← 1 Konings 14 1 Konings — 1 Kings 15 1 Konings 16 →
King James Version
AFR DVK
1
Now in the eighteenth year of king Jeroboam the son of Nebat reigned Abijam over Judah.
Nou in die agttiende jaar van koning Jeróbeam die seun van Nebat het Abiam oor Juda begin regeer.
2
Three years reigned he in Jerusalem. And his mother’s name [was] Maachah, the daughter of Abishalom.
Drie jaar lank het hy in Jérusalem geregeer. En sy moeder se naam was Maäga, die dogter van Abisalom.
3
And he walked in all the sins of his father, which he had done before him: and his heart was not perfect with the LORD his God, as the heart of David his father.
En hy het gewandel in al die sondes van sy vader, wat hy voor hom gedoen het: en sy hart was nie volkome met die HERE sy God soos die hart van Dawid sy vader nie.
4
Nevertheless for David’s sake did the LORD his God give him a lamp in Jerusalem, to set up his son after him, and to establish Jerusalem:
Nogtans om Dawid se ontwil het die HERE sy God hom ’n lamp in Jérusalem gegee, om sy seun ná hom op te rig, en om Jérusalem te bevestig:
5
Because David did [that which was] right in the eyes of the LORD, and turned not aside from any [thing] that he commanded him all the days of his life, save only in the matter of Uriah the Hittite.
Omdat Dawid gedoen het wat reg was in die oë van die HERE, en nie afgewyk het van enigiets wat Hy hom beveel het, al die dae van sy lewe nie, behalwe net in die saak van Urija die Hetiet.
6
And there was war between Rehoboam and Jeroboam all the days of his life.
En daar was oorlog tussen Rehábeam en Jeróbeam al die dae van sy lewe.
7
Now the rest of the acts of Abijam, and all that he did, [are] they not written in the book of the chronicles of the kings of Judah? And there was war between Abijam and Jeroboam.
Nou die res van die dade van Abiam, en alles wat hy gedoen het, is dit nie geskrywe in die boek van die kronieke van die konings van Juda nie? En daar was oorlog tussen Abiam en Jeróbeam.
8
And Abijam slept with his fathers; and they buried him in the city of David: and Asa his son reigned in his stead.
En Abiam het by sy vaders ontslaap; en hulle het hom in die stad van Dawid begrawe: en Asa sy seun het in sy plek as koning geregeer.
9
And in the twentieth year of Jeroboam king of Israel reigned Asa over Judah.
En in die twintigste jaar van Jeróbeam koning van Israel het Asa oor Juda begin regeer.
10
And forty and one years reigned he in Jerusalem. And his mother’s name [was] Maachah, the daughter of Abishalom.
En een en veertig jaar lank het hy in Jérusalem geregeer. En sy moeder se naam was Maäga, die dogter van Abisalom.
11
And Asa did [that which was] right in the eyes of the LORD, as [did] David his father.
En Asa het gedoen wat reg was in die oë van die HERE, soos Dawid sy vader.
12
And he took away the sodomites out of the land, and removed all the idols that his fathers had made.
En hy het die sodomiete uit die land weggedoen, en al die afgode verwyder wat sy vaders gemaak het.
13
And also Maachah his mother, even her he removed from [being] queen, because she had made an idol in a grove; and Asa destroyed her idol, and burnt [it] by the brook Kidron.
En ook Maäga sy moeder het hy van die posisie van koningin-moeder verwyder, omdat sy ’n afskuwelike beeld vir ’n bos gemaak het: en Asa het haar afskuwelike beeld vernietig, en dit by die spruit Kidron verbrand.
14
But the high places were not removed: nevertheless Asa’s heart was perfect with the LORD all his days.
Maar die hoogtes is nie verwyder nie: nogtans was Asa se hart volkome met die HERE al sy dae.
15
And he brought in the things which his father had dedicated, and the things which himself had dedicated, into the house of the LORD, silver, and gold, and vessels.
En hy het die dinge wat sy vader geheilig het, en die dinge wat hy self geheilig het, in die huis van die HERE gebring, silwer, en goud, en vate.
16
And there was war between Asa and Baasha king of Israel all their days.
En daar was oorlog tussen Asa en Baësa koning van Israel al hulle dae.
17
And Baasha king of Israel went up against Judah, and built Ramah, that he might not suffer any to go out or come in to Asa king of Judah.
En Baësa koning van Israel het opgetrek teen Juda, en Rama gebou, dat hy niemand sou toelaat om uit of in te gaan by Asa koning van Juda nie.
18
Then Asa took all the silver and the gold [that were] left in the treasures of the house of the LORD, and the treasures of the king’s house, and delivered them into the hand of his servants: and king Asa sent them to Benhadad, the son of Tabrimon, the son of Hezion, king of Syria, that dwelt at Damascus, saying,
Toe het Asa al die silwer en die goud geneem wat oorgeblewe was in die skatte van die huis van die HERE, en die skatte van die koning se huis, en dit in die hand van sy dienaars oorgegee: en koning Asa het hulle gestuur na Ben-Hadad, die seun van Tabrimmon, die seun van Hesjon, koning van Sírië, wat in Damaskus gewoon het, en gesê,
19
[There is] a league between me and thee, [and] between my father and thy father: behold, I have sent unto thee a present of silver and gold; come and break thy league with Baasha king of Israel, that he may depart from me.
Daar is ’n verbond tussen my en jou, tussen my vader en jou vader: kyk, ek het jou ’n geskenk van silwer en goud gestuur; gaan, verbreek jou verbond met Baësa koning van Israel, dat hy van my mag aftrek.
20
So Benhadad hearkened unto king Asa, and sent the captains of the hosts which he had against the cities of Israel, and smote Ijon, and Dan, and Abelbethmaachah, and all Cinneroth, with all the land of Naphtali.
So het Ben-Hadad dan na koning Asa geluister, en die owerstes van die leërs wat hy gehad het, teen die stede van Israel gestuur, en Ijon, en Dan, en Abel-Bet-Maäga, en die hele Kinnerot, met die hele land Naftali, verslaan.
21
And it came to pass, when Baasha heard [thereof], that he left off building of Ramah, and dwelt in Tirzah.
En dit was so, toe Baësa dit gehoor het, dat hy opgehou het om Rama te bou, en in Tirsá gebly het.
22
Then king Asa made a proclamation throughout all Judah; none [was] exempted: and they took away the stones of Ramah, and the timber thereof, wherewith Baasha had builded; and king Asa built with them Geba of Benjamin, and Mizpah.
Toe het koning Asa die hele Juda bymekaargeroep; niemand was vrygestel nie: en hulle het die klippe van Rama, en die hout daarvan, weggeneem, waarmee Baësa gebou het; en koning Asa het daarmee Geba van Benjamin, en Mispa gebou.
23
The rest of all the acts of Asa, and all his might, and all that he did, and the cities which he built, [are] they not written in the book of the chronicles of the kings of Judah? Nevertheless in the time of his old age he was diseased in his feet.
Die res van al die dade van Asa, en al sy mag, en al wat hy gedoen het, en die stede wat hy gebou het, is dit nie geskrywe in die boek van die kronieke van die konings van Juda nie? Nogtans in die tyd van sy ouderdom was hy siek aan sy voete.
24
And Asa slept with his fathers, and was buried with his fathers in the city of David his father: and Jehoshaphat his son reigned in his stead.
En Asa het by sy vaders ontslaap, en is by sy vaders in die stad van Dawid sy vader begrawe: en Josafat sy seun het in sy plek as koning geregeer.
25
And Nadab the son of Jeroboam began to reign over Israel in the second year of Asa king of Judah, and reigned over Israel two years.
En Nadab die seun van Jeróbeam het in die tweede jaar van Asa koning van Juda begin regeer oor Israel, en het twee jaar lank oor Israel geregeer.
26
And he did evil in the sight of the LORD, and walked in the way of his father, and in his sin wherewith he made Israel to sin.
En hy het gedoen wat sleg was in die oë van die HERE, en in die weg van sy vader gewandel, en in sy sonde waarmee hy Israel laat sondig het.
27
And Baasha the son of Ahijah, of the house of Issachar, conspired against him; and Baasha smote him at Gibbethon, which [belonged] to the Philistines; for Nadab and all Israel laid siege to Gibbethon.
En Baësa die seun van Ahía, van die huis van Issaskar, het teen hom saamgesweer; en Baësa het hom by Gibbeton neergeslaan, wat aan die Filistyne behoort het; want Nadab en die hele Israel het Gibbeton beleër.
28
Even in the third year of Asa king of Judah did Baasha slay him, and reigned in his stead.
Selfs in die derde jaar van Asa koning van Juda het Baësa hom doodgemaak, en in sy plek as koning geregeer.
29
And it came to pass, when he reigned, [that] he smote all the house of Jeroboam; he left not to Jeroboam any that breathed, until he had destroyed him, according unto the saying of the LORD, which he spake by his servant Ahijah the Shilonite:
En dit was so, toe hy begin regeer het, dat hy die hele huis van Jeróbeam neergeslaan het; hy het nie van Jeróbeam enigiemand laat oorbly wat asem gehad het nie, totdat hy hom vernietig het, volgens die woord van die HERE, wat Hy deur sy dienaar Ahía die Siloniet gespreek het:
30
Because of the sins of Jeroboam which he sinned, and which he made Israel sin, by his provocation wherewith he provoked the LORD God of Israel to anger.
Vanweë die sondes van Jeróbeam waarmee hy gesondig het, en waarmee hy Israel laat sondig het, deur sy terging waarmee hy die HERE, die God van Israel, geterg het.
31
Now the rest of the acts of Nadab, and all that he did, [are] they not written in the book of the chronicles of the kings of Israel?
Nou die res van die dade van Nadab, en alles wat hy gedoen het, is dit nie geskrywe in die boek van die kronieke van die konings van Israel nie?
32
And there was war between Asa and Baasha king of Israel all their days.
En daar was oorlog tussen Asa en Baësa koning van Israel al hulle dae.
33
In the third year of Asa king of Judah began Baasha the son of Ahijah to reign over all Israel in Tirzah, twenty and four years.
In die derde jaar van Asa koning van Juda het Baësa die seun van Ahía oor die hele Israel in Tirsá begin regeer, vier en twintig jaar lank.
34
And he did evil in the sight of the LORD, and walked in the way of Jeroboam, and in his sin wherewith he made Israel to sin.
En hy het gedoen wat sleg was in die oë van die HERE, en in die weg van Jeróbeam gewandel, en in sy sonde waarmee hy Israel laat sondig het.