the prophets of the LORD, how I hid an hundred men of the LORD’S prophets by fifty in a cave, and fed them with bread and water?
Was dit nie aan my heer vertel wat ek gedoen het toe Isebel die profete van die HERE doodgemaak het nie, hoe ek ‚'n honderd manne van die HERE se profete by vyftig in ‚'n spelonk verberg het, en hulle met brood en water gevoed het?
14
And now thou sayest, Go, tell thy lord, Behold, Elijah [is here]: and he shall slay me.
En nou sê jy, Gaan, sê aan jou heer, Kyk, Elía is hier: en hy sal my doodmaak.
15
And Elijah said, [As] the LORD of hosts liveth, before whom I stand, I will surely shew myself unto him to day.
En Elía het gesê, So waar as die HERE van die leërskare lewe, voor wie se aangesig ek staan, ek sal my sekerlik vandag aan hom vertoon.
16
So Obadiah went to meet Ahab, and told him: and Ahab went to meet Elijah.
So het Obadja dan gegaan om Agab tegemoet te gaan, en hom dit vertel: en Agab het gegaan om Elía tegemoet te gaan.
17
And it came to pass, when Ahab saw Elijah, that Ahab said unto him, [Art] thou he that troubleth Israel?
En dit was so, toe Agab Elía sien, dat Agab tot hom gesê het, Is dit jy, jy wat Israel in die moeilikheid bring?
18
And he answered, I have not troubled Israel; but thou, and thy father’s house, in that ye have forsaken the commandments of the LORD, and thou hast followed Baalim.
En hy het geantwoord, Ek het Israel nie in die moeilikheid gebring nie, maar jy, en jou vader se huis, deurdat julle die gebooie van die HERE verlaat het, en agter die Baäls aangegaan het.
19
Now therefore send, [and] gather to me all Israel unto mount Carmel, and the prophets of Baal four hundred and fifty, and the prophets of the groves four hundred, which eat at Jezebel’s table.
Stuur daarom nou, en versamel by my die hele Israel by die berg Karmel, en die vierhonderd en vyftig profete van Baäl, en die vierhonderd profete van die bosse, wat aan Isebel se tafel eet.
20
So Ahab sent unto all the children of Israel, and gathered the prophets together unto mount Carmel.
So het Agab dan onder al die kinders van Israel gestuur, en die profete by die berg Karmel bymekaargemaak.
21
And Elijah came unto all the people, and said, How long halt ye between two opinions? if the LORD [be] God, follow him: but if Baal, [then] follow him. And the people answered him not a word.
En Elía het nader gekom by die hele volk, en gesê, Hoe lank hink julle tussen twee menings? as die HERE God is, volg Hom; maar as Baäl, volg hom. En die volk het hom nie ’n woord geantwoord nie.
22
Then said Elijah unto the people, I, [even] I only, remain a prophet of the LORD; but Baal’s prophets [are] four hundred and fifty men.
Toe het Elía tot die volk gesê, Ek, net ek alleen, het oorgebly as ’n profeet van die HERE; maar Baäl se profete is vierhonderd en vyftig manne.
23
Let them therefore give us two bullocks; and let them choose one bullock for themselves, and cut it in pieces, and lay [it] on wood, and put no fire [under]: and I will dress the other bullock, and lay [it] on wood, and put no fire [under]:
Laat hulle ons daarom twee bulle gee; en laat hulle vir hulle die een bul kies, en dit in stukke kap, en dit op hout sit, maar geen vuur daaronder sit nie: en ek sal die ander bul berei, en dit op hout sit, en geen vuur daaronder sit nie:
24
And call ye on the name of your gods, and I will call on the name of the LORD: and the God that answereth by fire, let him be God. And all the people answered and said, It is well spoken.
En roep julle op die naam van julle gode, en ek sal op die Naam van die HERE roep: en die God wat met vuur antwoord, laat Hom God wees. En die hele volk het geantwoord en gesê, Dit is goed gesê.
25
And Elijah said unto the prophets of Baal, Choose you one bullock for yourselves, and dress [it] first; for ye [are] many; and call on the name of your gods, but put no fire [under].
En Elía het tot die profete van Baäl gesê, Kies vir julle die een bul, en berei dit eers; want julle is baie; en roep op die naam van julle gode, maar sit geen vuur daaronder nie.
26
And they took the bullock which was given them, and they dressed [it], and called on the name of Baal from morning even until noon, saying, O Baal, hear us. But [there was] no voice, nor any that answered. And they leaped upon the altar which was made.
En hulle het die bul geneem wat aan hulle gegee is, en dit berei, en op die naam van Baäl geroep van die môre af tot die middag, en gesê, O Baäl, hoor ons. Maar daar was geen stem nie, en geen antwoord nie. En hulle het by die altaar wat gemaak is, rondgespring.
27
And it came to pass at noon, that Elijah mocked them, and said, Cry aloud: for he [is] a god; either he is talking, or he is pursuing, or he is in a journey, [or] peradventure he sleepeth, and must be awaked.
En dit was so teen die middag, dat Elía hulle bespot het, en gesê het, Roep hard; want hy is ’n god; óf hy is in nadenke, óf hy is besig, óf hy is op ’n reis, óf miskien slaap hy, en moet wakker gemaak word.
28
And they cried aloud, and cut themselves after their manner with knives and lancets, till the blood gushed out upon them.
En hulle het hard geroep, en hulleself volgens hulle gewoonte met messe en lanse sny, totdat die bloed oor hulle uitgestort het.
29
And it came to pass, when midday was past, and they prophesied until the [time] of the offering of the [evening] sacrifice, that [there was] neither voice, nor any to answer, nor any that regarded.
En dit was so, toe die middag verby was, en hulle geprofeteer het tot die tyd van die aandoffer, dat daar geen stem was nie, en geen antwoord nie, en geen wat gelet het nie.
30
And Elijah said unto all the people, Come near unto me. And all the people came near unto him. And he repaired the altar of the LORD [that was] broken down.
En Elía het tot die hele volk gesê, Kom nader by my. En die hele volk het nader by hom gekom. En hy het die altaar van die HERE herstel wat afgebreek was.
31
And Elijah took twelve stones, according to the number of the tribes of the sons of Jacob, unto whom the word of the LORD came, saying, Israel shall be thy name:
En Elía het twaalf klippe geneem, volgens die getal van die stamme van die seuns van Jakob, tot wie die woord van die HERE gekom het, en gesê, Israel sal jou naam wees:
32
And with the stones he built an altar in the name of the LORD: and he made a trench about the altar, as great as would contain two measures of seed.
En met die klippe het hy ‚'n altaar gebou in die Naam van die HERE: en hy het ‚'n sloot rondom die altaar gemaak, so groot soos om twee mate saad te hou.
33
And he put the wood in order, and cut the bullock in pieces, and laid [him] on the wood, and said, Fill four barrels with water, and pour [it] on the burnt sacrifice, and on the wood.
En hy het die hout gerangskik, en die bul in stukke gekap, en dit op die hout gesit, en gesê, Vul vier vate met water, en gooi dit op die brandoffer, en op die hout.
34
And he said, Do [it] the second time. And they did [it] the second time. And he said, Do [it] the third time. And they did [it] the third time.
En hy het gesê, Doen dit die tweede maal. En hulle het dit die tweede maal gedoen. En hy het gesê, Doen dit die derde maal. En hulle het dit die derde maal gedoen.
35
And the water ran round about the altar; and he filled the trench also with water.
En die water het rondom die altaar geloop; en hy het die sloot ook met water gevul.
36
And it came to pass at [the time of] the offering of the [evening] sacrifice, that Elijah the prophet came near, and said, LORD God of Abraham, Isaac, and of Israel, let it be known this day that thou [art] God in Israel, and [that] I [am] thy servant, and [that] I have done all these things at thy word.
En dit was so teen die tyd van die aandoffer, dat Elía die profeet nader gekom het, en gesê het, HERE, God van Abraham, van Isak, en van Israel, laat dit vandag bekend word dat U God in Israel is, en dat ek u dienaar is, en dat ek al hierdie dinge volgens u woord gedoen het.
37
Hear me, O LORD, hear me, that this people may know that thou [art] the LORD God, and [that] thou hast turned their heart back again.
Hoor my, o HERE, hoor my, dat hierdie volk mag weet dat U die HERE God is, en dat U hulle hart teruggekeer het.
38
Then the fire of the LORD fell, and consumed the burnt sacrifice, and the wood, and the stones, and the dust, and licked up the water that [was] in the trench.
Toe het die vuur van die HERE neergeval, en die brandoffer, en die hout, en die klippe, en die stof verteer, en die water wat in die sloot was, opgelek.
39
And when all the people saw [it], they fell on their faces: and they said, The LORD, he [is] the God; the LORD, he [is] the God.
En toe die hele volk dit sien, het hulle op hulle aangesigte geval: en hulle het gesê, Die HERE, Hy is die God; die HERE, Hy is die God.
40
And Elijah said unto them, Take the prophets of Baal; let not one of them escape. And they took them: and Elijah brought them down to the brook Kishon, and slew them there.
En Elía het tot hulle gesê, Gryp die profete van Baäl; laat nie een van hulle ontvlug nie. En hulle het hulle gegryp: en Elía het hulle afgebring na die spruit Kison, en hulle daar doodgemaak.
41
And Elijah said unto Ahab, Get thee up, eat and drink; for [there is] a sound of abundance of rain.
En Elía het tot Agab gesê, Gaan op, eet en drink; want daar is ’n geluid van ’n oorvloed van reën.
42
So Ahab went up to eat and to drink. And Elijah went up to the top of Carmel; and he cast himself down upon the earth, and put his face between his knees,
So het Agab dan opgegaan om te eet en te drink. En Elía het opgeklim na die top van Karmel; en hy het homself op die aarde neergebuig, en sy aangesig tussen sy knieë gesit,
43
And said to his servant, Go up now, look toward the sea. And he went up, and looked, and said, [There is] nothing. And he said, Go again seven times.
En tot sy dienaar gesê, Gaan nou op, kyk na die see. En hy het opgegaan, en gekyk, en gesê, Daar is niks nie. En hy het gesê, Gaan weer sewe maal.
44
And it came to pass at the seventh time, that he said, Behold, there ariseth a little cloud out of the sea, like a man’s hand. And he said, Go up, say unto Ahab, Prepare [thy chariot], and get thee down, that the rain stop thee not.
En dit was so by die sewende maal, dat hy gesê het, Kyk, daar kom ’n klein wolkjie op uit die see, soos ’n man se hand. En hy het gesê, Gaan op, sê aan Agab, Span in, en gaan af, dat die reën jou nie verhinder nie.
45
And it came to pass in the mean while, that the heaven was black with clouds and wind, and there was a great rain. And Ahab rode, and went to Jezreel.
En dit was so intussen, dat die hemele swart geword het van wolke en wind, en daar was ’n groot reën. En Agab het gery, en na Jisreël gegaan.
46
And the hand of the LORD was on Elijah; and he girded up his loins, and ran before Ahab to the entrance of Jezreel.
En die hand van die HERE was op Elía; en hy het sy lendene omgord, en voor Agab uit gehardloop tot by die ingang van Jisreël.