King James Version
AFR DVK
1
At that time Abijah the son of Jeroboam fell sick.
In daardie tyd het Abía die seun van Jeróbeam siek geword.
2
And Jeroboam said to his wife, Arise, I pray thee, and disguise thyself, that thou be not known to be the wife of Jeroboam; and get thee to Shiloh: behold, there [is] Ahijah the prophet, which told me that [I should be] king over this people.
En Jeróbeam het tot sy vrou gesê, Staan op, ek bid jou, en vermom jou, dat hulle nie mag weet dat jy die vrou van Jeróbeam is nie; en gaan na Silo: kyk, daar is Ahía die profeet, wat van my gesê het dat ek koning oor hierdie volk sou wees.
3
And take with thee ten loaves, and cracknels, and a cruse of honey, and go to him: he shall tell thee what shall become of the child.
En neem met jou tien brode, en koeke, en ’n kruik heuning, en gaan na hom toe: hy sal jou sê wat met die kind sal gebeur.
4
And Jeroboam’s wife did so, and arose, and went to Shiloh, and came to the house of Ahijah. But Ahijah could not see; for his eyes were set by reason of his age.
En Jeróbeam se vrou het so gedoen, en opgestaan, en na Silo gegaan, en by die huis van Ahía gekom. Maar Ahía kon nie sien nie; want sy oë was styf vanweë sy ouderdom.
5
And the LORD said unto Ahijah, Behold, the wife of Jeroboam cometh to ask a thing of thee for her son; for he [is] sick: thus and thus shalt thou say unto her: for it shall be, when she cometh in, that she shall feign herself [to be] another [woman].
En die HERE het tot Ahía gesê, Kyk, die vrou van Jeróbeam kom om iets by jou te vra aangaande haar seun; want hy is siek: so en so moet jy tot haar sê; want dit sal wees, wanneer sy inkom, dat sy haarself as ’n ander vrou sal voordoen.
6
And it was [so], when Ahijah heard the sound of her feet, as she came in at the door, that he said, Come in, thou wife of Jeroboam; why feignest thou thyself [to be] another? for I [am] sent to thee [with] heavy [tidings].
En dit was so, toe Ahía die geruis van haar voete gehoor het, toe sy by die deur inkom, dat hy gesê het, Kom in, jy vrou van Jeróbeam; waarom maak jy jou asof jy ’n ander is? want ek is gestuur na jou met harde tyding.
7
Go, tell Jeroboam, Thus saith the LORD God of Israel, Forasmuch as I exalted thee from among the people, and made thee prince over my people Israel,
Gaan, sê tot Jeróbeam, So sê die HERE, die God van Israel, Omdat ek jou uit die midde van die volk verhoog het, en jou as ’n vors oor my volk Israel aangestel het,
8
And rent the kingdom away from the house of David, and gave it thee: and [yet] thou hast not been as my servant David, who kept my commandments, and who followed me with all his heart, to do [that] only [which was] right in mine eyes;
En die koninkryk van die huis van Dawid afgeskeur het, en dit aan jou gegee het: en tog het jy nie soos my dienaar Dawid gewees nie, wat my gebooie bewaar het, en wat My met sy hele hart gevolg het, om net te doen wat reg was in my oë;
9
But hast done evil above all that were before thee: for thou hast gone and made thee other gods, and molten images, to provoke me to anger, and hast cast me behind thy back:
Maar jy het bo almal wat voor jou was, boos gehandel: want jy het heengegaan en vir jou ander gode, en gegote beelde gemaak, om My te terg, en het My agter jou rug gewerp:
10
Therefore, behold, I will bring evil upon the house of Jeroboam, and will cut off from Jeroboam him that pisseth against the wall, [and] him that is shut up and left in Israel, and will take away the remnant of the house of Jeroboam, as a man taketh away dung, till it be all gone.
Daarom, kyk, ek sal onheil oor die huis van Jeróbeam bring, en van Jeróbeam uitroei hom wat teen die muur urineer, en die wat toegesluit en die wat in Israel oorbly, en sal die oorblyfsel van die huis van Jeróbeam wegneem, soos ’n mens mis wegneem, totdat dit alles weg is.
11
Him that dieth of Jeroboam in the city shall the dogs eat; and him that dieth in the field shall the fowls of the air eat: for the LORD hath spoken [it].
Hom van Jeróbeam wat in die stad sterwe, sal die honde eet; en hom wat in die veld sterwe, sal die voëls van die lug eet: want die HERE het dit gespreek.
12
Arise thou therefore, get thee to thine own house: [and] when thy feet enter into the city, the child shall die.
Staan jy dan op, gaan na jou eie huis: en wanneer jou voete die stad binnegaan, sal die kind sterwe.
13
And all Israel shall mourn for him, and bury him: for he only of Jeroboam shall come to the grave, because in him there is found [some] good thing toward the LORD God of Israel in the house of Jeroboam.
En die hele Israel sal oor hom rou, en hom begrawe: want hy alleen van Jeróbeam sal in die graf kom, omdat in hom iets goeds voor die HERE, die God van Israel, gevind is in die huis van Jeróbeam.
14
Moreover the LORD shall raise him up a king over Israel, who shall cut off the house of Jeroboam that day: but what? even now.
Bowendien sal die HERE vir Hom ’n koning oor Israel verwek, wat die huis van Jeróbeam in daardie dag sal afsny: maar wat? selfs nou.
15
For the LORD shall smite Israel, as a reed is shaken in the water, and he shall root up Israel out of this good land, which he gave to their fathers, and shall scatter them beyond the river, because they have made their groves, provoking the LORD to anger.
Want die HERE sal Israel slaan, soos ‚'n riet in die water geslaan word, en Hy sal Israel uitruk uit hierdie goeie land, wat Hy aan hulle vaders gegee het, en sal hulle verstrooi anderkant die rivier, omdat hulle hulle Astarot gemaak het, om die HERE te terg.
16
And he shall give Israel up because of the sins of Jeroboam, who did sin, and who made Israel to sin.
En Hy sal Israel oorgee vanweë die sondes van Jeróbeam, wat gesondig het, en Israel laat sondig het.
17
And Jeroboam’s wife arose, and departed, and came to Tirzah: [and] when she came to the threshold of the door, the child died;
En Jeróbeam se vrou het opgestaan, en weggegaan, en by Tirsá gekom: en toe sy by die drumpel van die deur kom, is die kind gesterwe.
18
And they buried him; and all Israel mourned for him, according to the word of the LORD, which he spake by the hand of his servant Ahijah the prophet.
En hulle het hom begrawe; en die hele Israel het oor hom gerou, volgens die woord van die HERE, wat Hy deur die hand van sy dienaar Ahía die profeet gespreek het.
19
And the rest of the acts of Jeroboam, how he warred, and how he reigned, behold, they [are] written in the book of the chronicles of the kings of Israel.
En die res van die dade van Jeróbeam, hoe hy geoorlog het, en hoe hy geregeer het, kyk, hulle is geskrywe in die boek van die kronieke van die konings van Israel.
20
And the days which Jeroboam reigned [were] two and twenty years: and he slept with his fathers, and Nadab his son reigned in his stead.
En die dae wat Jeróbeam geregeer het, was twee en twintig jaar: en hy het by sy vaders ontslaap, en Nadab sy seun het in sy plek as koning geregeer.
21
And Rehoboam the son of Solomon reigned in Judah. Rehoboam [was] forty and one years old when he began to reign, and he reigned seventeen years in Jerusalem, the city which the LORD did choose out of all the tribes of Israel, to put his name there. And his mother’s name [was] Naamah an Ammonitess.
En Rehábeam die seun van Salomo het in Juda geregeer. Rehábeam was een en veertig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het sewentien jaar lank in Jérusalem geregeer, die stad wat die HERE uit al die stamme van Israel gekies het, om sy Naam daar te sit. En sy moeder se naam was Naäma ’n Ammonitiese.
22
And Judah did evil in the sight of the LORD, and they provoked him to jealousy with their sins which they had committed, above all that their fathers had done.
En Juda het gedoen wat sleg was in die oë van die HERE, en hulle het Hom tot ywersug gebring met hulle sondes wat hulle gedoen het, meer as al wat hulle vaders gedoen het.
23
For they also built them high places, and images, and groves, on every high hill, and under every green tree.
Want hulle het ook vir hulle hoogtes, en beelde, en Astarot gebou op elke hoë heuwel, en onder elke groen boom.
24
And there were also sodomites in the land: [and] they did according to all the abominations of the nations which the LORD cast out before the children of Israel.
En daar was ook sodomiete in die land: en hulle het volgens al die gruwels van die nasies gedoen wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdrywe het.
25
And it came to pass in the fifth year of king Rehoboam, [that] Shishak king of Egypt came up against Jerusalem:
En dit was so in die vyfde jaar van koning Rehábeam, dat Síson koning van Egipte teen Jérusalem opgetrek het:
26
And he took away the treasures of the house of the LORD, and the treasures of the king’s house; he even took away all: and he took away all the shields of gold which Solomon had made.
En hy het die skatte van die huis van die HERE, en die skatte van die koning se huis geneem; hy het selfs alles geneem: en hy het al die skilde van goud geneem wat Salomo gemaak het.
27
And king Rehoboam made in their stead brasen shields, and committed [them] unto the hands of the chief of the guard, which kept the door of the king’s house.
En koning Rehábeam het in hulle plek skilde van koper gemaak, en dit aan die hande van die owerstes van die hardlopers oorgegee, wat die deur van die koning se huis bewaak het.
28
And it was [so], when the king went into the house of the LORD, that the guard bare them, and brought them back into the guard chamber.
En dit was so, wanneer die koning in die huis van die HERE ingegaan het, dat die hardlopers hulle gedra het, en hulle weer in die hardlopers se kamer gebring het.
29
Now the rest of the acts of Rehoboam, and all that he did, [are] they not written in the book of the chronicles of the kings of Judah?
Nou die res van die dade van Rehábeam, en alles wat hy gedoen het, is dit nie geskrywe in die boek van die kronieke van die konings van Juda nie?
30
And there was war between Rehoboam and Jeroboam all [their] days.
En daar was oorlog tussen Rehábeam en Jeróbeam al hulle dae.
31
And Rehoboam slept with his fathers, and was buried with his fathers in the city of David. And his mother’s name [was] Naamah an Ammonitess. And Abijam his son reigned in his stead.
En Rehábeam het by sy vaders ontslaap, en is by sy vaders in die stad van Dawid begrawe. En sy moeder se naam was Naäma ’n Ammonitiese. En Abiam sy seun het in sy plek as koning geregeer.