KJV as bron
Die 1769 King James Version is die primêre bron. Betekenis word nie “verbeter”, versag of gemoderniseer nie.
Afrikaanse Direkte Vertaling King James
’n Oorspronklike Afrikaanse studievertaling van die volle King James Version — woord vir woord getrou, sonder om bestaande Afrikaanse Bybels na te skryf.
AFR DVK is Weergawe 1.0 van ’n amptelike projek om die 66 boeke van die KJV in standvastige, Bybelse Afrikaans weer te gee. Die Engelse KJV bly die gesaghebbende bronteks.
Die 1769 King James Version is die primêre bron. Betekenis word nie “verbeter”, versag of gemoderniseer nie.
Geen naskryf van 1933/53, 1983, 2020 of ander Afrikaanse uitgawes. Elke vers word self vertaal.
Dieselfde Bybelse terme word konsekwent deur al 66 boeke gebruik, met hoofstuk-vir-hoofstuk hersiening.
“In the beginning God created the heaven and the earth.”
Genesis 1:1 · KJV“In die begin het God die hemel en die aarde geskep.”
Genesis 1:1 · AFR DVK
“The grace of our Lord Jesus Christ [be] with you all. Amen.”
Openbaring 22:21 · KJV“Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal. Amen.”
Openbaring 22:21 · AFR DVK
Die projek is aan die gang as Weergawe 1.0. Boeke word hoofstuk vir hoofstuk nagegaan voordat verder gegaan word. Die openbare leesteks word hier vrygestel namate afdelings voltooi en hersien is.