← 1 Konings 11 1 Konings — 1 Kings 12 1 Konings 13 →
King James Version
AFR DVK
1
And Rehoboam went to Shechem: for all Israel were come to Shechem to make him king.
En Rehábeam het na Sigem gegaan: want die hele Israel was na Sigem gekom om hom as koning te maak.
2
And it came to pass, when Jeroboam the son of Nebat, who was yet in Egypt, heard [of it], (for he was fled from the presence of king Solomon, and Jeroboam dwelt in Egypt;)
En dit was so, toe Jeróbeam die seun van Nebat dit gehoor het, (hy was nog in Egipte, waarheen hy van die teenwoordigheid van koning Salomo gevlug het, en Jeróbeam het in Egipte gewoon;)
3
That they sent and called him. And Jeroboam and all the congregation of Israel came, and spake unto Rehoboam, saying,
Dat hulle gestuur en hom geroep het. En Jeróbeam en die hele vergadering van Israel het gekom, en met Rehábeam gespreek, en gesê,
4
Thy father made our yoke grievous: now therefore make thou the grievous service of thy father, and his heavy yoke which he put upon us, lighter, and we will serve thee.
Jou vader het ons juk swaar gemaak: maak jy nou die swaar diens van jou vader, en sy swaar juk wat hy op ons gelê het, ligter, en ons sal jou dien.
5
And he said unto them, Depart yet [for] three days, then come again to me. And the people departed.
En hy het tot hulle gesê, Gaan weg tot oor drie dae, kom dan weer na my toe. En die volk het weggegaan.
6
And king Rehoboam consulted with the old men, that stood before Solomon his father while he yet lived, and said, How do ye advise that I may answer this people?
En koning Rehábeam het geraadpleeg met die ou manne, wat voor Salomo sy vader gestaan het terwyl hy nog gelewe het, en gesê, Hoe raai julle dat ek hierdie volk antwoord moet gee?
7
And they spake unto him, saying, If thou wilt be a servant unto this people this day, and wilt serve them, and answer them, and speak good words to them, then they will be thy servants for ever.
En hulle het tot hom gespreek, en gesê, As jy vandag ’n dienaar van hierdie volk sal wees, en hulle sal dien, en hulle antwoord, en goeie woorde tot hulle spreek, dan sal hulle jou dienaars wees vir ewig.
8
But he forsook the counsel of the old men, which they had given him, and consulted with the young men that were grown up with him, [and] which stood before him:
Maar hy het die raad van die ou manne verwerp wat hulle hom gegee het, en het geraadpleeg met die jongmanne wat saam met hom grootgeword het, en wat voor hom gestaan het:
9
And he said unto them, What counsel give ye that we may answer this people, who have spoken to me, saying, Make the yoke which thy father did put upon us lighter?
En hy het tot hulle gesê, Wat raai julle dat ons hierdie volk antwoord moet gee, wat met my gespreek het, en gesê het, Maak die juk wat jou vader op ons gelê het, ligter?
10
And the young men that were grown up with him spake unto him, saying, Thus shalt thou speak unto this people that spake unto thee, saying, Thy father made our yoke heavy, but make thou [it] lighter unto us; thus shalt thou say unto them, My little [finger] shall be thicker than my father’s loins.
En die jongmanne wat saam met hom grootgeword het, het tot hom gespreek, en gesê, So moet jy tot hierdie volk sê wat met jou gespreek het, en gesê het, Jou vader het ons juk swaar gemaak, maar maak jy dit ligter vir ons; so moet jy tot hulle spreek, My klein vinger sal dikker wees as my vader se lendene.
11
And now whereas my father did lade you with a heavy yoke, I will add to your yoke: my father hath chastised you with whips, but I will chastise you with scorpions.
En nou, my vader het ’n swaar juk op julle gelê, en ek sal by julle juk byvoeg: my vader het julle met gésels geslaan, maar ek sal julle met skerpioene slaan.
12
So Jeroboam and all the people came to Rehoboam the third day, as the king had appointed, saying, Come to me again the third day.
So het Jeróbeam en die hele volk dan by Rehábeam gekom op die derde dag, soos die koning aangewys het, en gesê het, Kom weer na my toe op die derde dag.
13
And the king answered the people roughly, and forsook the old men’s counsel that they gave him;
En die koning het die volk hard geantwoord, en die raad van die ou manne verwerp wat hulle hom gegee het;
14
And spake to them after the counsel of the young men, saying, My father made your yoke heavy, and I will add to your yoke: my father [also] chastised you with whips, but I will chastise you with scorpions.
En met hulle gespreek volgens die raad van die jongmanne, en gesê, My vader het julle juk swaar gemaak, en ek sal by julle juk byvoeg: my vader het julle met gésels geslaan, maar ek sal julle met skerpioene slaan.
15
Wherefore the king hearkened not unto the people; for the cause was from the LORD, that he might perform his saying, which the LORD spake by Ahijah the Shilonite unto Jeroboam the son of Nebat.
Daarom het die koning nie na die volk geluister nie; want die oorsaak was van die HERE, dat Hy sy woord sou bevestig, wat die HERE deur Ahía die Siloniet tot Jeróbeam die seun van Nebat gespreek het.
16
So when all Israel saw that the king hearkened not unto them, the people answered the king, saying, What portion have we in David? neither [have we] inheritance in the son of Jesse: to your tents, O Israel: now see to thine own house, David. So Israel departed unto their tents.
So toe die hele Israel gesien het dat die koning nie na hulle luister nie, het die volk die koning geantwoord, en gesê, Watter deel het ons in Dawid? en daar is geen erfenis in die seun van Isai nie: na julle tente, o Israel: sorg nou vir jou eie huis, Dawid. So het Israel dan na hulle tente gegaan.
17
But [as for] the children of Israel which dwelt in the cities of Judah, Rehoboam reigned over them.
Maar wat die kinders van Israel betref wat in die stede van Juda gewoon het, Rehábeam het oor hulle geregeer.
18
Then king Rehoboam sent Adoram, who [was] over the tribute; and all Israel stoned him with stones, that he died. Therefore king Rehoboam made speed to get him up to his chariot, to flee to Jerusalem.
Toe het koning Rehábeam Adoram gestuur, wat oor die dienspligtiges was; en die hele Israel het hom met klippe gestenig, dat hy gesterwe het. Daarom het koning Rehábeam haastig op sy strydwa geklim om na Jérusalem te vlug.
19
So Israel rebelled against the house of David unto this day.
So het Israel dan teen die huis van Dawid in opstand gekom tot vandag toe.
20
And it came to pass, when all Israel heard that Jeroboam was come again, that they sent and called him unto the congregation, and made him king over all Israel: there was none that followed the house of David, but the tribe of Judah only.
En dit was so, toe die hele Israel gehoor het dat Jeróbeam teruggekeer het, dat hulle gestuur en hom na die vergadering geroep het, en hom as koning oor die hele Israel gemaak het: daar was niemand wat die huis van Dawid gevolg het nie, behalwe die stam van Juda alleen.
21
And when Rehoboam was come to Jerusalem, he assembled all the house of Judah, with the tribe of Benjamin, an hundred and fourscore thousand chosen men, which were warriors, to fight against the house of Israel, to bring the kingdom again to Rehoboam the son of Solomon.
En toe Rehábeam by Jérusalem gekom het, het hy die hele huis van Juda, en die stam van Benjamin, bymekaargemaak, ’n honderd en tagtig duisend uitgesoekte manne, wat oorlog gevoer het, om teen die huis van Israel te veg, om die koninkryk weer aan Rehábeam die seun van Salomo terug te bring.
22
But the word of God came unto Shemaiah the man of God, saying,
Maar die woord van God het tot Semája die man van God gekom, en gesê,
23
Speak unto Rehoboam, the son of Solomon, king of Judah, and unto all the house of Judah and Benjamin, and to the remnant of the people, saying,
Spreek tot Rehábeam die seun van Salomo, koning van Juda, en tot die hele huis van Juda en Benjamin, en tot die oorblyfsel van die volk, en sê,
24
Thus saith the LORD, Ye shall not go up, nor fight against your brethren the children of Israel: return every man to his house; for this thing is from me. They hearkened therefore to the word of the LORD, and returned to depart, according to the word of the LORD.
So sê die HERE, Julle moet nie optrek, of teen julle broers die kinders van Israel veg nie: keer elkeen na sy huis terug; want hierdie saak is van My. Hulle het dan na die woord van die HERE geluister, en teruggekeer om volgens die woord van die HERE te gaan.
25
Then Jeroboam built Shechem in mount Ephraim, and dwelt therein; and went out from thence, and built Penuel.
Toe het Jeróbeam Sigem in die berg Efraim gebou, en daarin gewoon; en hy het van daar uitgegaan, en Pnuël gebou.
26
And Jeroboam said in his heart, Now shall the kingdom return to the house of David:
En Jeróbeam het in sy hart gesê, Nou sal die koninkryk na die huis van Dawid terugkeer:
27
If this people go up to do sacrifice in the house of the LORD at Jerusalem, then shall the heart of this people turn again unto their lord, [even] unto Rehoboam king of Judah, and they shall kill me, and go again to Rehoboam king of Judah.
As hierdie volk opreggaan om offers in die huis van die HERE in Jérusalem te offer, dan sal die hart van hierdie volk terugkeer na hulle heer, selfs na Rehábeam koning van Juda, en hulle sal my doodmaak, en terugkeer na Rehábeam koning van Juda.
28
Whereupon the king took counsel, and made two calves [of] gold, and said unto them, It is too much for you to go up to Jerusalem: behold thy gods, O Israel, which brought thee up out of the land of Egypt.
Waarop die koning raad geneem het, en twee kalwers van goud gemaak het, en tot hulle gesê het, Dit is te veel vir julle om op te gaan na Jérusalem: hier is julle gode, o Israel, wat julle uit die land Egipte opgebring het.
29
And he set the one in Bethel, and the other put he in Dan.
En hy het die een in Bet-el gesit, en die ander het hy in Dan gesit.
30
And this thing became a sin: for the people went [to worship] before the one, [even] unto Dan.
En hierdie saak het tot sonde geword: want die volk het voor die een gegaan selfs tot by Dan.
31
And he made an house of high places, and made priests of the lowest of the people, which were not of the sons of Levi.
En hy het ‚'n huis van hoogtes gemaak, en priesters uit die laagste van die volk gemaak, wat nie van die seuns van Levi was nie.
32
And Jeroboam ordained a feast in the eighth month, on the fifteenth day of the month, like unto the feast that [is] in Judah, and he offered upon the altar. So did he in Bethel, sacrificing unto the calves that he had made: and he placed in Bethel the priests of the high places which he had made.
En Jeróbeam het ’n fees ingestel in die agtste maand, op die vyftiende dag van die maand, soos die fees wat in Juda is, en hy het op die altaar geoffer. So het hy in Bet-el gedoen, en aan die kalwers geoffer wat hy gemaak het: en hy het in Bet-el die priesters van die hoogtes wat hy gemaak het, aangestel.
33
So he offered upon the altar which he had made in Bethel the fifteenth day of the eighth month, [even] in the month which he had devised of his own heart; and ordained a feast unto the children of Israel: and he offered upon the altar, and burnt incense.
So het hy op die altaar geoffer wat hy in Bet-el gemaak het op die vyftiende dag van die agtste maand, selfs in die maand wat hy uit sy eie hart uitgedink het; en hy het ‚'n fees vir die kinders van Israel ingestel: en hy het op die altaar geoffer, en reukwerk gebrand.